Openbaring 1

Blye Versekering vir 3 Febr. 2020 Tema: Openbaring 1

**** My eie woorde

**** Daar is baie mense wat wonder oor die boek Openbaring. Ek wil dit waag om dan hierdie week na die eerste hoofstuk te kyk. Lees dit gerus in die vertaling van jou keuse. Ons hoor altyd Openbaring is ‘n geslote boek. Wel, jy is reg dit was gesluit totdat die sleutels in Daniël gevind is om dit dan oop te sluit.

Open 1:1  Die openbaring van Jesus Christus wat God Hom gegee het om aan Sy diensknegte te toon wat gou moet gebeur, en wat Hy deur die sending van sy engel aan sy dienskneg Johannes te kenne gegee het, V2  wat getuig het van die woord van God en die getuienis van Jesus Christus alles wat hy gesien het. V3  Salig is hy wat die woorde van die profesie lees, en die wat dit hoor en bewaar wat daarin geskrywe is, want die tyd is naby.

**** Ek dink baie mense het al die inleiding gelees sonder om ag te gee wat ons regtig lees. Kom ons kyk na die rolspelers in die eerste teks.

God die Vader, Jesus Christus, ‘n engel  en God se dienskneg Johannes

Wie word geopenbaar in die boek? Jesus Christus

God die Vader gee toestemming dat ons kan “sien” Wie Hy is.

Hy stuur ‘n engel om aan Johannes die inligting te gee. Johannes vertel nou aan ons deur hierdie boek alles wat hy gesien het. Dan sê hy dat  jy gelukkig wanneer  jy drie dinge doen:

Dit lees, dit hoor en dit bewaar en daarna gee hy die rede,  omdat die tyd naby is.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader baie dankie vir die voorreg om te lees en te hoor en dit te bewaar wat U vir ons deur U Woord gestuur het. Help ons elkeen om hierdie week die wonders daarin raak te sien. Ek bid spesiaal vir elkeen onder die letter A op ons poslys. Dis ‘n nuwe maand en ‘n nuwe begin. Wil U hulle aanraak om vandag ook ‘n nuwe begin in hulle lewe te maak. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en week aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 19 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *