Broccoli Kasserol

Magda

Bestanddele
300g gaar broccoli
3 eierwitte
1 blikkie sampioenroomsop
1 koppie vetvry mayonnaise
halwe koppie gerasperde lae vet cheddar kaas
2 eetlepels gemaalde uie
swart peper
6 lae vet fyngemaakte soutkoekies (Salticrax / Bacon Kips)

Metode
Meng die broccoli, eierwitte, sop en mayonnaise. Roer die kaas, uie en peper daarin. Gooi die mengsel in ‘n gesmeerde pan en sprinkel die fyngemaakte koekies bo-oor. Bak by 180 grade tot die sous
borrel – omtrent 30 minute. Bedien 6 persone. Geniet dit!

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 251 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *