KORINGROERBROOD

Anna EKsteen

Bestanddele
5 x 250 ml gaar koringkorrels
6 x 250 ml bruinbroodmeel
2 x 10 g kitssuurdeeg
25 ml sout
60 ml bruinsuiker
125 ml kookolie
1 liter louwarm water

Metode
Meng die koringkorrels, bruinbroodmeel, suurdeeg en sout in´n mengbak. Plaas die suiker, olie en water in ´n ander mengbak en roer tot goed gemeng. Voeg dié mengsel by die droë bestanddele en roer goed deur. Skep die deeg in twee gesmeerde broodpannetjies Laat op ´n warm plek rys tot gelyk met die borand van pan. (Dit duur sowat ´n halfuur; die brood rys ook terwyl dit bak.) Stel intussen die oond op 200C. Wanneer die deeg gereed is, bak sowat een uur tot gaar in die voorverhitte oond. Die brood is gaar as ´n mens ´n hol klank kry wanneer jy dit onder met die kneukels klop.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Suurdeeg

Rasper 1 aartappel baie fyn.
Voeg die volgende by:
2 teelepels suiker
1 teelepel sout
1 sakkie kitsgis – sommer hierdie 10g blou, groen of pers pakkies wat so 70 sent kos in supermarkte. Die pers rys baie goed, want dit het Vitamiene C in. Gooi dit dan in ‘n glas houer / outydse can fruit bottel.
Maak vol met lou water (seker omtrent so 500 ml ) – te warm water sal die gis doodbrand en dan werk dit nie. Sit sommer ‘n piering bo-op om toe te maak, want die aartappels gaan na boontoe styg en moontlik oorkook.
Dit moet die heeltyd by kamer temperatuur wees Dit is die teken dat dit gewerk het. – Jou plantjie is suksesvol.
As jy nou wil afskep om te bak, kan jy dit omroer en twee derdes gebruik om mee te bak. Die een derde wat oorbly, bly in die bottel en jy gooi dan net die suiker, sout, aartappel en water weer by.
Print Friendly, PDF & Email

Aartappelsuurdeeg


 2 medium aartappels
 500 ml gekookte water
 3 ml aktiewe droë gis of 5 g persgis
 125 ml lou water
 25 ml suiker
 10 ml soutfles met deksel
 Was, skil en rasper die aartappels, gooi kookwater oor en laat afkoel.Week die gis in die 125 ml lou water.Meng die suiker, sout en geweekte gis goed met die lou aartappelmengsel, gooi in die fles en skroef toe maar nie styf vas nie.Maak warm toe en laat vir 6 tot 8 ure lank of oornag op ‘n warmerige plek staan. Die suurdeer sal skuimerig word en fles vul of selfs uitloop as die gis baie aktief is. Daarom moet die fles nie dig toegeskroef word nie, want dit kan bars.As dit te lank gelaat word verswak die gis.Afname in volume is teken daarvan.Hou 250 ml gis in die toe fles vir ‘n plantjie. Syg die res deur ‘n draadsif as die aartappels grof gerasper is of gebruik net so as dif fyngerasperde aartappels is.Knie volgens die insuur- of direkte deegmetode.
Print Friendly, PDF & Email