Nuwe goed 2

Blye Versekering vir 3 Maart. 2020 Tema: Nuwe goed 2

**** My eie woorde

**** Wanneer mens vanoggend se gedeelte lees dan ervaar ons elkeen dat ons al hierdie pad gestap het of steeds stap. Moontlik het jy ook al gekom op so plek waar die lewe ‘n bitter beker is om te drink en jy voel jy het al vergeet wat voorspoed is. Nes jy dink jy is bo dan is jy weer daar onder in die donkerte en wanneer jy begin dink draai jou gedagtes vas 

Klaagl.3:15 (NV)  Hy het my bitter dinge laat sluk, die lewe vir my galbitter gemaak. 16 Hy het my gruisklip laat kou, my in die grond getrap. 17 Hy het alle rus van my af weggeneem; ek het al vergeet van voorspoed. 18  Ek het gedink dit is klaar met my en met my hoop op die Here. 19 Die gedagte aan my ellende en my vreemdelingskap is gal en gif vir my; 20 as ek daaroor nadink, draai my gedagtes vas.

****Dis juis op hierdie laagtepunt dat die HERE vir Jeremia weer hoop gee  wanneer Hy hierdie kosbare woorde aan sy hart lê, die feit dat ons nie vergaan nie is juis God se liefde en Sy liefde en trou is elke môre nuut. 

21 Maar dít sal ek ter harte neem en om dié rede bly ek hoop: *22 deur die liefde van die Here het ons nie vergaan nie; daar is geen einde aan sy ontferming nie, 23 dit is elke môre nuut. U trou is groot.*  24 Ek sê vir myself: Die Here is my lewe, daarom hoop ek op Hom. 25 Die Here is goed vir wie op Hom bly hoop, vir die mens wat na sy wil vra; 26 dit is goed om geduldig te wag op die hulp van die Here;

**** Moenie bly sit by gister se teleurstellings en opdraandes nie. Gee jou beker van gal vir die HERE en wag geduldig op Hom. Kyk wat Hy vir jou gaan doen.

GEBED vir VANDAG B

Onse Vader wat in die hoogste hemele woon, ons bring aan U al die lof en Eer en heerlikheid Baie dankie vir die groot belofte dat U liefde en ontferming elke dag nuut is. Gee dit vandag ook vir elkeen wat hier luister of lees.  Ek bid vir elkeen onder die letter B. Heilige Vader tel hulle op en hou hulle staande wat hulle ook al deurgaan. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan julle elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 33 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *