Boereworspastei

Magda
(Bedien ses)

Bestanddele
500 g gaar boerewors (oorskiet van braai werk goed) in skyfies gesny
3 eiers, geklits
1 klein blikkie soetmielies
botter, melk, sout en peper
6 medium aartappels, geskil (of een sakkie aangemaakte Smash)
1 k gerasperde Cheddarkaas
Braai boerewors, ontvel en sny in dik skywe.

Metode
Kook aartappels tot gaar. Geur met ‘n klont botter en ‘n bietjie melk. Voeg soetmielies, ΒΌ van die kaas en geklopte eiers by. Klop mengsel tot romerig. Pak boereworsskyfies in ‘n oondvaste bak en skep lepels van die mengsel oor die boerewors . Druk mengsel plat met vurk. Strooi gerasperde kaas oor. Bak tot kaas gesmelt is en plek-plek bruin begin word.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 41 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *