Vertrou op Hom 5

Blye Versekering vir 21 Febr. 2020 Tema: Vertrou op Hom 5

**** My eie woorde

Jer.17:7  Geseënd is die man wat op die HERE vertrou, en wie se vertroue die HERE is.

Spr. 16:20  Wie ag gee op die Woord, sal die goeie vind; en hy wat op die HERE vertrou, is gelukkig.

**** Hoe maklik is dit ? As ons ten volle vertrou sal Hy ons seën. Hoe bewys ons dat ons Hom vertrou ? Deur gehoorsaamheid. Dit beteken nie dat alles net goed sal gaan nie, inteendeel dinge kan erg skeef loop, die verskil is, dit laat jou nie sonder hoop op moed verloor se vlakte nie omdat jy wéét waar jou hulp en jou krag vandaan kom. Ons dien dié God wat die onmoontlike moontlik maak, wat gee nog voordat jy vra.

Klg.3:26  Dit is goed om in stilheid te hoop op die hulp van die HERE.

Fil.1:6  omdat ek juis hierop vertrou, dat Hy wat ‘n goeie werk in julle begin het, dit sal voleindig tot op die dag van Jesus Christus;

**** Hierdie is so ‘n kragtige belofte, ons Skepper doen nie halwe werk nie . Dit wat hy in jou begin het maak Hy klaar. Glo jy dit? Ek glo dit want ek sien dit elke dag.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader wat meer kan ons sê as baie dankie. U is so groot en wonderbaar. Wat ‘n wonderlike voorreg om die Waaragtige God te mag ken en in Sy voetspore te volg. Dankie, HERE vir beurtkrag, wat ons opnuut laat besef U krag en genade maak nie beurte nie, maar is altyd konstant en ewigdurend. Help ons om die les van geduld hierdeur te leer. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter O. My gebed vir hulle is, dat hulle altyd sal weet Onse Vader is daar vir hulle. Ek vra dat U vanoggend U hand van liefde en lafenis op hulle sal lê in die storms van hierdie lewe. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en naweek vir elkeen, tot Maandag as ons gespaar bly.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 19 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *