Kolossense 3-Deel 2

Blye Versekering vir 17 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3-Deel 2

**** My eie woorde

**** Wanneer mens die woorde “maak dood” hoor is dit baie ernstig. Dit is dan ook hierdie woorde wat Paulus gebruik wanneer hy ernstige sonde aanspreek. Meer nog Hy sê dis ons “lede” Wat hy daardeur sê dis deel van ons wanneer ons dit doen en dit werk God se toorn oor ons as ons ongehoorsaam is. 

Kol 3:4  Wanneer Christus, wat ons lewe is, geopenbaar word, dan sal julle ook saam met Hom in heerlikheid geopenbaar word. 5  Maak dood dan julle lede wat op die aarde is, naamlik hoerery, onreinheid, hartstog, slegte begeertes en gierigheid, wat afgodediens is, 6  waardeur die toorn van God oor die kinders van die ongehoorsaamheid kom, 7  waarin julle ook vroeër gewandel het toe julle daarin geleef het.

****Dan sê Paulus ons moenie deur ons sondige natuur beheers word nie, maar deur die Gees van God. Onthou wanneer jou gewete jou pla is dit juis die Heilige Gees wat met jou praat. Luister na Hom en gehoorsaam.

Rom 8:12(NV)  Daarom dan, broers, staan ons onder ‘n verpligting, maar nie teenoor ons sondige natuur om daarvolgens te lewe nie. 13  As julle julle lewe deur die sondige natuur laat beheers, gaan julle die dood tegemoet, maar as julle deur die Gees ‘n einde maak aan julle sondige praktyke, sal julle lewe. 14  Almal wat hulle deur die Gees van God laat lei, is kinders van God.

GEBED vir VANDAG L

Onse Vader wat in die hemel is , die wêreld is in rep en roer, maar ons sonde het ons ingehaal. Help ons om elkeen opregte omkeer in ons lewens te maak, want al sou ek sterf is ek gereed wanneer U op die wolke van die hemel ons kom haal. Ek bid vir elkeen onder die letter L vandag. Ek bid U kragtige aanraking van genade en liefde dat hulle U sal volg wat ook al gebeur. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 14 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *