Kolossense 3 Deel 5

Blye Versekering vir 20 Maart. 2020 Tema: Kolossense 3 Deel 5

**** My eie woorde

**** Ons kom by die laaste gedeelte in Kolossense 3. Ek gee vandag so terugblik oor die afgelope tyd sê gebeure. Ek glo elkeen van julle het dit min of meer so beleef. Die eerste nuus oor die virus wat in China begin het kom deur. Dadelik gebeur ‘n paar goed: valse gerigte, ongeloof en afmaak as snert, oordeel omdat hulle verkeerde goed eet. Soos dit verder gaan versprei alle nuus soos ‘n veldbrand en toe begin die onsekerheid en spanning en angs. Die derde fase vir my is dat dit toe aan ons deur kom klop. Dit was mos daar vêr en skielik is dit hier. Dis grappies en humor want dit hou ons rustig. En ja ek het self gelag vir die snaakse goed. Om te lag is dikwels ons behoud. Dan sien ons hoe vinnig die verspreiding  toeneem. Gister hou ek Bybelstudie en daar tref die werklikheid my soos dit elkeen getref het. Groet met die elmboog. Wag vee die tafel af en julle hande af. Wat van ons Bybels? As ons bid, oeps nou kan ons nie hande vat nie. Dit is toe dat die volgende woorde vir my waar word. 

Fil 4:6 Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God. 7 En die vrede van God, wat alle verstand te bowe gaan, sal julle harte en julle sinne bewaar in Christus Jesus.

Kol 3:15 En laat die vrede van God, waartoe julle ook in een liggaam geroep is, in julle harte heers, en wees dankbaar.

Kol 3:15 (NV) En die vrede wat Christus gee, moet in julle lewens die deurslag gee. God het julle immers geroep om as lede van een liggaam in vrede met mekaar te lewe.

Kol 3:16 Laat die woord van Christus ryklik in julle woon in alle wysheid. Leer en vermaan mekaar met psalms en lofsange en geestelike liedere, en sing in julle hart met dankbaarheid tot eer van die Here. 17 En wat julle ook al doen in woord of in daad, doen alles in die Naam van die Here Jesus en dank God die Vader deur Hom.

GEBED vir VANDAG O

Onse Vader so baie dankie vir U woord dat dit in ons kan woon dat ons steeds kan leer en vermaan dat mense gereed moet maak wanneer U aan hulle deur kom klop. Voorwaar leef ons in ernstige tye en ons het U nodig. Opnuut besef ons dat ons net kan sê: Vader laat U wil geskied. Ek bid vir elkeen  onder die letter O maar ook vir elkeen op hierdie poslys en elkeen wat hier luister of lees. Verseël asb. hierdie woorde deur U Heilige Gees in hulle harte, dat ons vrede net in Jesus Christus lê omdat daar geen ander Naam is waardeur ons gered kan word nie In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag en naweek vir almal. Ek sal vorentoe  skryf soos die Heilige Gees my lei.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 32 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *