EENPOT MAALVLEISGEREG MET CHAKALAKA-BUTTERNUT

Woumarie

BRAAI:
2 uie gekap saam met 500gr maalvleis, sout en peper tot gaar in ‘n lekker groot pot.
Jou maalvleis kan nog medium wees.

GOOI BY:
1 blikkie Chakalaka met butternut/of chakalaka met mielies , en roer deur.
(jy kan dit vervang met 1 blikkie tamtie en uie smoor as jy nie van chakalaka hou nie)
Gooi droe rou noedels bo-oor.
Gooi nou water bo-oor die mengsel todat die water net effes bokant die mengsel is.
Sit die deksel op en stoom tot gaar. (stoof op nr 2) Voeg nog water by as jy sien jou pasta is nog nie gaar nie.

MAAK INTUSSEN ‘N LEKKER DIK WITSOUS:
Ek neem 1 en half koppie melk en 2 eetl meel, meng met jou whisk goed, in die mikrogolf vir so 5 min, whisk deur – terug in die mikrogolf, 3 miniute whisk weer deur en weer in die mikrogolf tot die mengsel begin opkook. Sout en peper.
As die noedels gaar is, gooi die witsous bo-oor.
Rasper nou 2 kase bo-oor. ‘n wit kaas bv Tussers en ‘n geel kaas bv Chedder. Ek het hier net gouda oorgerasper. Dit is nie nodig vir 2 kase nie.
Sit deksel weer op en stoom tot alles lekker gesmelt en warm is. (Dit is so 5 minute)

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *