Tevergeefs 2

 

Blye Versekering vir 10 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 2

**** My eie woorde

****Paulus herinner die Korintiërs maar ook vir jou en my om aan die evangelie, vas te hou want as ons aan iets anders vashou is ons geloof tevergeefs. Nou  kom die vraag wat is “dié evangelie” Ons as Christene gebruik dikwels terme en dan het ek en jy nie eers ‘n idee wat dit beteken nie. Iemand praat eendag met my en sê ons moet net die evangelie verkondig. Ek stem saam want anders is ons geloof tevergeefs. Toe vra ek, nou wat is die evangelie? Skielik  weet die een nie en antwoord dat dit seker iets met Jesus te doen het. Onthou die skrif verklaar homself. Kom ons kyk wat sê die woord daaroor. Paulus gee hierdeur ‘n opdrag

1Kor 15:1  Ek herinner julle, broers, aan die evangelie wat ek aan julle verkondig het en wat julle ontvang het en waarin julle ook gevestig staan. 2 Deur dié evangelie word julle ook gered as julle vashou aan die boodskap soos ek dit aan julle verkondig het. As julle aan iets anders vashou, het julle tevergeefs tot geloof gekom.

**** Nou verduidelik hy wat  hierdie evangelie is. Soveel gelowe glo wel in Jesus maar nie dat Hy God is nie en wat Hom anders maak is dat Hy uit die dood opgestaan het en daardeur is  profesie vervul.

1Kor.15:3  Die belangrikste wat ek aan julle oorgelewer het en wat ek ook ontvang het, is dit: Christus het vir ons sondes gesterf, volgens die Skrifte; 4 Hy is begrawe en op die derde dag opgewek, volgens die Skrifte.

GEBED vir VANDAG G

Onse Vader opnuut besef ons die wonders in U woord en dat daar net een antwoord is naamlik Jesus ons Heiland en Verlosser wat die dood oorwin het. Al sou ons sterf weet ons dat ons deur Hom die ewige lewe het. Ek bid vir elkeen onder die letter G vandag. Ontferm U oor hulle vandag en laat U wil ook in hulle lewens geskied. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag aan elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 48 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *