Kolossense 3 Deel 3

 

Blye Versekering vir 18 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3 Deel 3

**** My eie woorde

**** Wanneer mens iets moet aflê beteken dit jy het dit . Toe ek vanoggend lees weet ek dat ek hierdie deel nog nie oorwin het nie. As jy nou sê jy word nie kwaad nie dan pas vers 9 by jou ook. 😊

Kol. 3:8  Maar nou moet julle ook dit alles aflê, naamlik toorn, woede, boosheid, laster, skandelike taal uit julle mond. 9  Lieg nie vir mekaar nie, omdat julle die oue mens met sy werke afgelê het 10  en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

**** In die begin van die skepping is die mens na die beeld van God geskape. Nie net Sy fisiese beeld nie, maar ook sy karakter. Deur sonde is Sy beeld in ons afgebreek en Christus het juis gekom om daardie beeld weer te herstel. Dan sê Lukas dit wat in ons hart is kom na vore. Daarmee saam die vreeslike aanklag ons kan nie sê ons ken Hom nie, maar ons doen nie wat Hy gesê het nie . Waarlik stof tot nadenke nè.

Luk. 6:45  Die goeie mens bring die goeie te voorskyn uit die oorvloed goeie dinge in sy hart, en die slegte mens bring die slegte te voorskyn uit die oorvloed slegte dinge. Waar die hart van vol is, loop die mond van oor. 46  Watter sin het dit dat julle My aanspreek met ‘Here, Here!’ en nie doen wat Ek sê nie?

GEBED vir VANDAG M

Onse Vader, Ons kom na U in die Naam van U Seun en ons Verlosser en bely ons is skuldig. Ons vra hulp dat ons hierdie verkeerde goed kan aflê maar boweal dat U beeld in ons herstel sal word. Gee ons daardie nuwe sagte hart soos Jesus kom wys het. Ek bid vandag vir ons land en sy mense. Terwyl ons nog genade het vra ek maak ons geestelik wakker vir die laatheid van die uur. Ek bid vir elkeen onder die letter M vandag. Vul hulle opnuut met U vrede , geduld en liefde dat hulle verseker kan weet U is met hulle. In Jesus se naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 16 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *