Tevergeefs 1

Blye Versekering vir 9 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 1

**** My eie woorde

 **** So dikwels hoor mens dat mense ervaar dat alles maar tevergeefs is. Wat ons daarmee sê is dat alles eintlik tot niks lei nie. Dis nie regtig so nie, elke saak onder die son het ’n doel en God se grootste doel is ons redding en geestelike groei. Net omdat ek en jy dit nie verstaan nie beteken dit nie  dis waardeloos nie. Dan sê Paulus aan die Korintiërs dat hulle moet sorg dat hulle nie Christus se genade tevergeefs ontvang het nie. Wat sou hy daarmee bedoel, want dit is ook vir ons vandag. Wat Paulus sê is dat ons nie God se onverdiende guns van Verlossing en opoffering deur die lewe van Christus as niks afmaak nie.  Mag hierdie week se uitdagings jou opnuut bewus maak van God se  mag, gesag  en wil in elke saak.

2Kor.6 :1 As medewerkers van God doen ons ‘n beroep op julle om te sorg dat julle die genade van God nie tevergeefs ontvang het nie.  V2 Hy sê: “Op die regte tyd het Ek jou gebede verhoor, en op die dag van redding het Ek jou gehelp. “Kyk, nou is dit die regte tyd, nou is dit die dag van redding.

Rom.5:8  maar God bewys Sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was.

**** Wees verseker die coronavirus is nie die einde van die wêreld nie, maar slegs die begin van die einde. Verseker moet ons gereed maak maar ook gereed wees elke dag. Ek kan vandag sterf sonder ‘n virus, dan kan ek nie meer kies nie.

GEBED vir VANDAG F

Onse Vader, help my en elkeen wat hier lees of luister om opnuut Christus ons eie te maak. Hy het immers gekom om ons as sondaars te kom red. Ek bid vir elkeen onder die letter F. Vader help hulle vandag om te weet U is daar en terwyl daar lewe is, is daar hoop. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag en week aan elkeen.

 

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 18 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *