Whiskey Hoender

Gerda

Bestanddele
30 g botter
5 ml aangemaakte mosterd
4 hoenderfillette
1 fyngemaakte ui
15 ml meel
125 ml hoenderekstrak
125 ml room
15 ml suurlemoensap
Bietjie suurlemoenskil – gerasper
Gekapte pietersielie
30 ml whisky
Sout en pepper

Metode
Smelt botter en mosterd saam. Braai hoenderfillette en uie saam. Voeg hoenderekstrak by bottermengsel en kook tot sous dik word. Voeg dan room, suurlemoensap, suurlemoenskil en pietersielie by. Geur met sout en pepper. Voeg hoenderfillette by en gooi whisky by. Kook vir nog so ‘n verdere vier minute. Eet saam met pasta (vars pasta as jy kan) of kapokaartappels.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 65 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *