Tamatieblatjang

Magda
1 kilo tamaties
250g bruin suiker
1 k asyn
250g sultanas
1 e mosterd
1 e fyn gemmer
1 e sout
2 uie, in dun skyfies gesny kwart t rooipeper

Metode
Skil die tamaties af (dompel hulle ‘n paar minute lank in kookwater en daarna in koue water om die skilletjies los te maak) en sny hulle fyn. Meng al die bestandele en kook dit stadig in ‘n emaljekastrol tot dit die regte dikte het. Roer dit af en toe om te voorkom dat dit brand. Bottel terwyl dit warm is en verseĆ«l dit sodat geen metaal met die blatjang in aanraking kom nie.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 73 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *