Openb. 1 Deel 9 

Blye Versekering vir 13 Febr. 2020 Tema Openb. 1 Deel 9 

**** My eie woorde

**** Na alles wat Johannes gesien het, gebeur die volgende

Open 1:17  En toe ek Hom sien, val ek soos ‘n dooie aan Sy voete; en Hy het Sy regterhand op my gelê en vir my gesê: Moenie vrees nie; Ek is die eerste en die laaste

**** Wat ‘n wonderlike ervaring moes dit nie vir Johannes wees nie. Toe hy neerval in ontsag en angs toe lê Christus Sy hand op hom. Dit is die God van die heelal wat ons dien. Geen wonder die woord sê: God is liefde nie. Toe Jesus as mens op die aarde was, het Hy ons kom toon hoe die Vader is. Soos Hy is so is Sy Vader en ons verstand is te klein om dit te begryp. Hier volg nog twee keer waar Jesus gesê het “moenie vrees nie” Die een keer toe Jesus op die water geloop het en die tweede keer toe Hy vir hulle ‘n boodskap gegee het oor dit wat ons nodig het.

Matt_14:27  Maar Jesus het dadelik met hulle gespreek en gesê: Hou goeie moed, dit is Ek! Moenie vrees nie.

Luk. 12:29  Julle moet ook nie soek wat julle sal eet of wat julle sal drink nie, en julle nie ongerus maak nie; 30  want al hierdie dinge soek die nasies van die wêreld, en julle Vader weet dat julle hierdie dinge nodig het. 31  Maar soek die koninkryk van God, en al hierdie dinge sal vir julle bygevoeg word. 32  Moenie vrees nie, klein kuddetjie, want julle Vader het ‘n welbehae daarin gehad om aan julle die koninkryk te gee.

**** Elkeen van ons staan in ootmoed wanneer ons voor die Skepper van hemel en aarde neerbuig. Hy weet wat jy vandag nodig het, maak nie saak wat dit is nie. Ek wil hê jy moet weet Hy lê vandag Sy hand op jou en sê: Moenie vrees nie glo en vertrou My, Ek is in beheer.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word en laat U wil vandag vir ons elkeen geskied want ons weet U weet soveel beter as ons. Dankie, vir ‘n liefde soveel groter as wat ons ooit kan verstaan of begryp. Ek bid vir elkeen onder die letter i vandag. Seën hulle met ‘n hemelse seën bring lafenis waar daar pyn is en troos waar dit nodig is. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 15 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *