AARTAPPELKLUITJIES

Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
6 medium aartappels
2 eiers, geklits
7ml sout
125ml koekmeelblom
250ml witbroodcroûtons, in botter of spekvet gebraai
125ml botter of spekvet
60ml vars witbroodkrummels

Metode
Kook aartappels in skil tot sag. Skil af en rasper grof. Voeg geklitste eiers, sout en koekmeelblom by. Meng goed tot ‘n stywe deeg en rol in balletjies met deursnee van 5cm. Maak ‘n holte in die middel van elkeen en vul met croûtons. Rol weer in ‘n balletjie dat die croûtons bedek is. Plaas in soutwater wat stadig kook, bedek en kook vir 10 minute of tot kluitjies bo-op die water dryf. Dreineer goed en skep in warm skottel. Hou warm. Smelt botter of spekvet en roer broodkrummels by. Braai ‘n paar minute en strooi oor kluitjies. Lewer 6 porsies

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 28 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *