BROODSLAAI

Lynette Muller

Bestanddele
1 brood (korsie loos) in blokkies gesny
6 eiers (fyngedruk met vurk)
6 eet lp asyn
6 eet lp suiker
1 eet lp mostert poeier
500 ml mayonnaise
blokkies kaas
gurkins in skyfies gesny

Metode.
Braai brood blokkies in diep olie en hou eenkant
Meng eiers, asyn, suiker en mostert poeier saam oor lae hitte – roer gereëld sodat nie aanbrand
Haal af van hitte voeg mayonnaise by
Meng brood en sous 1 uur voor opdiening, voeg kaas en gurkins by

Advertisements
 

Lemoen En Rosyne Brood

Rhohanja

Bestanddele
Sap en skil van 1 lemoen
250ml rosyne
1 eier, effens geklits
30ml botter, gesmelt
500ml koekmeelblom
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
125ml suiker
100g pekanneute, fyngekap

Metode
Voorverhit die oond tot 180C. Smeer ‘n broodpan van 23x13x7 cm met margarien. Vul die lemoensap aan met water tot 250ml. Voeg die gerasperde lemoenskil asook die die rosyne by. Meng die eier en botter en voeg by. Meng goed. Sif die koekmeelblom, bakpoeier, koeksoda en sout saam. Voeg die suiker en gekapte pekanneute by en meng deur. Voeg die lemoensapmengsel by die droë bestanddele en meng deeglik. Skep in voorbereide pan en bak 1 uur lank of tot gaar. Laat effens afkoel en keer uit op ‘n draadrak. Laat heeltemal koud word voordat dit gesny word. Dien op saam met botter.

 

Murgpampoentjiebrood

Rohanja

Bestanddele
250ml kookolie
250ml suiker
3 eiers
500ml koekmeel
250 nutty wheat
5ml bakpoeier
2ml koeksoda
2ml sout
1ml neutmuskaat
15ml fyn kaneel
500ml fyn gerasperde jong murgpampoentjie
125ml rosyne
5ml vanielljegeursel

Metode
Klits olie en suiker saam. Voeg die eiers een vir een by en klits goed na elke byvoeging. sif droë bestanddele saam en voeg semels by wat in sif agterbly. Voeg om die beurt met murgpampoentjie by geroomde mengsel. Roer rosyntjies en vanielje in en skep in ‘n gevoerde 23 cm brood pan. Bak 50 -60 minute in voorverhitte oond teen 160C.

 

PUMPKIN  RAISIN  BREAD

Rika Theron

Ingredients:
400 g sifted flour,
5 ml baking powder,
10 ml bicarbonate of soda,
8 ml salt,
5 ml cinnamon,
2,5 ml ground cloves,
70 g chopped nuts,
100 g raisins,
465 g sugar,
155 g butter,
4 eggs,
175 ml water,
500 g cooked pumpkin.

Method
Preheat oven (180°C).  Mix together flour, baking powder, bicarbonate of soda, salt and spices, sift.  Toss nuts and raisins lightly in flour, add to mixture.  Put sugar and butter into another bowl, beat until creamy.  Add eggs, one at a time, beating well after each, then add pumpkin.  Add flour mixture and water, folding until thoroughly mixed.  Put into 2 greased loaf tins and bake for 1 hour.

 

Sjokolade brood poeding met Meringue

Lus vir ‘n warm sjokolade lekkerny?
Dan is hierdie maklike broodpoeding net die ding.

•    250 ml room
•    250 ml melk
•    4 ekstra groot eiers, geskei
•    1 ekstra groot eier, ekstra
•    45 ml kakao
•    125 ml strooisuiker
•    6-8 dik snye dag oue witbrood, korsies afgesny en kleiner gesny
•    125 ml gekapte donker sjokolade
•    Knippie sout
•    180 ml strooisuiker, ekstra Kakao. om oor te sif

Voorverhit die oond tot 150C.
Klits die room. melk. 4 eiergele en 1 heel eier saam met die kakao en strooisuiker tot gladde mengsel.
Giet die sjokolademengsel oor die brood en laat dit staan vir 10 minute.
Pak nou die brood in ‘n gesmeerde middelslag-oondbak en sprinkel die gekapte sjokolade oor.
Giet enige orige sjokolademengsel (waarin die brood geweek het) ook oor.
Bak vir ongeveer 30 minute tot die poeding opgepof en die sjokolade vla ferm is.
Klits die eierwitte met ‘n knippie sout tot sagte punte vorm.
Begin voeg die strooisuiker lepel vir lepel by terwyl jy aanhou klits.
As al die suiker bygevoeg is, klits vir nog 1-2 minute.
Haal die poeding uit die oond en skep die meringue bo-op.
Smeer dit effens sodat die hele poeding bedek is.
Sit terug in die oond en bak vir ‘n verdere 15 minute tot die meringue goudbruin is bo-op.
Haal uit die oond, sif ‘n klein bietjie kakao oor en sit warm voor met roomys of vla.
Lewer 8-10 porsies.

Bron en foto: Loubou.com
Resep: Arina du Plessis

 

Braaivleis Broodjie

Rohanja

Bestanddele
500ml fyn gerasperde wortels
425ml kookwater
30ml olie 
15ml heuning
500ml mieliemeel
2ml rooipeper
5ml sout
4 ekstra groot eiers, geskei

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en voer twee broodpannetjies se bodem met bakpapier uit.  Smeer of spuit die pannetjies. Meng wortel, kookwater, olie en heuning. Sif mieliemeel, peper en sout saam en voeg by die wortelmengsel. Klits eiergele en voeg by die mengsel. Klits eierwitte tot stywepuntstadium en vou dit liggies in by die mengsel. Skep mengsel in pannetjies en bak 45-50 minute.

 

 

Knoffel-Pizza Brood

1 Pakkie gekoopte deeg of maak jou eie

500g witbroodmeel
10ml suiker
10ml sout
12,5ml kitssuurdeeg
25ml botter of margarien
300-325ml koue water

BOLAAG
125g sagte botter
2 knoffelhuisies, gekneus
15ml gekapte vars pietersielie

Meng die broodmeel, suiker, sout en suurdeeg saam in ‘n mengbak.
Smelt botter of margarien, voeg water by en roer by droë bestanddele.
Meng om sagte deeg te verkry.
(Indien deeg te styf is, voeg nog ‘n bietjie water by.)
Knie 10 minute lank tot glad.
Rol uit om in ronde vorm van sowat 25 cm te pas.
‘n Ysterpot is baie geskik. Bedek met gesmeerde kleefplastiek en laat rys tot grootte verdubbel het.
Meng botter, knoffel en pietersielie.
Smeer helfte daarvan oor deeg. Bedek en bak 45-50 minute lank tot gaar oor kole.
Smeer res van bottermengsel oor pizzabrood en laat in deeg intrek.
Lewer 10-12 porsies.

 

Karringmelk volkoring ­broodjie

 

450g volkoringmeel

30g semels

5 ml sout

70 ml koeksoda

30 ml bruinsuiker

30 ml kookolie

500ml karringmelk plus ongeveer 50 ml melk om houer mee uit te spoel

Meng droe bestanddele. Meng olie, karringmelk en mel k en voeg by. Meng goed en skep in gesmeerde broodpan. Bak 50-60 minute by 180°C of tot gaar. Keer op n afkoelrak uit.

Lewer 1 broodjie.

Variasie

Strooi sesame, papawer of sonneblomsaad oor deeg voordat dit gebak word.

 

Kitsbruinbrood


8 kop. growwe meel.
2 teel. suurdeeg kop. lou water
I h desertlepel sout (of 2 teelepels)
I eetl. heuning
I eetl. kookolie

Neem 3/4 kop. lou water met I teel. suiker.
Strooi gis daarop en laat oplos.
Gooi alles bymekaar en maak aan met lepel.
Laat rys en bak.

Bron: Limmie Poggenpoel

 

POTBROOD:

Lynette Muller
[EEN RESEP MET 6 VARIASIES – WAT MEER KAN JY VRA?]

Bestanddele
6 koppies witbroodmeel
2 pakkies gis
10ml sout
10ml suiker
2 koppies louwarm water (dit help met die gis proses wat die deeg laat rys)
knerts melk
knerts botter

MAAK DAN SO:
Smeer platboompot en deksel met botter.
Meng alles bymekaar en knie tot jy ‘n eenvormige deeg het.
Plaas in pot en laat rys tot die deeg lekker geswel het.
Knie weer en bak die brood oor matige kole, onthou kole op die deksel.

ALTERNATIEF: #2
Bogenoemde mengsel met kaas en bits o bacon. Meng met al die ander bestandele.

ALTERNATIEF: #3
Bogenoemde mengsel met biltong. Weereens meng met ander bestandele.

ALTERNATIEF: #4
Bogenoemde mengsel met ‘n tamatie en uie mengsel bo-oor deeg.

ALTERNATIEF: #5
Bg mengsel moet uitgerol word soos ‘n pizza. Plaas pizza deeg in pot sodat dit oor die kante hang.
Plaas een laag hoenderstukke in pot, met bits o bacon, opgekapte mushrooms, uie etc na aanleiding van geur. Vou dan die res van die pizza deeg wat oor die kante hang sodat dit half soos ‘n pastei lyk.
Hierdie brood / hoender konkoksie sal so 2 ure neem ten minste.

ALTERNATIEF: #6
Instede van ‘n hele brood kan jy bolletjies rol uit die deeg en dit plaas in die pot – dus kry jy buns en nie ‘n brood nie. Ek volg nooit presies afmetings nie. Ek gooi als by so met die oog en soos ek goeddink…so los die maatbeker by die huis. Daar is baie ander bestandele om by te voeg asook plaasvervangers soos bruinbroodmeel etc, gebruik bietjie die grysstof tussen die ore…