Nuwe goed 1

Blye Versekering vir 2 Maart. 2020 Tema: Nuwe goed 1

**** My eie woorde

**** So kom ons aan die begin van ‘n nuwe maand. ‘n Nuwe seisoen breek aan want ek sien die blare begin reeds te val. Ons hou mos almal van nuwe goed. ‘n Nuwe werk, ‘n nuwe motor of woonplek.  Aanvanklik hou jy aan die oue vas en dan wanneer die nuwe kom sien jy en weet jy, dit is mos nou wonderlik. Vanoggend kry ons elkeen daardie beloftes uit God se woord.

Jes.40:31  maar die wat op die HERE wag, kry nuwe krag; hulle vaar op met vleuels soos die arende; hulle hardloop en word nie moeg nie, hulle wandel en word nie mat nie.

**** Jy hoef dus nie met gister se krag aan te gaan nie, want in Hom kry jy nuwe krag.

Ps.10:17(NV)  U het die gesmeek van die hulpeloses gehoor, Here. U gee hulle nuwe moed. U verhoor hulle gebed.

**** Verder kry ons nuwe moed om aan te gaan. Ons gaan nie bly lê nie maak nie saak wat oor ons pad gekom het of steeds kom nie. Dan sien ons hoe Hy al twee bymekaar voeg

Jer. 31:25(NV)  Ek gee nuwe krag aan dié wat moeg is, Ek maak die moedelose weer vol moed.

GEBED vir VANDAG A

Onse Vader baie baie dankie dat U ons vandag vernuwe met nuwe moed en krag. Dat ons daardie seker wete het. Dankie, vir die belofte in U woord in

Fil.4:13  wat sê “Ek is tot alles in staat deur Christus wat my krag gee.” Ek bid vir elkeen onder die letter A vandag. Dis ook die nuwe begin van die alfabet. Wil U hulle elkeen vandag besiel met U teenwoordigheid en nuwe krag. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 27 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *