Chakalaka Broodjie of Muffins

Lynette Muller
Resep vir Broodjie of muffins

Bestanddele
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur / sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper

Metode. 
Voorverhit oond tot 180°
Sif droë bestandele saam
Klits eier en chakalaka
Meng eier mengsel met droë bestandele
Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak +/- 45 minute

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Piesang Muffins

Lynette Muller
Heeerlik gemaak met baie ryp piesangs

Bestanddele
4 baie ryp piesangs
200 ml suiker
1 eier (geklits)
80 ml gesmelte botter
375 ml meel
5 ml bakpoeier
5 ml koeksoda
knippie sout
1.5 ml caramel essence (opsioneel)

Metode
Druk die piesangs baie fyn en meng met die suiker, geklitste eier, gesmelte botter en caramel essence. Sif al die droë bestanddele in en meng goed. Skep twee-derdes vol in gespuite gewone grootte muffinpanne en bak vir 20 minute by 180 grade.

Wenke:
Hierdie resep lewer ± 16 gewone grootte muffins; of 12 gewone grootte muffins én 12 mini muffintjies daarby; of ± 42 mini muffintjies.
Indien jy gewone grootte muffins én mini muffintjies se panne tegelyk in oond wil bak, haal die mini muffintjie pan na 14 minute al uit die oond, en dan haal jy die gewone grootte muffin pan eers na 20 minute uit die oond, die gewone grootte muffins sal nie platval nie.
As jy slegs mini muffintjies bak, haal hulle pannetjies almal na 14 minute al uit.

Hierdie is ‘n baie lekker klam piesang muffin resep, vinnig om te maak, en glad nie duur nie.

Print Friendly, PDF & Email
 

Ilana se Kaas & Uie Muffins

Ilana

Bestandele:
2 koppies koekmeel
4 t bakpoeier
½ t sout
2 E suiker (verkieslik bruin)
225ml karringmelk
1 eier
60ml botter (gesmelt) – NIE margarine NIE
1 ½ koppies gebraaide uie
1 x pakkie gesnipperde bacon
1 ½ koppies gerasperde kaas (sterk cheddar)
Spices (sout, peper, paprika, origanum, VARS knoffel)

Metode:
1. Verhit die oond tot 200°C. Spuit muffin pannetjies.
2. Braai bacon tot gaar. (Spice met paprika & chicken spice).
3. Braai uie tot gaar in botter / olyf olie met knoffel, voeg suiker by om te karameliseer.
4. Sif droë bestandele saam.
5. Meng melk en goed geklitste eier saam.
6. Voeg die vloeistof by die droë bestandele.
7. Meng vinnig en voeg gesmelte botter by, moenie te veel roer nie, meng net genoeg om dit klam te maak.
8. Voeg gebraaide uie, bacon & kaas by.
9. Voeg speserye by. Meng goed.
10. Drup eetlepels vol in muffin panne en bak 15 – 20 minute, of tot goud bruin.

Print Friendly, PDF & Email
 

Biltong Muffins

Lynette Muller

“Onthou jy kan rissie,sprietuie ens byvoeg”

Bestanddele
Koppie Volgraanmeel
Koppie Koekmeel
2 koppies biltong (fyn)
halwe koppie Cheddar kaas
30 ml bakpoeier
3 eiers
200ml melk
100ml kookolie
5ml sout
15ml suurlemoensap

Metode
Meng die bestandele liggies saam
Skep in gesmeerde muffin panne en bak 11-15 minute by 210°C.

Print Friendly, PDF & Email