Wanneer ons bid. 1

Blye Versekering vir 24 Febr. 2020 Tema:  Wanneer ons bid. 1

**** My eie woorde

**** Christus het dikwels gelykenisse gebruik om iets anders te leer. Nogtans het hy verhale gebruik waarmee die mense kon identifiseer. Hierdie is een so verhaal.

Luk.18:1  Jesus het vir hulle ‘n gelykenis vertel om duidelik te maak dat ‘n mens altyd moet aanhou bid sonder om moedeloos te word.

**** Hy begin deur te verduidelik waarom Hy hierdie deel vertel naamlik om duidelik te maak dat ‘n mens nie net moet bid nie, maar moet aanhou om te bid en dan die tweede deel dat ons nie moedeloos moet word as dit voel of ons nie dadelik ‘n antwoord kry nie

2  Hy het gesê: “In ‘n sekere stad was daar ‘n regter wat geen eerbied vir God of agting vir ‘n mens gehad het nie.  3  En in dieselfde stad het ‘n weduwee gewoon wat hom herhaaldelik kom vra het: `Doen aan my reg in my saak teen my teenparty.’  4  ‘n Tyd lank wou hy nie, maar later het hy vir homself gesê: Vir God het ek wel geen eerbied nie, en aan ‘n mens steur ek my nie,  5  maar aangesien hierdie weduwee so aanhou om my lastig te val, sal ek haar in haar regsaak help, anders kom klap sy my op die ou end ook nog.”

**** Hier sien ons twee partye, een ken God die ander nie. Ons sien in die verhaal die werking van die Heilige Gees in ‘n ongeredde persoon se hart, omdat God se kind ‘n behoefte het. God maak harte sag, want verseker het die regter nie die klap van ‘n weduwee gevrees nie.  Dan gee Christus die groot belofte

6  Toe sê die Here: “Hoor wat sê die onregverdige regter.  7  Sal God dan nie aan Sy uitverkorenes, wat dag en nag tot Hom roep, reg doen nie? Sal Hy hulle lank laat wag?  8  Ek sê vir julle: Hy sal hulle help, en gou ook!

**** Hier sê Hy dat ons gou gehelp sal word maar die voorwaarde is dat ons  aanhou bid soos hierdie weduwee. Nou dink jy terug aan hoe jy dan aanhou bid het en alles het die teenoorgestelde uitgewerk . Kyk mooi wat ons gelees het. Ons sal GOU GEHELP word, dit beteken nie jy gaan kry wat jy vra nie, maar Hy sal jou help wat die beste vir jou sal wees. Dan eindig Hy met die belangrike vraag

-Maar sal die Seun van die mens by Sy koms nog geloof op die aarde vind?”

**** Hoe vreemd is die vraag ? Christus sê al antwoord Hy nie soos jy dink nie , is jy bereid om steeds in geloof aan Hom vas te hou ? Dis jou toets. Onthou ons sê “ HERE nie my wil nie laat U wil geskied.”  Soms is Sy wil juis nie wat ons vra nie, maar vorentoe sien ons dat ons Hom kan vertrou.

GEBED vir VANDAG PQ

Onse Vader help ons om aan te hou bid soos die weduvrou en nie moed op te gee nie al werk dit nie uit soos ons wil hê nie. Ons weet uiteindelik sal U wil soveel beter wees as dit wat ons vra. Ek bid vir elkeen onder die letter P en Q vandag. Help hulle om in geloof vas te hou en te weet U is steeds in beheer. Ons vra dit is Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 16 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *