Openb. 1 Deel 8

Blye Versekering vir 12 Febr. 2020 Tema: Openb. 1 Deel 8

**** My eie woorde

**** Ons kom by die laaste gedeelte van Openbaring 1V16 . Ek lees dit in geheel

Open 1:16  En in Sy regterhand het Hy sewe sterre gehou, en ‘n skerp tweesnydende swaard het uit Sy mond uitgegaan, *en Sy aangesig was soos die son wat skyn in sy krag.*

**** Wanneer mens op ‘n helder dag 12 uur na die son sou kyk word jy omtrent verblind, so dit is hoe Christus se gesig gelyk het toe Johannes Hom in Sy heerlikheid sien. Weet julle opnuut besef ek dat ons nie eers die vaagste idee van die grootheid van die Godheid met Wie ons te doen het nie.  Die dissipels het kort voor Jesus se dood gesien Wie Hy werklik was toe Sy heerlikheid deur Sy mensheid gebreek het. Toe Moses tyd saam met Hom spandeer skyn sy gelaat en dan die belofte vir ons.

Matt_17:2  En Hy het voor hulle van gedaante verander, en sy aangesig het geblink soos die son, en sy klere het wit geword soos die lig.

Eks.34:30  En toe Aäron en al die kinders van Israel Moses sien, het die vel van sy gesig geblink! Daarom was hulle bevrees om naby hom te kom.

Matt_13:43  Dan sal die regverdiges skyn soos die son in die koninkryk van hulle Vader. Wie ore het om te hoor, laat hom hoor.

**** Geen wonder dat Johannes hierdie woorde geskryf het nie

Joh 1:5  En die lig skyn in die duisternis, en die duisternis het dit nie oorweldig nie.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader hoe verlang ons dat U lig deur ons na ander sal skyn dat U Naam daardeur verheerlik sal word. Help ons om die tyd uit te koop want alleenlik tyd in U teenwoordigheid kan ons innerlik verander. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter H. Hou hulle getrou en bewaar hulle van die Bose in Jesus se Naam vra ons dit . Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 21 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *