Nuwe goed 5

Blye Versekering vir 6 Maart. 2020 Tema: Nuwe goed 5

**** My eie woorde

**** Die volgende teks begin so mooi … Dit sê as jy ore het , dan moet jy mooi luister na wat jy nou gaan lees. As jy oorwin oor al die gemors op hierdie aarde gaan jy ‘n steen kry met jou nuwe naam daarop. Jy gaan ook ontvang name van bakens en God die Vader en Seun. Die aarde gaan ook nuut gemaak word, ja alles gaan nuut gemaak word, want sonde sal vir altyd uitgewis wees. Dit waaroor ons net kan droom op die aarde gaan eendag ‘n ware werklikheid wees. Die voorwaarde? Deur die krag van Jesus Christus moet ons oorwin en Hom gehoorsaam.

Open.2:17  Wie ‘n oor het, laat hom hoor wat die Gees aan die gemeentes sê. Aan hom wat oorwin, sal Ek gee om te eet van die verborge manna, en Ek sal hom gee ‘n wit keursteen, en op dié steen ‘n nuwe naam geskrywe wat niemand ken nie, behalwe hy wat dit ontvang.

Open.3:12  Wie oorwin, Ek sal hom ‘n pilaar in die tempel van my God maak, en hy sal daar nooit weer uitgaan nie; en Ek sal op hom die Naam van my God skrywe en die naam van die stad van my God, van die nuwe Jerusalem, wat uit die hemel van my God neerdaal, en my nuwe Naam.

Open..21:1  En ek het ‘n nuwe hemel en ‘n nuwe aarde gesien, want die eerste hemel en die eerste aarde het verbygegaan; en die see was daar nie meer nie.

Open.21:5  En Hy wat op die troon sit, het gesê: Kyk, Ek maak alles nuut. En Hy het aan my gesê: Skryf, want hierdie woorde is waaragtig en betroubaar.

**** Dan eindig al die gedagtes met hierdie kragtige woord dat dit waar is en betroubaar en ek en jy kan dit glo.

GEBED vir VANDAG E

Onse Vader wat in die hoogste hemele woon, baie dankie vir daardie beloftes waarop ons kan staan dat U alles nuut gaan maak. Help ons om staande te bly en om U te gehoorsaam. Ons lê onsself en ons gesinne in U hande. Vader red ons vir U Koninkryk. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter E op ons poslys. My Vader kyk in hulle harte vandag, sien hulle leed hulle seer hulle worsteling. Tel hulle op en maak hulle geestelike bene sterk. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde naweek aan almal tot Maandag as ons gespaar bly.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 18 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *