Tevergeefs 3

Blye Versekering vir 11 Maart. 2020 Tema: Tevergeefs 3

**** My eie woorde

**** Wat interessant is in vanoggend se gedeelte is juis dat dit ‘n lied moet wees, maar wanneer mens die hele Psalm lees, sluit dit aan by vers twee, die verlange dat hierdie uitroep na God nie tevergeefs sal wees nie. Moontlik het jy al so gevoel dat jou uitroep na Hom tevergeefs is en jy wonder wat doen jy dan verkeerd en vra ook soos die Psalmis dat jou geroep tog nie by Hom sal verbygaan nie.

Psalm 88 :1 ‘n Lied.  … V2 Here my God wat my altyd help, ek roep elke dag om hulp, elke nag bid ek tot U. 3 Laat my gebed nie tevergeefs wees nie, hoor my geroep.

Kyk hoe antwoord HY in Sy woord. Hy sê Hy is gretig om ons genadig te wees en om Hom oor ons te ontferm. Hy laat reg geskied. Hoekom lyk alles dan so deurmekaar. Weet net dit God sien die ongeregtigheid raak en dit wat nou gebeur is nie sonder Sy medewete nie.  Hy is die God wat die onmoontlike moontlik maak, die Een wat spreek en dit gebeur, die Een wat die heelal in stand hou en beheer… dis Hy wat ons gebed hoor en gretig is om ons te antwoord al sê Hy soms nee werk ook dit ten goede mee. Vorentoe sal ons sien.

Jes 30:18 Tog is die Here gretig om julle genadig te wees en wil Hy Hom oor julle ontferm: Die Here is ‘n God wat reg laat geskied, en dit gaan goed met elkeen wat op Hom vertrou. V19 Jy, volk in Sion, jy wat in Jerusalem woon, jy hoef nie meer te huil nie. Die Here sal jou genadig wees as jy na Hom roep om hulp, Hy sal jou gebed verhoor sodra Hy dit hoor. V20 Die Here het jou honger en dors laat ly, maar Hy wou jou leer, en Hy sal Hom nou nie meer afsydig hou van jou nie; jy sal self sien dat Hy die Een is wat jou leer.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader hoe wonderlik is die wete dat U gretig is om ons genade te skenk en U oor ons te ontferm. Baie dankie vir U groot liefde. Help ons om te verstaan dat soveel negatiewe goed van die vyand af kom en hy lê dit voor U deur. U wat U Seun laat sterf het vir ons. Geen groter offer as dit is moontlik nie. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H Ek vra dat U hulle uitroep na U sal hoor en verhoor soos U belowe in U woord. Seën hulle vandag met ‘n spesiale hemelse seën. In Jesus se Naam. Amen

Geseënde dag vir elkeen.

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 24 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *