Nuwe goed 3

Blye Versekering vir 4 Maart. 2020 Tema: Nuwe goed 3

**** My eie woorde

**** Vanoggend leer ons weer iets kosbaars. Wanneer ons in Christus is, is ons ‘n nuwe mens. Al die ou dinge in jou lewe het verbygegaan en jy is soos ‘n paar nuwe skoene wat vandag hulle eerste tree gee. Nuwe skoene kan druk en soms moeilik stap totdat hulle die vorm van jou voete aanneem.  Dan die belofte dat jy ook ‘n nuwe geestelike hart ontvang.

2Kor 5:17 Daarom, as iemand in Christus is, is hy ‘n nuwe skepsel; die ou dinge het verbygegaan, kyk, dit het alles nuut geword.

Eseg.36:26  En Ek sal julle ‘n nuwe hart gee en ‘n nuwe gees in jul binneste gee; en Ek sal die hart van klip uit julle vlees wegneem en julle ‘n hart van vlees gee.

**** Verder moet ons gedagtes en ons dade verander. Ons ontvang nuwe goed maar ons moet dit gebruik tot Eer van God. Suurdeeg stel sonde voor en dit deurtrek jou hele liggaam soos suurdeeg wat brood laat rys. Daarom moet selfs ons gedagtes vernuwe word en ons moet omdraai na ‘n nuwe lewe. 

Rom.12:2  Julle moenie aan hierdie sondige wêreld gelyk word nie, maar laat God julle verander deur julle denke te vernuwe. Dan sal julle ook kan onderskei wat die wil van God is, wat vir Hom goed en aanneemlik en volmaak is.

1Kor 5:7  Suiwer dan die ou suurdeeg uit, sodat julle ‘n nuwe deeg kan wees—soos julle inderdaad ongesuurd is—want ook ons paaslam is vir ons geslag, naamlik Christus. 8  Laat ons dan feesvier, nie met die ou suurdeeg of met die suurdeeg van onsedelikheid en ander sonde nie, maar met die ongesuurde brood van reinheid en waarheid.

GEBED vir VANDAG C

Onse Vader wat ‘n voorreg om te weet in Jesus Christus word ons nuut. Gee ons vandag daardie nuwe hart en gedagtes en suiwer die suurdeeg van sonde uit ons lewens uit deur die offer wat Christus daarvoor betaal het. Ek bid vir elkeen onder die letter C vandag. Mag hulle opnuut bewus word van U liefde genade en omgee vir hulle. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 28 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *