Wanneer ons bid 5

Blye Versekering vir 28 Febr. 2020 Tema: Wanneer ons bid 5

**** My eie woorde

**** Vanoggend se gedeelte sê ons moet nugter wees om te kan bid. Om nugter te wees is om h’n helder verstand te hê. Die volgende deel sê hoe belangrik dit is dat ons vir mekaar bid. Wanneer mens self deur ‘n krisis gaan kan jy dikwels nie eers normaal dink nie, daarom is ons juis daar vir mekaar om vir mekaar te bid. Dan die tragiese deel dat daar ‘n sonde tot die dood is waarvoor ons nie kan bid nie. Watter sonde is dit ?

1Pet 4:7  En die einde van alle dinge is naby; wees dan ingetoë en nugter, om te kan bid.

Jak 5:16  Bely mekaar julle misdade en bid vir mekaar, sodat julle gesond kan word. Die vurige gebed van ‘n regverdige het groot krag.

1Joh 5:16  As iemand sy broeder ‘n sonde sien doen wat nie tot die dood is nie, moet hy bid, en Hy sal hom die lewe gee–vir die wat nie ‘n sonde tot die dood doen nie. Daar is ‘n sonde tot die dood; daarvoor sê ek nie dat hy moet bid nie.

Mark.3:29  maar wie teen die Heilige Gees gelaster het, het geen vergifnis tot in ewigheid nie, maar is skuldig aan die ewige oordeel—

GEBED vir VANDAG XYZ

Onse Vader  baie dankie dat ons daar kan wees vir mekaar en dat ons vir mekaar by U kan intree in gebed. Soos Dawid vra ons moenie U Heilige Gees van ons wegneem nie en help ons om te luister wanneer Hy met ons in ons gedagtes praat. Ek bid vir elkeen onder die letter XY en Z. Seën hulle vandag en help hulle om te sien vir wie hulle dalk moet bid vandag. In Jesus se Naam.

Geseënde naweek aan almal. Tot Maandag as ons gespaar bly.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 15 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *