Chakalaka Broodjie of Muffins

Lynette Muller
Resep vir Broodjie of muffins

Bestanddele
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur / sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper

Metode. 
Voorverhit oond tot 180°
Sif droë bestandele saam
Klits eier en chakalaka
Meng eier mengsel met droë bestandele
Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak +/- 45 minute

Advertisements
 

Een vir almal en almal vir een

Een vir almal en almal vir een
Hallo Frik

Ek onthou nog vir Trompie en die Boksombende uit my kinderdae. Hulle was ’n tipiese bende wat saam kattekwaad aangevang het. As daar ’n klip op die dak val of die deurklokkie lui, maar as jy oopmaak is daar niemand, kan jy maar weet: die Boksombende is aan die gang.

Op skool was ons ook ’n groepie van so vyf manne wat alles saam gedoen het. Dit was seker weens al die kattekwaad wat ons aangejaag het dat ons orals beroemd (of is dit nou berug?) was. By die skool, by die kerk, in die buurte van Somerset-Wes, ag orals het almal van ons geweet.

As daar êrens iets skeefgeloop het, was ons die eerste verdagtes. Meeste van die kere was ons wel die oorsprong van die poets of kattekwaad en het ons ons pak gevat soos ’n man. Wat ons wel so met die tyd geleer het, was dat jy maar saam met die res moes buk, of jy nou deel was van die kattekwaad of nie.

As ek nou terugdink, was ons amper soos die drie musketiers oftewel, vyf musketiers. Want hulle leuse kon net sowel ons s’n gewees het: Een vir almal en almal vir een. As iemand pak moes vat, het almal saam gebuk. As ons pret gehad het, het ons saam gelag.

So behoort ons verhouding met Jesus ook te werk. Hy het vir ons gesterf sodat ons vry kan wees van die sondelas waarmee ons gebore is. Nou behoort ons ook ons eie lewe af te lê om te wys dat ons graag in eenheid met Hom wil leef.

11Ek praat die waarheid: as ons saam met Jesus gesterf het, sal ons ook saam met Hom leef.

Watter goeie nuus is dit nie! Soos Trompie en sy bende en ek en my vriende saam die straf moes dra en saam moes buk, is ons as’t ware saam met Jesus gekruisig.

Gelukkig bly dit nie net by die pakslae gedeelte nie. Omdat Jesus die dood oorwin het, deel ons ook in die oorwinning. Ons het saam met Jesus die vyande oorwin, want dis mos een vir almal en almal vir een.

En hieraan moet ons vasklou. As die volgende groot brander van die lewe weer oor ons koppe slaan en ons sukkel om asem te kry, moet ons onthou dat ons ook deel het aan die opstanding. Al was ons nie daar nie, deel ons tog op ’n bonatuurlike manier daarin. Ons dra saam met Jesus die wennerskroon.

Ek weet dit voel nie aldag so nie. Soms voel dit asof siekte ons versmoor. Soms druk die finansies dat ons oë traan. Soms is dit ’n verhouding wat die heeltyd ons knieë laat bewe. Dan is dit tyd om te onthou dat Jesus al daai dinge reeds oorwin het. Die bose en sy maatjies is bloedbek geslaan en hulle is oorwin.

Saam met Jesus kan ons ’n oorlog platloop. Saam met Jesus kan ons die reus in ons pad stormloop en oorwin, want dis mos een vir almal en almal vir een.

Teks
2 Tim 2:8-13

Om oor na te dink
Glo jy dat jy saam met Jesus oorwin het?
Lewe jy so?
En die reus in jou pad?

Gebed
Vader, ek is moeg. Ek is moeg baklei en niks wil reg loop nie. Ek is dankbaar om te hoor dat ons saam met Jesus reeds oorwinnaars is. Ek gaan nou so lewe. Amen.

Shalom
Gerjo Ben
Ns. As jy van iemand weet wat hierdie e-pos nodig het, kan jy dit vir hom/haar forward.

Jy kan ook info@kruispad.com in die Cc blokkie sit en dan sal ons hulle op die poslys plaas.

 

Let God tell you who you are!

Let God tell you who you are!

1 Chronicles 4:9 NKJV

The name Jabez means “pain and trouble.” Can you imagine walking into a room and hearing someone say, “Here comes trouble,” or someone describing you as “a pain”? And what’s more, Jabez’ mother labelled him that way the day he was born because “she gave birth to him in pain.” But Jabez refused to wear the label or let that name define him. Instead of looking back at his past and listening to his critics, he turned to God and prayed: “‘Oh, that You would bless me…and enlarge my territory, that Your hand would be with me, and that You would keep me from evil, that I may not cause pain!’ So God granted him what he requested” (v. 10 NKJV). The label on the outside of a bottle tells you what’s on the inside. And when you let others label you, invariably they make your world too small. And once you accept the label they place on you, you start to believe that’s who you are and that you’ll never amount to anything more than that. No, only God can tell you who you are! So do what Jabez did – go directly to the source: God. He created you. He redeemed you. He calls you. He equips you. He empowers you. He rewards you. So when people try to limit you by putting labels on you, God steps in and says, “Fear not, for I have redeemed you; I have called you by your name; you are Mine” (Isaiah 43:1 NKJV). The truth is that God loves and accepts you, and His approval trumps everybody else’s disapproval!

Soul food: 2 Chr 5-7John 11:1-16Ps 83:9-18Prov 26:17-22

 

 

Lofprysing 3

Blye Versekering vir 13 Nov. 2019 Tema: Lofprysing 3

**** My eie woorde

**** Dis mos baie maklik om ‘n lofsang te sing as dit jubel in jou hart, na die reën en vir al die wonderlike dinge wat die HERE gedoen het. Vanoggend deel ek met julle die moeilikste lofsang. Dit is voor jou stryd voor jy sien wat die uitkoms is. Kyk wat gebeur die OOMBLIK toe ‘n volk God vereer in lofsang.

2Kron 20:21  En hy het met die volk beraadslaag en tot eer van die HERE sangers opgestel wat, in heilige sieraad, moes lofsing en by die uittrek op die voorpunt van die gewapendes moes sê: Loof die HERE, want sy goedertierenheid is tot in ewigheid!

**** Kyk wat gebeur

22  En op die oomblik toe hulle die gejubel en die lofsang aanhef, het die HERE ‘n hinderlaag opgestel teen die kinders van Ammon, Moab en die mense van die gebergte Seïr wat teen Juda gekom het, sodat hulle verslaan is.

**** Die dissipels herdenk saam met Christus Sy dood wat voorlê deur die nagmaal en Hy laat hulle ‘n lofsang sing voor hulle vertrek en Petrus Hom gaan verloën

Matt 26:30  En nadat hulle die lofsang gesing het, het hulle uitgegaan na die Olyfberg.

Ps.65:2  Aan U kom ‘n lofsang toe, o God, in Sion, en aan U moet die gelofte betaal word.

Ps. 66:2  Besing die eer van Sy Naam, maak heerlik sy lofsang!

****Watter krisis oor jou pad kom vandag sing ‘n loflied tot God en WEET Hy is in beheer en HY sal uitkoms vir ons gee. Jy hoef nie mooi te sing nie jy dink dalk dat jy nie eers ‘n lied ken nie, dan sing jy Wat ‘n vriend het ons in Jesus ….Of die HERE is MY Herder.

GEBED vir VANDAG i

Onse Vader vanoggend sing ons lofliedere tot Eer van U Naam vir die goeie dinge wat reeds gebeur het maar ook vir die dinge wat gaan gebeur Ek bid vanoggend vir elkeen onder die letter i . In die besonder vir diegene wat siek is en pyn het en wat onseker voel oor hulle toekoms. Ons sing ‘n loflied tot U ten spyte daarvan omdat ons WEET dat U in beheer is. Hou hulle vas in die holte van U hand van genade vandag. In Jesus se Naam. Amen.

Geseënde dag aan elkeen.

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

SPAGHETTI MET HOENDERLEWERS EN PYNAPPEL

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele:
1 ui, in ringe gesny,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
2 houers (250 g) hoenderlewers, kleiner gesny,
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny,
15 ml koekmeel,
250 ml melk,
1 blik (260 g) pynappelstukke, gedreineer, maar behou sap,
10 ml tamatiepasta (opsioneel),
sout & peper na smaak,
basielkruid na smaak,
250 g spaghetti.

Metode:
Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die hoenderlewers by en braai tot bruin van buite maar nog effens pienk van binne. Voeg die tamatie by en braai tot sag. Meng die koekmeel met ‘n bietjie van die melk, voeg die orige melk by die hoenderlewermengsel. Voeg ook ‘n bietjie van die pynappelsap by indien verkies. Voeg die pynappelstukke by en verhit oor stadige hitte tot goed warm. Voeg die koekmeelblompasta by en roer gedurig tot die mengsel kook en verdik. Voeg die tamatiepasta by indien verkies. Geur goed met sout en peper asook basielkruid na smaak. Kook die spaghetti tot net sag. Dreineer en skep in ‘n opdienbak. Sit dadelik voor saam met die hoenderlewermengsel asook gerasperde Cheddarkaas indien verkies.

 

WARM PATATS IN FOELIE

Anna Eksteen

Bestanddele
een medium patat per persoon                                       
foelie
botter 
growwe peper / peperkorrels
growwe sout / soutkorrels 
extra virgin olyfolie
een suurlemoen 
‘n paar takkies vars tiemie

Metode
Was die patats skoon en droog af (hou die vel aan). Neem ‘n vurk en steek so ‘n paar gate in die patats reg rondom. Plaas die patats elkeen op ‘n stuk foelie (blink kant na binne). Drup so klein bietjie olyfolie op elke patat, en smeer so bietjie botter op elkeen. Sny die suurlemoen in die helfte en druk ‘n klein bietjie sap op elke patat. Meng die sout en peperkorrels en maal dit fyn strooi op die patats. Plaas een takkie vars tiemie saam met die patat op die foelie. Draai die patats goed toe in die foelie moenie dat die tiemie uitval nie, want dit bring so ‘n lekker geurtjie en smakie daarby.

 

Come back to God!

Come back to God!

Luke 15:20 NKJV

The Bible says concerning the Prodigal Son: “When he was a great way off, his father… had compassion…ran…fell on his neck and kissed him.” The truth is, you’re not beyond the reach of God’s grace, so your future can be greater than your past! When he was “a great way off,” his father ran to him. Why? Because his relationship with his son wasn’t based on performance, but on the fact that he’d given him life and brought him into the family. When you think about the things his father gave him that day, you realize the significance of each item. (1) The robe. That confirmed his identity as a son. God doesn’t see you in your weakness; He sees you clothed in the righteousness of Christ (See 2 Corinthians 5:18-19 NIV). (2) The ring. This was a signet ring with the family seal that gave him back authority to do business in his father’s name. (3) The shoes. Household servants didn’t wear shoes, only family members did. He returned home thinking the best he could hope for was a job in the servants’ quarters. But his father not only restored his identity and authority, he restored him to full son-ship in the family. (4) The party. Back then when you rebelled against your father’s authority and left home, they conducted “a ceremony of shame,” which meant you could never return. Not this father – he threw a party! The point? Because Jesus took our shame! “For God made Christ, who never sinned, to be the offering for our sin, so that we could be made right with God through Christ” (2 Corinthians 5:21 NLT). The word for you today is – come back to God!

Soul food: 2 Chr 1-4John 10:22-42Ps 83:1-8Prov 26:13-16

 

Lofprysing 2

Blye Versekering vir 12 Nov. 2019 Tema: Lofprysing 2

**** My eie woorde

**** Dis altyd vir my so interessant hoe Satan probeer om ons geloof en vertroue af te takel. Wat en wie is sy wapens. Hy gebruik mense as sy instrumente. Ek dink elkeen van ons weet dat ons geloof en vertroue juis in donker tye versterk word. Daardie oomblik wanneer jy dink jy kan nie meer nie dan weet ek en jy …maar HY kan. Dis mos maklik om Hom te loof as dit goed gaan, maar wanneer dit lyk asof alles uitmekaarval en Hom te loof omdat jy WEET Hy is steeds in beheer, dit is nie maklik nie. Nogtans wil ek vir jou sê, wanneer jy jouself aan God en Sy wil onderwerp, sal ook dit wat jy nou beleef ten goede meewerk, al lyk dit nie nou so nie. Soms is die enigste manier hoe Hy ons weer kan laat terugdraai na Hom juis donker tye.

Ps 30:12 U het my weeklag vir my verander in ‘n koordans, U het my roukleed losgemaak en my met vreugde omgord; 13 sodat my eer U kan besing en nie swyg nie. HERE, my God, vir ewig sal ek U loof.

Ps 31:24 Julle moet die HERE liefhê, al sy gunsgenote! Die HERE bewaar die getroues en vergeld hom oorvloedig wat trots handel. 25 Wees sterk, en laat julle hart sterk wees, almal wat op die HERE wag!

Rom 8:28  En ons weet dat vir hulle wat God liefhet, alles ten goede meewerk, vir hulle wat na sy voorneme geroep is.

GEBED vir VANDAG H

Onse Vader, baie dankie dat U juis ons donker oomblikke gebruik om ons geestelik te verlig, sodat ons U handewerk kan aanskou. Ek bid vandag vir elkeen onder die letter H. My Vader ek vra dat U hulle geestelik sal versterk om kragtig vir U op te staan, maak nie saak wat gebeur nie. Wil U hulle seën met ‘n hemelse seën vandag. In Jesus se Naam . Amen

Geseënde dag aan elkeen

You Tube:

Skakels oor vas.

https://youtu.be/S7YAKvrbnkw Deel 4 Ninevé se vas, ons Wapen teen Bose geeste, ons moet kies.

https://youtu.be/Zcs-MjdrVWc Deel 3 Vas en Medikasie,  Probleme tydens vas. Bybels tekste oor vas

https://youtu.be/xtM_BWsonFw   Deel 2

https://youtu.be/WRmcCzr9g3c  Deel 1

Die offer

https://youtu.be/BAXyZF_6oh8  -Deel 1

https://youtu.be/h9w6NicWKiY   -Deel 2

https://youtu.be/CHztsItN5fE

http://www.facebook.com/Blye.Versekering#!/Blye.Versekering

Blye Versekering Webtuiste:  http://www.go.to.co.za/lenten

Nuwe intekenare is welkom

blye.versekering@gmail.com  

blye.versekering.audiocd@gmail.com

Gebedsversoeke kan gestuur word aan

gebed.asseblief@gmail.com 

 

Chicken a la King ~ Banting

Woumarie

Ingredients:
½ Onion
2 Chicken Breasts
½ Red/Green Pepper
125g Mushrooms
250ml Cream
Salt & Pepper to taste
2 Tbsp. Butter
Served with a side of cauliflower-rice.

Method
Cut the chicken breasts into strips, chop up the onions finely and slice the peppers and mushrooms thinly. Heat the butter in a pan and fry the onion until translucent. Add the red pepper and mushrooms and fry until soft. Add the chicken and salt and pepper and continue to fry on medium heat, until the chicken is cooked. Add the cream, and allow the food to simmer for about 5 minutes Season to taste.