VY – EN – ROKETSLAAI:

Rina

Bestanddele
8 vars vye, in kwarte gesny
125g roket
180g sagte bokmelkkaas in skyfies gesny
8 skyfies Parma-ham
(moenie bekommerd wees as dit breek nie)

BASILIEKRUID-VINAIGRETTE:
½ knoffelhuisie gekneus
45ml gekapte dennepitte
‘n handvol vars basiliekruidblare, geskeur
90ml olyfolie
45ml balsamiese asyn
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak

Metode
Plaas vye vir 2 uur in die yskas. Dit maak dit fermer en makliker om in skyfies te sny. Plaas roket en Parmaham in ‘n mengbak. Sny vye in oorlangse skyfies. Berei slaaisous deur al die bestanddele saam te meng. Giet bo-oor die roket, Parmaham en vye in mengbak en meng liggies deur. Rangskik slaai op ‘n opdienbord. Druk skyfies bokmelkkaas tussen in en sit voor.
Lewer 4 porsies.

NOTA:
Vervang die vye deur die soetste hanepoot-druiwekorrels ( sowat 375ml). Halveer die druiwekorrels voordat jy dit meng met die res van die slaaibestanddele.

Print Friendly, PDF & Email
(Visited 14 times, 1 visits today)
Advertisements

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *