Openbaring 1-Deel 5

Blye Versekering vir 7 Febr. 2020 Tema: Openbaring 1-Deel 5

**** My eie woorde

**** Ons het gister gesien dat Johannes eerstens ‘n harde stem gehoor het met ‘n opdrag om te skryf, daarna het ons  geëindig waar Johannes hom omgedraai het om te kyk watter stem met hom spreek, toe sien hy sewe goue kandelaars. Verder sien hy die volgende:

Open 1:13  en tussen die sewe kandelaars Een soos die Seun van die mens met ‘n kleed aan wat tot op die voete hang, en gegord om die bors met ‘n goue gordel. 14  Sy hoof en hare was wit soos wit wol, soos sneeu, en sy oë soos ‘n vuurvlam, 15  en Sy voete soos blink koper wat gloei soos in ‘n oond, en Sy stem soos die stem van baie waters.

**** Onthou wat ons Maandag geleer het, hierdie boek openbaar Jesus Christus. Johannes het saam met Christus op die aarde gestap toe hy mens was, maar nou sien hy Hom in Sy heerlikheid. Hy het die kleredrag van ‘n priester aan Sy hoof en hare getuig van reinheid en heiligheid en Sy oë dat dit alsiende is. Johannes het besef Jesus is God.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader die Naam van U Seun het so alledaags geword, dat ons vergeet het met Wie ons te doen het. Help ons om opnuut te besef hoedat U Hom herstel het in U Koninkryk en Hy is waarlik God. Vergewe ons vir die kere wat ons Hom geminag het. Dan bid ek vir elkeen onder die letter E vanoggend. Wees hulle genadig en wys hulle waar hulle nog moet regmaak, maar gee hulle die moed om dit te doen. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en naweek, tot Maandag as ons gespaar bly, dan gaan ons verder met Openbaring 1

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 25 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *