Kolossense 3-Deel  1

Blye Versekering vir 16 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3-Deel  1

**** My eie woorde

****Ons kan maklik getuig dat ons in ‘n nuwe lewe is. Ek kyk weer die naweek op die media, hoe aaklig mense met mekaar kan wees. Toe besef ek, dis die ou mens in hulle, want nuut gebore mense in Christus, het daardie goed afgesterf. Wat bedink ons? Kyk hoe mooi stel die skrif dit 

Kol 3:1  As julle dan saam met Christus opgewek is, soek die dinge daarbo waar Christus is en aan die regterhand van God sit. 2 Bedink die dinge wat daarbo is, nie wat op die aarde is nie. 3  Want julle het gesterwe, en julle lewe is saam met Christus verborge in God.

Gal.2:20  Ek is met Christus gekruisig, en ék leef nie meer nie, maar Christus leef in my. En wat ek nou in die vlees lewe, leef ek deur die geloof in die Seun van God wat my liefgehad het en Homself vir my oorgegee het.

**** Vrees oorval sovele en net soos met die lotery, skreeu almal dat ons net gou Psalm 91 moet opsê. Weet ons wat daar staan? Jy kan daardie Psalm net joune maak as jy vers 1 uitleef. Dit is hierdie nuwe lewe dat ek Christus in geloof aanneem en by Hom gaan skuil, want dit sê hy wat in die skuilplek van die Allerhoogste sit, eers dan sal ek in Sy skaduwee kan bly. Om te sit beteken ek spandeer tyd met Hom. Die tragedie is juis, wanneer die rampe oor ons kom is almal seker daar is ‘n God maar sodra dit beter gaan, gaan ons op die ou trant voort soos gister en eergister.  

GEBED vir VANDAG K

Onse Vader baie dankie dat ons verseker kan weet in U Seun Jesus Christus kan ons vandag ‘n nuwe lewe ontvang en ons ou lewe afsterf. Help ons elkeen om te besef, U roep uit tot ons om te sê “ Kom na My toe en Ek sal julle rus gee” Ek bid vanoggend vir ons land en sy mense en vra vir genade op genade. Ek bid vir ons President dat U hom wysheid insig en genade sal gee. Help ons om sy bene sterk te hou deur gebed maar dat ons op U sal vertrou en nie op ons regering nie. Ek bid vir elkeen onder die letter K vandag. Wil U ‘n wyle by hulle stilstaan vandag en U sterk hand op hulle skouer sit en sê: Moenie vrees nie, ek is by jou. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week aan julle elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 18 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *