Sjokolade Koek

Elderie Claassen

Bestanddele Koek
1½ k Meel
1 k Melk
1 k Suiker
¼ t Sout
2 t Bakpoeier
½ k Olie
¼ k Kakao
½ k Kookwater
4 Eiergele
4 Eierwitte

Bestanddele Sous
¾ Blik Ideal Melk
½ k Suiker

Bestanddele Versiering
2 Slabs Haselneut sjokolade
¼ Blikkie Ideal Melk

Metode Koek
Klits eierwitte tot styf. Meng droë bestanddele. Maak gaatjie in droë bestanddele. Voeg eerste olie, dan kakao gemeng met water en eiergele by. Klits goed. Voeg bakpoeier by eierwitte en klits weer. Vou eierwitte in by mengsel. Bak teen 180º C vir 30 tot 40 minute.

Metode Sous
Kook Ideal melk en suiker saam. Maak gaatjies in koek met dun voorwerp. Gooi stroop oor koek. Laat koek heeltemal afkoel.

Metode Versiering
Smelt sjokolade saam met ¼ Blikkie Ideal melk en gooi oor koek.

Advertisements
 

Sjokoladefudge Brownies

Bestanddele Koek laag
250 g Botter of margarien
188 ml Goue stroop
100 g Bak sjokolade
63 ml Kakaopoeier
188 ml Bruinsuiker
125 ml Karringmelk

Bestanddele Klop saam
2 Ekstra groot eiers
85 ml Karringmelk

Droë Bestanddele
500 ml Koekmeel
8 ml Koeksoda

Bestanddele Sjokolade Bolaag
94 g Botter of margarien
34 ml Gouestroop
168 g Kondensmelk
25 ml Bakpoeier
75 g Bak sjokolade
375 ml Versiersuiker
3 ml Vanielje geursel
Knippie sout

Metode
Voorverhit oond tot 180° C. Voer die tertbak uit met waspapier en spuit dit goed. Plaas al die bestanddele vir die koek laag in ‘n kastrol en verhit dit oor lae hitte totdat die botter smelt. Roer tot glad en laat afkoel. Klop die twee groot eiers en karringmelk van klop saam, saam. Voeg nou die warm koek laag bestanddele by 2/3 van die eiermengsel. Sif al die droë bestanddele saam. Klits 1/3 van die eiermengsel by die droë bestanddele, behalwe die neute, en roer to glad. Voeg nou die res van die warm eiermengsel by die droë bestanddele en meg weer tot glad. Voeg nou die neute by.
Gooi in pan en bak vir 30 minute. Plaas die eerste 5 bestanddele van die warm bolaag in ‘n kastrol. Smelt oor ‘n lae hitte. Bring geleidelik tot kookpunt. Roer aanhoudend om brand te voorkom. Klop versiersuiker en vanielje by. Smeer oor die warm koek sodra uit die oond en laat afkoel. Sny en geniet.

Wenk
Die sjokolade bolaag is ook baie heerlik saam met roomys.

 

Maaskaas koek

Erline Jordaan

Bestanddele
750 ml Koekmeel
375 g Sagte botter
250 g Gladde Maaskaas
750 ml Strooisuiker
10 ml Vanielje geursel
6 Groot eiers by kamertemperatuur

Metode
Sif meel in mengbak en hou eenkant. Smeer tuitpan goed en voorverhit oond tot 180°C. Verroom botter, maaskaas, suiker en geursel tot lig. Klop eiers een vir een by en meng goed na elke byvoeging. Sif meelmengsel weer en meng in met metaallepel. Skep in pan en bak vir 1½ uur. Eet louwarm.

 

Lemington’s

Bestanddele – Koek
4 eiers
½ k Suiker
1 k Botter
3 k Meelblom
2 t Kremetart
½ t Sout
1 k Melk
1 t Koeksoda
2 t Vanieljegeursel

Bestanddele – Versiering
500 g Versiersuiker
125 g Sagte Botter of margarien
3 e of meer Kookwater
1 t Vanieljegeursel
4 e Kakao ½ t Amandelgeursel
Klapper

Metode – Koek
Klop die eiers en suiker baie goed saam. Smelt die botter en vog by die suiker mengsel en klits weer goed. Sif die meelblom, kremetart en sout saam en voeg dit om die beurt met die melk by. Los die koeksoda in ‘n klein bietjie melk op en voeg by.
Meng deeglik. Gooi in gesmeerde pan van ongeveer 45 cm by 25 cm. Bak by 12 tot 15 minute by 200°C. Wanneer koek afgekoel is sny in blokkies.

Metode – Versiering
Meng alles goed saam. Indien die mengsel te styf is kan ‘n klein bietjie meer water bygevoeg word. Bedek die blokkies met die versiering. Rol elke blokkie in die klapper en laat droog word.

Wenk
Die blokkies kan ook in gladde appelkoos konfyt gedoop word en dan in klapper gerol word.

 

Kaaskoek (1)

Ina & Marie 

Bestanddele
1 Pakkie Tennis Beskuitjies
4 e Botter
175 ml Kookwater
3 t Gelatien
4 t Rooi Jellie
250 ml Room
1 Bakkie gladde maaskaas
3 e Suurlemoensap
1 Blik Kondensmelk
Aarbeie

Metode
Maak beskuitjies fyn en meng met botter. Plaas in tertbak as kors. Meng jellie en gelatien met kookwater en plaas in yskas om af te koel. Klop room styf en voeg maaskaas by – moet nie te veel meng nie. Meng Suurlemoensap en kondensmelk by gelatien. Voeg alles saam en plaas in tertbak. Pak aarbei bo-op as versiering.

Wenk
Aarbei kan onder op die beskuitjies ook gepak word en die mengsel kan dan bo oor gegooi word. Die aarbeie kan vars of ge-blik wees.

 

Devil’s Food Cake

Bestanddele
1 k Sjokolade gerasper
½ k Suiker
½ k Kondensmelk
1 t Vanilla essence
1 k Suiker
½ Margarien
2 Eiers
½ k Kondensmelk
2 k Koekmeelblom
1 t Bakpoeier

Metode
Smelt die sjokolade, ½ k suiker, ½ kondensmelk oor ‘n lae hitte. Voeg vanilla by en laat eenkant staan. Meng nou die 1 k suiker en margarien. Klits die eiers en voeg by.
Voeg die kondensmelk by. Voeg die meel en bakpoeier by en meng goed. Roer die sjokolade mengsel by die deeg. Gooi nou die mengsel in ‘n gesmeerde pan.
Bak in ‘n matige oond tot gaar.

Wenk
Indien u voel dat die kondensmelk die koek te soet gaan maak, vervang die helfte of al die kondensmelk met melk.

 

Blended Splendor

Hettie Henning

Bestanddele
½ k Margarien
4 e Bakpoeier
¼ t Sout
½ t Naeltjies
2 t Kaneel
½ t Nutmeg
2½ k Meel
1¼ k Suiker
2 e Kakao
Melk

Metode
Meng al die droë bestanddele. Sny Margarien in. Meng mengsel met melk tot gewone koekdeeg dikte. Gooi mengsel in koekpanne en bak vir ½ uur by 180°C.

Wenk
Hierdie koek is vreeslik maklik om te maak en baie lekker ook daarby. LW: In hierdie koek word daar nie eiers gebruik nie.