Vertrou op Hom 1

Blye Versekering vir 17 Febr. 2020 Tema: Vertrou op Hom 1

**** My eie woorde

2Kon 18:5  Hy het op die HERE, die God van Israel, vertrou, sodat onder al die konings van Juda ná hom en die wat voor hom gewees het, niemand soos hy was nie. V6  Ja, hy het die HERE aangehang sonder om van Hom af te wyk en Sy gebooie onderhou wat die HERE Moses beveel het.

**** Hoe wonderlik sal dit wees wanneer jy so ‘n verslag van jou lewe sou kon lees.. Kan ek en jy vanoggend sê dat ons met ALLES God vertrou ? Dan onthou jy van die een ding wat jou al so lankal pla jy wonder of die HERE regtig kan help daarmee? Vanoggend wil ek jou daardie versekering gee dat Hy God is en dat Hy kan. Kyk na die volgende groot belofte. Sal jy graag wil hê dat die Godheid by jou sal tuisgaan. Dis Sy belofte as ons net Sy woord glo en dit bewaar.

Joh. 14:23  Jesus antwoord en sê vir hom: As iemand My liefhet, sal hy my woord bewaar, en my Vader sal hom liefhê, en Ons sal na hom toe kom en by hom woning maak.

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader wat in die Hemele woon, vandag wil ons U van harte vertrou ook vir daardie een ding waarmee ons so lankal worstel. Vandag wil ons U daarmee vertrou omdat ons met ‘n vaste wete weet, by U is niks onmoontlik nie. Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter K. Moontlik is daar een ding waarmee hulle worstel . My ader maak hulle los van daardie probleem en gee hulle oorwinning om ten volle oor te gee. In Jesus se Naam Amen

Geseënde dag en week aan julle elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 21 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *