RYS EN SPINASIE SLAAI:

Bestanddele
200 g rou rys (250 ml)                                                   
6 repe spekvleis, gekap
1 klein bossie jong spinasie, gewas, die wit stingels verwyder en fyngekerf                   
2 selderystingels, gekerf stingels verwyder en fyngekerf                                      
3 eiers, hardgekook, gekap
6 knopiesampioene, in skywe gesny

Slaaisous:
125 ml mayonnaise
30 ml asyn
5 ml peperwortel (horse-radish)                                     
3 ml Tabasco-sous
5 ml sout  
varsgemaalde swartpeper

Metode
Berei die rys voor volgens die aanwysings op die verpakking en laat afkoel. Braai die spekvleis tot bros, dreineer op papierhanddoek en laat afkoel. Meng die rys, spekvleis, spinasie, seldery, sampioene en eiers liggies saam. Giet die slaaisous oor en meng goed met twee vurke.Laat die slaai vir minstens 1 uur staan voor opdiening.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 389 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *