Nuwe goed 4

Blye Versekering vir 5 Maart. 2020 Tema: Nuwe goed 4

**** My eie woorde

**** Jesus deel met Sy dissipels dat hulle “sakke” nuut moet wees sodat Hy die nuwe wyn daarin kan gooi. So is dit met jou en my. As ons nie nuut in Hom word nie sal ons nie die Woord verstaan nie en bly dit net ‘n klomp woorde. Daarmee saam sê Hy dan vir hulle Sy bloed verteenwoordig hierdie nuwe wyn. Dit is Sy bloed wat Hy gestort het sodat ek en jy vry kan wegstap.

Matt. 9:17  ‘n Mens gooi ook nie nuwe wyn in ou leersakke nie; anders bars die sakke en die wyn loop uit en die sakke vergaan. Maar ‘n mens gooi nuwe wyn in nuwe sakke en altwee bly behoue.

Luk. 22:20  Net so neem Hy ook die beker ná die maaltyd en sê: Hierdie beker is die nuwe testament in my bloed wat vir julle uitgestort word.

Joh_6:54  Hy wat my vlees eet en my bloed drink, het die ewige lewe, en Ek sal hom opwek in die laaste dag.

GEBED vir VANDAG D

Onse Vader, vanoggend vra ons dat U hierdie wynsakke van ons lewens nuut sal maak sodat U lewens wyn deel van ons lewens kan word en ons die ewige lewe in U sal ontvang. Ek bid vir elkeen onder die letter D. U het hulle by die naam geroep, seën hulle met ‘n hemelse seën en gebruik hulle in U diens vandag en  elke dag. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 38 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *