AARTAPPELTJIES MET ‘N PLAN

Okkie Jansen van Vuuren

Bestanddele
4 repies streepspekvleis, fyn gekap
10ml olie
1 rooi soetrissie, gehalveer, en gekap
2 vet, knoffelhuisies, fyngedruk
40ml grasuie, fyn gekap
25ml fyn gekapte pietersielie
sout en peper
75ml Bulgaarse jogurt of suurroom
500g jong aartappeltjies

Metode
Braai spek in pan oor lae hitte tot bros. Voeg die olie, soetrissies en knoffel by en roerbraai tot die rissies sag is, maar nie pap nie. Roer grasuie en pietersielie by, geur met sout en peper en verwyder van hitte. Kook aartappeltjies in soutwater tot net sag, en dreineer. Halveer aartappeltjies en skep in ‘n warm opskepskottel. Meng met jogurt of suurroom en spekmengsel en sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 60 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *