Rentia se saamgooi karringmelk beskuit

Ek het letterlik koskaste leeg gemaak.
‘n Ggewone karringmelk beskuit resep geneem.
‘n Bbietjie muesli & Weetbix wat te min was vir n ontbyt.
Laaste klapper en sade en n dosie Tasty wheat.
‘n Teelepel kaneel ingesit en 2 tl vanilla saam met eiers geklop en toe 1 tl koeksoda en 1 tl bakpoeier ekstra bygevoeg.
Die geure uit die oond is heerlik.

 

Resep: Rentia van der Merwe

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Ongebakte dadel balletjies

Beshonderhede
2 eetl botter
2 eiers
500g dadels (die blokke), fyngesny
6 k klapper
1 1/5 k suiker
4 k Rice Krispies

Metode
Sit dadels in kastrol op lae hitte – laat dit net sag word. Klits eiers, suiker en botter. Voeg by dadels en kook oor lae hitte – pasop vir brand! Voeg dan Rice Krispies en klapper by en meng goed.
Rol balletjies en rol dan in klapper.

Print Friendly, PDF & Email

Warm-uit-die-oond-sjokoladekoek


Bestanddele
750 ml meel
20 ml bakpoeier
500 ml strooisuiker
250 ml sagte margarien
250 ml melk
4 ekstra-groot eiers
75 ml kakao
125 ml water

Metode
Verhit oond tot 180°C. Smeer oondpan van 33 x 26cm. Sif meel en bakpoeier saam in groot mengbak. Voeg strooisuiker, margarien, melk en eiers by. Klits vir 5 minute met elektriese klitser tot goed gemeng.
Meng goed en giet in voorbereide pan. Bak ± 40 minute of tot gaar.

Versiersel:
500 g versiersuiker
50 ml margarien
50 ml kakao
75 ml kookwater

Metode
Sif versiersuiker en kakao saam.  Voeg margarien en kookwater by en meng tot margarien gesmelt het.  Giet oor warm koek.  Bedien louwarm.

Print Friendly, PDF & Email

Florentein blokkies

Koekoes Vorster
Resep uit Keur

Bestanddele
625ml Vrugte koek mengsel
100g Fyn gekapte amandels
200g Rooi glanskersies, ge gekap
90ml Koekmeel
125g Botter
125ml Heuning**
2 Eiers, geklits
200g Donker sjokolade

Metode
Stel oond op 160C. Plaas die vrugte koek mengsels, amandels, kersies en koekmeel in groot mengbak en roer tot goed gemeng. Plaas botter en heuning in n kastrol en smelt oor matige hitte Verwyder van hitte en klits die eiers vinnig by. (ander kook dit gaar). Roer die vrugte mengsel vinnig by en meng baie goed. ***

Skep in klein gesmeerde oond panne (swiss roll panne) van ongeveer 18cm by 28cm wat met bakpapier uitgevoer is. Maak gelyk bo-op.  (Ek plaas n vel bakpapier bo op die mengsel en rol mooi gelyk en stewig vas met n koekroller” Bak vir 30 tot 35 min of tot gaar. Laat in die pan afkoel. Smelt sjokolade in n dubbel koker of die mikrogolf teen 70% en smeer bo op. Laat staan tot gestol en sny en blokkies.
Plaas in yskas toe heeltemal gestol.

Resep uit Keur

Print Friendly, PDF & Email

Banting Mosbolletjies

By Jeanette Auret

Ingredients:
2 cups almond flour
2 t coconut flour
½ t bicarbonate of soda 1 t baking powder
½ t Xanthan gum or guar gum
¼ cup Xylitol
1 ½ t aniseed
½ t salt
1 egg
½ cup buttermilk

Method:
1. Heat oven to 180°C. Line and grease a small loaf pan.
2. Mix everything together.
3. Divide into 6 balls either rolling with oiled hands or use a spoon to scoop it in.
4. Bake for 35 minutes.
5. Allow to cool 5 minutes before removing from the pan.
6. Break apart and eat with butter.
7. Can also dry them out for rusks in a low oven 70-90°C for 3 hours. Leave in oven until cool and hard.

Print Friendly, PDF & Email

Lemoen en Rosyntjie brood 2

Anna Eksteen

Bestanddele
Sap en skil van 1 lemoen
250ml rosyne
1 eier, effens geklits
30ml botter, gesmelt
500ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
125ml suiker
100g pekanneute, fyngekap

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpan van 23x13x7 cm met margarien. Vul die lemoensap aan met water tot 250ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur. Voeg die lemoensap mengsel by die droë bestanddele en meng deeglik. Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op ‘ draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.

Print Friendly, PDF & Email

Janine se Mokka Blokkies

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

 

150g Botter – kamertemperatuur

500g Versiersuiker, gesif

1 blik 360g Caramel treat kondens melk

5ml vanielje essens

30ml dubbel espresso – koud of espresso koffie poeier (ek gebruik Nescafe se espresso poeier)

2 pakkies van 200g Marie beskuitjie. In klein blokkies gebreek maar nie verkrummel nie

1 Flake

 

Smeer en voer n bakplaat van 23 x 33 cm

Room die botter en versiersuiker goed saam

Voeg die karamel kondens by en klits deeglik.

Voeg die vanilla en koffie of koffie poeier by.

Roer Marie koekies by en meg goed.

Druk die mengsel in die bakplaat vas besprinkel met die Flake.

Plaas oornag in yskas.

Sny en bêre dit in die yskas vir tot 2 weke.

**Hoe beter jou koffie gehalte hoe beter die koffie smaak.

Foto en resep: Bak vir pret en profit, Christine Capendale

 

Print Friendly, PDF & Email

Klam ryk sjokoladekoek

Ingestuur deur Okkie jansen van Vuuren

Klam ryk sjokoladekoek
BESTANDDELE
KOEK
4 ekstragroot eiers
1 koppie strooisuiker
2 koppies koekmeel
½ koppie kakao
½ koppie olie
¼ koppie melk
1 knypie sout
2 teelepels bakpoeier
1 teelepel vanilje geursel

KARAMEL SOUS
½ blik karamel kondensmelk
½ koppie water

VERSIERSEL
1 groot (100g) Bar one grof gekap
2 eetlepels melk
3 eetlepels grofgekapte gemengde neute
½ blik karamel kondensmelk

OOND OP 180C

METODE

KOEK
Klits eiers en vanielje tot donserig. Voeg die strooisuiker bietje bietjie by e hou aan klits tot liggeel. Sif koekmeel, sout, kakao en bakpoeier en meng deeglik. Meng melk en oilie en hou eenkant. Roer meel en olie mengsel biejies bietjies om die beurt by eiermensel tot glad. Spuit 26 cm ringpan deeglik met kossproei (spray & cook). Bak vir 25 tot 30 minute of tot toetspen skoon uitkom

KARAMELSOUS
Verhit kondensmelk en water in mirogolf en roer deurentyd. Giet warm oor koek sodra dit uit oond kom. Laat koek bietjie afkoel en keer versigtig uit

VERSIERSEL
Verhit bar one stukkies en melk stadig in mikrogolf . Roel karamel kondensmelk en helfte van neute by en verhit tot gesmelt
Verwyder en laat effens afkoel. Skep versiersel oor koek en sprinkel neute oor

Print Friendly, PDF & Email

SNACKWICH MAKER RAINBOW CAKES

INGREDIENTS

flour 1-1/2 cup

sugar 3/4 cup

butter 3/4 cup

eggs 3

vanilla assance 1 tsp

baking powder 1-1/2 tsp

food colors

METHOD

beat butter and sugar well till light and creamy .add egg one by one beating well after each.add vanilla essance .sieve flour and baking powder 2-3 times fold this into butter with spatula.can add 2 tbsp milk if too thick.

divide batter in 5-6 bowls add food colors .pour in greased and hot sandwich maker.close lid cook 4-5 min.remove serve.

Thank you Carien Smit for sharing

Print Friendly, PDF & Email

Rice Crispie koekies – gebak, maklik

275 g sagte botter

500 ml  suiker

10 ml vanieljegeursel

2 groot eiers, liggies geklits

340 g koekmeel

500 ml droë klapper

500 ml  hawermout

5 ml fyn kaneel

5 ml bakpoeier

3 ml sout

500 ml Rice Crispies, effens fyngedruk

kleurstrooisels, sjokolade-vermicelli en glanskersies vir versiering

Klop die botter, suiker en vanieljegeursel saam tot romerig.

Roer die res van die bestanddele, behalwe die Rice Crispies en versierings, by.

Roer die Rice Crispies versigtig deur.

Rol die deeg in klein bolletjies en pak dit op gesmeerde bakplate.

Druk dit met ‘n vurk plat. Sprinkel verskillende versierings bo-oor.

Bak die koekies vir 12 tot 15 minute in ‘n verhitte oond.

Laat dit vir ‘n paar minute op die bakplate afkoel voordat jy die koekies op draadrakkies pak om heeltemal af te koel.

Print Friendly, PDF & Email