Vertrou op Hom 2

Blye Versekering vir 18 Febr. 2020 Tema: Vertrou op Hom 2

**** My eie woorde

****Jy sit in ‘n vergadering en iemand praat in jou rigting. Jy dink dis vir die een langs jou, maar dan besef jy dis met jou wat daar gepraat word. Jy vra, so met die vinger op die bors en ‘n vraagteken op jou gesig: “ Wie ek?” Die spreker antwoord : “ Ja,  ek praat met jou”

Vanoggend kom die HERE en gee so ‘n woord vir my. …. In my gedagte dink ek, ag maar ek vertrou mos op die HERE en dan vra ek: “HERE praat U met my ?” en dan die antwoord : “ Ja, met jou ” Dit tref my so tussen die oë vanoggend. Hoeveel keer sê ons, verseker vertrou ons die HERE maar nogtans doen ons dit nie. Ons sit en bekommer ons oor allerhande goedjies, ons sit en wonder oor uitkoms in krisis situasies en wat hou die toekoms tog vir ons in. Dan praat die HERE met jou en my vandag in hierdie eenvoudige sinnetjie ….Wanneer jy vandag iets doen, oordink of beplan… vertrou Hom ten volle daarvoor.

Spr.22:19  Dat jou vertroue op die HERE mag wees, daarom onderwys ek jou vandag, ja, vir jou.

Spr.3:5 Vertrou op die HERE met jou hele hart en steun nie op jou eie insig nie.

Ps.9:10 En hulle wat U Naam ken, sal op U vertrou, omdat U die wat U soek, nie verlaat nie, o HERE!

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader, hoe wonderlik is dit nie om te weet ons kan U ten volle vertrou. Daarom kan ons met vrymoedigheid sê vandag, Laat U wil geskied soos in die hemel net so ook op die aarde. In U wil berus ons vandag. Ek bid vandag vir elke persoon op die poslys wie se naam met die letter L begin. Ek vra dat U hulle ‘n spesiale omarming van U liefde en genade sal gee soos U alleen weet die beste vir hulle sal wees. Gee uitkoms daar waar dit onmoontlik lyk, gee wysheid waar menseverstand nie weet wat om te doen nie. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir julle elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 14 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *