Spaghetti met Tamatiesous

Magda

Bestanddele
2 uie
2 eeteel Botter of margarien
4 of 5 ryp tamaties
Sout en peper na smaak
1 teelepel suiker
2 koppies gekookte spaghetti
kwart tot half koppie gerasperde kaas

Metode
Sny die uie in dun skywe en braai dit in die warm botter of margarien in ‘n kastrol tot dit effens bruin is. Voeg die tamaties, in skywe gesny, by en kook totdat dit sag is.
Voeg sout, peper en suiker by en vryf die sous met ‘n houtlepel deur ‘n draadsif. Sit die spaghetti in ‘n plat skottel, sit die kaas in die middle bo-op en gooi die tamatiesous oor die kaas en spaghetti.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 221 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *