Wanneer ons bid 4

Blye Versekering vir 27 Febr. 2020 Tema: Wanneer ons bid 4

**** My eie woorde

**** Verskeie mense het al gevra, “hoe moet ek bid” Dis nie ‘n vreemde vraag nie, want die dissipels het dieselfde vraag aan Jesus gevra.

Luk.11:1 En toe Hy op ‘n sekere plek besig was om te bid, sê een van Sy dissipels vir Hom nadat Hy opgehou het: Here, leer ons bid, soos Johannes ook sy dissipels geleer het. 2 En Hy sê vir hulle: Wanneer julle bid, sê: Onse Vader wat in die hemele is, laat U Naam geheilig word;…

Matt 6:7  En as julle bid, gebruik nie ‘n ydele herhaling van woorde soos die heidene nie, want hulle dink dat hulle deur hul baie woorde verhoor sal word. 8 Moet dan nie soos hulle word nie, want jul Vader weet wat julle nodig het voordat julle Hom vra.

1Tess 5:17  Bid sonder ophou.

**** Dit lyk hier asof die Bybel homself weerspreek, want eers sê dit ons moenie ydele herhaling van woorde hê nie, maar dan weer ons moet aanhou bid. Gebed is ‘n harts gesprek met God. Wat Jesus geleer het, is dat ons nie lang uitgerekte gebede moet sê en dieselfde ding oor en oor nie, ons moet dus dink wat ons sê. Bid sonder ophou gaan meestal oor siele redding. Daardie persoon wat weg gedwaal het of persone wat verslaaf is en jy bid vir verlossing daarvan. Iemand wat moedeloos is en jy tree in vir daardie een, dis die gebede waarmee ons nie moet ophou nie totdat die lig deurbreek. Verder mag ons elkeen vra vir wysheid en as ons daarvoor bid SAL ons dit ontvang.   

Jak.1:5  En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid, wat aan almal eenvoudig gee sonder om te verwyt, en dit sal aan hom gegee word.

GEBED vir VANDAG V-W

Onse Vader wat in die hemel is, laat U Naam geheilig word, laat U wil geskied in ons elkeen se lewens. Leer ons elkeen om te bid en gee vir ons wysheid. Ek bid vir elkeen onder die letter V en W vandag. My Vader, al stuur hulle ‘n eenvoudige gebedjie op na U vandag wil U hoor en verhoor volgens U wil. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 12 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *