Maalvleis – skorsies

Bestanddele
3 groot skorsies, sny in helfte, verwyder al die pitte, maak holte mooi met lepel, kook in kokende water vir so 20 minute, dreineer goed, plaas nou die skorsies in bakplaat, sit bietjie botter in elke skorsies,
Maalvleis so 500 gram is genoeg
1 ui baie fyn gekap
1 teelepel kerrie
1 teelepel tiemie
3 eetlepels blatjang
2 eetlepels appelkoosfontyt
3 eetlepels tamatiesous
1 eetlepel worcestersous
sout en peper na smaak
parmasaan kaas, gerasper

Metode
Meng al die bestandele vir balletjies in mengbak.

Maak balletjies, sit in elke holte van die skorsies ‘n balletjie vleis, strooi nou kaas oor, bak in voorverhitte tot gaar.

Bedien warm saam enige groente.

Advertisements
 

Mash potato dumplings

Bestanddele
500 gram aartappels, gekook in skil, skil afgetrek en daarna fyn gedruk (mash)
1 Large eier, geklits
1/2 teelepel sout (of na smaak)
2 koppies ALL PURPOSE FLOUR

Metode
Meng in groot mengbak die aartappels, eier, sout, meel, tot sag maar moenie dit te veel meng nie, dit word dan taai.

In ‘n groot kastrol, kook water en sout.

Strooi meel oor skoon kombuis oppervlak of hout bord, smeer meel aan jou hande ook, rol die aartappel deeg, bietjie op ‘n slag, rol die deeg in stukkies,ek sny dit nie ewe groot nie, sny so groot soos jy dit wil hê. Plaas hierdie gesnyde deeg in kokende water, verminder die hitte en kook tot gaar, amper bruin, haal uit water, sit in bak.

Smelt in pan 3 eetlepels botter, voeg 3 eetlepels brood krummels by, meng goed.

Gooi nou hierdie botter en brood krummels oor kluitjies.

Bedien warm.

 

Three Cheese Mashed Potatoes

Bestandele

  • 6 medium aartappels, geskil en in blokkies gesny
  • 1 eiers geklits
  • 1 koppie Cheddar kaas, gerasper
  • ½ koppie cream cheese, versag
  • ¼ Parmesaan kaas, gerasper
  • ¼ koppie botter
  • ¾ koppie melk
  • 1 teelepel sout
  • ¼ teelepel pepper
  • Ekstra Parmesaan kaas
  • Paprika vir kleur

Metode

  1. Kook aartappels in water tot sag, ongeveer 15-20 minute. Dreineer en mash.
  2. In ‘n aparte bak klits eiers. Voeg melk, kaas, botter, sout and pepper by en roer dit.
  3. Voeg mashed potatoes by kaas en eier mengsel en meng deeglik.
  4. Verdeel in gesmeerde bak. Bak in warm oond 180 grade ongeveer 25-30 minute.
  5. Strooi ekstra Parmesaan kaas oor sit terug in oond en bak tot mooi bruin.
 

Mashed Potato Croquettes

Bestandele

  • 2 koppies mashed potatoes
  • 2 eiergele
  • 1/2 kop gerasperede Parmesaan kaas
  • 2 eetlepels  vars gekapte chives plus ekstra vir versiering
  • 1 eetlepel meel
  • 1 koppie brood krummels
  • 2 eiers
  • 3-4 koppies vegetable of  canola oil
  • Sour cream, indien verkies

Metode

  1. In groot meng bak, meng potatoes, chives, eiergeel, Parmesaan kaas, en meel.
  2. Meng deeglik en rol  in golf bal grootte balletjies.
  3. In klein meng bak klits 2 eiers.
  4. Plaas brood krummels in klein bak
  5. Druk croquettes in eier, dan in brood krummels.
  6. Verhit oil tot medium-hoog hitte.
  7. Plaas croquettes in warm olie, gebruik teelepel om dit om te draai, sodra dit mooi bruin is, is dit reg. +- 3 minute
  8. Dreineer dit.
  9. Bedien warm met sour cream en ekstra chives.
 

Gebraaide aartappel balletjies

Moeg om mash te eet, ek maak graag die volgende met mash.

Vir hierdie gereg maak ek die gravy aan en vries dit oornag.

BESTANDELE:

  • 1 koppie gravy
  • 4 koppies koue mashed potatoes
  • 3 gram cream cheese, sag, kan meer ook gebruik afhangende van smaak
  • ¾ kop gerasperde Parmesaan kaas
  • ½ teelepel sout
  • ¼ teelepel ground black pepper
  • 1 kop meel
  • 2 eiers, geklits
  • 1 kop broodkrummels
  • 2 kwart vegetable oil, vir braai

METODE:

  1. Gooi gravy in ‘n ysblokkie houer  en vries oornag.  Verwyder nou die gravy blokkies en sny dit in 4 kleiner blokkies.
  2. In’n groot meng bak, meng saam, mashed potatoes, cream cheese, Parmesaan kaas, sout, en pepper.
  3. Plaas meel, eiers, en broodkrummels in drie verskillende bakke. Druk 2 eetlepels mashed potatoes om 1 gravy blokkie. Druk  in meel, skud af, dip in eiers, doop dan in broodkrummels. Herhaal met die oorblywende mashed potatoes and gravy.
  4. In ‘n deep fryer, verhit oil tot warm. Braai aartappel balletjies, vir 3 tot 4 minute of tot mooi “golden” bruin.  Haal uit olie met gaatjies lepel plaas dit op kombuis handdoek rol en dreineer olie. Bedien warm.

 

 

Kluitjies vir vleis

Bestanddele
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
2 ml sout
15ml botter
1 eier, geklits
125 ml melk

Metode
Sif die droë bestandele saam. Vryf die botter in.
Klits die eier en die melk saam en voeg dit by die meelmengsel.
Meng dit met ‘n houtlepel totdat dit sag is.
Skep lepels vol op gaar bredie. Maak toe met deksel. Laat prut vir 30 min.
Moenie die deksel oplig nie!!! Haal pot van plaat af, laat rus vir 10 minute voor jy deksel oplig en opskep.

Heerlik saam potjie!

 

Samp / Stampmielies

So maak ek my samp.

2 koppies samp oornag in lou warm water, spoel deeglik af voor jy dit in Slow cooker sit.

Slow cooker werk diè beste vir samp – maar dit is hoe ek myne maak, elkeen vir hom \ haarself wat dit aan betref.

Kook die samp vir +- 6 ure, loer af en toe om daar genoeg water in is.

Sodra dit amper opskep tyd is, gooi  sout, pepper en aromat in, botter, laat dit smelt in die samp in, nou kan jy enige van die volgende in jou samp in meng: Indien jy dit iets anders wil maak met samp!

2 blikkies suikermielies \ pietersielie \ enige kruie wat kleur sal gee aan die samp (verkieslik groen)

2 blikkies ertjies

uie en bacon wat gebraai is \ enige groen kruie vir kleur

Het dit ook al gemaak met bietjie witsous wat ek maak van room nie van melk nie, vervang net die melk met houertjie room.

Samp bly maar konings kos kom wat wil!

 

 

Pampoen koekies in stroop

Bestanddele
500 ml gaar pampoen
215 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
2 ml sout
1 eier, geklits
sonneblomolie om koekies in te bak.

Stroop
15g botter
300 g suiker
200 ml mielieblom
175 ml koue water
1 kaneelstokkie

Metode
Druk die pampoen fyn en meng met res van die bestandele, behalwe die olie. Verhit die olie in pan, en braai eetlepels vol

van die beslag in warm olie, tot bruin ana albei kante. Dreineer op kombuispapier.

Maak die stroop.

Verhit die botter,suiker en melk tot koopunt. Meng mielieblom en water, roer by melkmengsel in en bring tot kookpunt.

Gooi die warm sous oor warm koekies.

 

 

Ontbyt-in-‘n-beker

Bestanddele
Kaas van jou keuse, gerasper
Tamatie, dun skywe gesny
Bacon, diced
Mushrooms, dun gesny (kan uitgelaat word, as jy nie van sampioene hou nie)
1 sny brood (sny in ronde ringetjie – met beker of wyn glas)
1 eier
sout en pepper na smaakSpuit Soufflè Dish met Spray and Cook

Metode
Pak in lae: kaas, tamatie, bacon, mushrooms and brood sirkel.
Klits eier, voeg sout en pepper by. Voeg eier mengsel versigtig by.
Microwave op 80% krag vir 5 minute.
Bedien dadelik.

 

Skommels

Pynappelskommel
500ml pynappelsap
30ml vars suurlemoensap
Helfte van ‘n blik (397g) kondensmelk
Plaas al die bestandele saam in ‘n voedselverwerker. Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in glase en dien dadelik op.
Lewer 650ml

Arbeiskommel
250g vars aarbeie, stingels verwyder en afgewas
125ml yskoue water
Helfte van ‘n blik (379g) kondensmelk
Plaas al die bestandele saam in ‘n voedselverwerker.
Verwerk tot dik en skuimerig.
Giet in glase en dien dadelik op
Lewer 500ml

VRUGTE SMOOTHIE
250ml spanspek in blokkies
150ml aarbeie in kwarte
100ml vars lemoensap
100ml vetvrye jogurt of sojamelk
30ml koringkiem
Pols al die bestandele in ‘n voedselverwerker saam tot glad. Sit dadelik voor saam met fyn ys.