VRUGTIGE MACARONI-SLAAI

Marie

Heerlik by ‘n vleisbraai. (Dit lewer 8 porsies)

Bestanddele
250 g macaroni                                                            
15 ml olie
1 klein pynappel, geskil en in blokkies gesny                 
3 piesangs, in skywe gesny
1 x 410 g-blik perskeskywe, gedreineer                         
401 g-blik jong ertjies, gedreineer
kruisementblare vir garnering

Slaaisous:
125 ml bier                                                                   
125 ml goeie gehalte mayonnaise

Metode
Kook die macaroni in soutwater vir 10 15 minute of tot al dente.   Dreineer en spoel af onder koue lopende water.  Meng pasta liggies met die olie.  Berei intussen die slaaisous deur die bier en mayonnaise goed te skud in ‘n glasfles met ‘n skroef deksel.  Meng die macaroni, pynappel, piesangs, perskes, ertjies en slaaisous saam.  Skep in ‘n mooi vlak slaaibak, garneer met kruisementblare.

Wenke:
Die slaai kan ‘n uur of wat vooraf gemaak word, bedek met kleefplastiek en bêre in die yskas.
Besprinkel die piesangskywe met ‘n bietjie suurlemoensap.

Variasies:
Vervang die ingemaakte perskes deur ingemaakte lietsjies.
Vervang die bier deur pynappelsap óf natuurlike jogurt.
Gebruik 1 x 410 g-blik pynappelstukke, gedreineer, in plaas van vars  pynappel.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 39 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *