SOETKOEKIES SONDER EIERS

Lynette Muller

Bestanddele
500ml suiker.
10ml Koeksoda
250ml melk
250ml varkvet
6x250ml meelblom
7,5ml sout

Metode
Kook die suiker melk saam Laat afkoel Vryf die varkvet in meel sout in Meng dt met di afgekoelde melkmengsel. Rol dun uit druk af plaas op n bakplaat en bak 180C vir 15min

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

KOFFIE KOEKIES

Anna Eksteen

Bestanddele
750ml botter 
250ml suiker
25ml stroop
25ml koffie ekstrak
5ml vanilla    
60ml melk
5ml koeksada   
5 koppies koekmeel
½ teelepel sout

Metode Koekies
Klop botter en suiker goed. Meng melk en koeksoda.Meng alles met koekmeel en knie. Gebruik vleismeule of koekiedrukker en sny koekies. Bak ± 20 minute by 180C.

Vulsel
250ml suiker     
125ml melk
250ml botter
5ml vanilla

Metode Vulsel
Kook alles saam vir 5 minute. Klop tot koud en styf. Skep in gaar koekies en sit op mekaar.

Print Friendly, PDF & Email
 

GEMMERKOEKIES:

Anna Eksteen

Bestanddele
125 ml botter                                                                
125 ml gouestroop
1 eier
750 ml koekmeelblom
250 ml suiker
15 ml gemmer
5 ml koeksoda
2 ml sout
35 ml melk

Metode
Voorverhit die oond tot 180C en smeer ‘n bakplaat. Smelt die botter en roer die gouestroop by. Laat afkoel. Klits die eier by. Sif die droë bestanddele saam en roer dit afwisselend met die melk in die stroop-mengsel. Verkoel deeglik in die yskas tot dit styf genoeg is om te vorm. Maak balletjies en sit dit op die bakplaat. Druk dit effens plat met ‘n vurk. Bak vir ongeveer 10 minute tot lig-bruin.

Print Friendly, PDF & Email
 

KONFYTSKYWE

Lynette Muller

Bestanddele
500ml koekmeel
15 ml bakpoeier
1 ml sout
125 g botter/margarine
25 ml kookolie
100 ml suiker
1 ekstra groot eier
Appelkoos of enige ander konfyt

METODE:
Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam. Verroom die botter, kookolie , suiker en eier saam. Voeg die meelmengsel by die eiermengsel en meng tot ‘n deeg vorm. Druk twee derdes van die deeg taamlik dun met die vingers op die boom van ‘n oondbak met ‘n volume van ongeveer 2 liter. Smeer appelkooskonfyt oor die deeg. Rasper oorblywende deeg grof bo-op. Bak totdat die deeg begin verbruin op die middelste oondrak by 180 C. Bak vir + – 20 min. Sny in blokke sodra dit afgekoel het.

Print Friendly, PDF & Email
 

Dadelwieletjies

Okkie Jansen Van Rensburg

Bestanddele Vulsel
1 pakkie (250g) dadels, gekap
½ koppie (125ml) rosyntjies
150ml water
1 eetlepel (15ml) brandewyn
1 pakkie (100g) gevlokte amandels, gekap

Bestanddele Deeg
2 koppies (500ml) koekmeel
1 teelepel (5ml) koeksoda
2 teelepels (10ml) kremetart
½ teelepel (2,5ml) kaneel
knypie sout
knypie gemengde speserye
¾ koppie (187ml) strooisuiker
½ koppie (125ml) olie
1 koppie (250ml) water

Stel oond op 180 ºC.

Metode Vulsel
Kook dadels en rosyntjies in water vir 2 minute in mikrogolfoond. Roer brandewyn en amandels by en laat eenkant om af te koel.

Metode Deeg
Sif al die bestanddele behalwe suiker, olie en water saam. Roer suiker by gesifte bestanddele. Roer olie en water bymekaar en roer by gesifte bestanddele. Vorm deeg en rol tot redelik dun op ‘n meelbestrooide oppervlak in reghoek van ongeveer 50 cm x 30 cm uit. Smeer vulsel op uitgerolde deeg en rol in breedte op soos ‘n rolkoek. Draai deegrol toe met kleefplastiek en plaas in yskas vir 5 ure. Sny deeg in 1 cm- skyfies, plaas op gesmeerde bakplaat en bak vir 12 minute of tot goudbruin. Lewer ongeveer 60 koekies

Print Friendly, PDF & Email
 

FANTA VANILJIEKOEKIES

Lynette Muller

Bestamddele
400 g koekmengsel
1 eier
60 ml botter / margarien, gesmelt
80 ml Fanta lemoen (soda koeldrank- die met die gas in)
Voorverhit die oond tot 180 °C.

Metode
Klits die eier saam met die gesmelte margarien en Fanta. Meng dit in ‘n groot mengbak met die koekmengsel. Skep eetlepelsvol op ‘n gesmeerde bakplaat, ongeveer 4 cm van mekaar af. Bak vir ongeveer 15 minute. Die koekies sal sag bly in die middel

Koekmengsel
https://af.hiloved.com/tuisgemaakte-koekmengsel/

Wat jy benodig
7 1/2 koppies meel (gesif)
1 eetlepel sout
4 1/2 koppies suiker
2 eetlepels bakpoeier
3/4 koppie botter (koud)

Hoe om dit te maak
In ‘n baie groot bak kombineer meel, sout, suiker en bakpoeier en meng goed om te meng. Sny die botter in klein stukkies en plaas in die voedselverwerkersbak saam met 2 koppies meelmengsel. Bedek en verwerk totdat die mengsel baie fyn is. Maak seker dat die botter heeltemal eweredig in die meelmengsel versprei is. As dit nie die geval is nie, sal u koeke ongelyke tekstuur hê en elkeen sal anders vertoon.

Keer terug met die oorblywende meelmengsel en meng goed met ‘n draadklitser.

Verdeel die koekmengsel in drie gelyke gedeeltes (sowat 4 koppies elk) deur die mengsel liggies in maatbolletjies te skop en met die agterkant van ‘n mes af te gelyk.

Plaas elke porsie in ‘n vierkante glasbottel of ‘n swaar regs-ritssluit-plastieksakkie. Bedek deeglik en stoor in die yskas vir tot ‘n maand, of in die vrieskas vir tot 3 maande. Elke deel van die koekmengsel sal twee 8 “koeke of een 13×9” koek maak.

Print Friendly, PDF & Email
 

Irresistible Shortbread

Rohanja

Ingredients
500 ml (2 cups) Cake Flour
100ml Huletts White Sugar
45 ml (3 tbsp) Cornflour
Pinch of Salt
5ml vanilla
250 g Butter (soft, but not melted)
Huletts White Sugar, for sprinkling

Method
Place all the ingredients in a food processor and process until combined into a ball. Do not over-process. If you don’t have a food processor, work the mixture with your hands until combined. Press the mixture into an oblong tray (or two 20 cm round pie dishes). With the prongs of a fork, prick the mixture well. Bake at 160oC until it just starts to turn golden (35–40 minutes). Remove from the oven and immediately slice into serving portions. Sprinkle with extra sugar while hot. Hint: It is important that the butter is soft, though not melted. For best results use butter, not margarine

Print Friendly, PDF & Email
 

Oats koekies

Rohanja

Bestanddele
2 k suiker
2 k meel
2 k oats
4 ml sout
250 g botter
30 ml stroop
10 ml koeksoda
60 ml water

Bestanddele
Meng suiker, meel, oats en sout saam. Smelt botter en stroop saam. Los koeksoda in water op en roer by stroopmengsel. Meng meel en stroopmengsel goed saam. Bak 15 min. by 150° tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
 

Kitspoeding koekies

Rohanja

Bestanddele
2 k suiker
500 g botter
4 eiers
1 kg bruismeel
2 pk kitspoeding enige geur

Metode
Room suiker en botter. Eiers een vir een by en klits goed. Sif meel en poeding oor mengsel en meng tot deeg vorm. Rol deeg uit en druk koekies met vorm uit. Bak 15 min by 180°.

Print Friendly, PDF & Email