Kolossense 3 Deel 4

Blye Versekering vir 19  Maart. 2020 Tema: Kolossense 3 Deel 4

**** My eie woorde

**** Ek glo julle het ook as kinders al lekker baklei. Dan hoor ek oor hierdie woorde: “verdra mekaar”. Nie een van ons is soos die ander nie. Elkeen is uniek. Ons moet een in Christus wees. Onthou om iemand te verdra, beteken nie jy keur die sonde goed nie. As Christus nie geduldig met my en jou was nie was ons verlore.

Kol 3:12  Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid, nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid. 13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander ‘n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle ook doen. 14  En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

Joh.13:35  Hieraan sal almal weet dat julle my dissipels is, as julle liefde onder mekaar het.

****Liefde is nie die fisiese ervaring waaraan ons dink nie, maar dit is ‘n ware omgee en vreugde wat net Christus ons kan gee. Hoe lief het ‘n Pa sy seun. Daardie seun wat sy naam gaan dra wat vir die wêreld gaan wys wie sy Pa is want hy gaan doen en praat en sê soos sy Pa hom geleer het. Jesus sê dis hoe lief Hy ons het en nou moet ons die wêreld gaan wys wie Hy is.. Kosbare woorde. 

Joh.15:9  Soos die Vader My liefgehad het, het Ek julle ook liefgehad. Bly in hierdie liefde van My. 10  As julle my gebooie bewaar, sal julle in my liefde bly, net soos Ek die gebooie van my Vader bewaar en in Sy liefde bly.

GEBED vir VANDAG N

Onse Vader, dankie dat U bereid was om U Seun vir sondaars op te offer. Help ons om mekaar lief te hê met die liefde waarmee U ons lief het. Ek bid vir elkeen onder die letter N Gee elkeen daardie versekering dat U gekom het om sondaar te verlos en geen sonde is te groot as ons dit bely en laat staan. In Jesus se naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 20 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *