HOENDERTERTJIES 

Rika Theron
Lewer 12 tertjies

Bestanddele: 

BESLAG: 
250 ml koekmeelblom
10 ml bakpoeier
knippie sout
varsgemaalde swartpeper na smaak
2 ml tiemie of basielkruid
2 eiers, effens geklits
250 ml melk
125 ml olie. 

VULSEL: 
400 – 500 g oorskiet, fyngekookte hoender
250 ml Cheddarkaas, gerasper.

Metode: 
Voorverhit oond tot 180°C.  Spuit kolwyntjiepanne met 12 groot holtes met kleefwerende middel.  Sif die koekmeelblom, bakpoeier en sout saam.  Geur met swartpeper en tiemie of basielkruid.  Meng die eiers en melk en voeg die olie by.  Meng goed.  Voeg by die droë bestanddele en roer aanhoudend met ‘n draadklopper sodat daar geen klonte vorm nie.  Giet die kolwyntjieholtes sowat een derde vol met van die beslag.  Skep van die gaar hoender bo-op, strooi ‘n bietjie kaas oor en skep weer van die beslag bo-op.  Die holtes moenie tot heelbo gevul wees nie.  Bak 25 – 30 minute lank tot gaar en goudbruin van bo.  Laat effens afkoel.  Sny versigtig met ‘n mes langs die kante los en verwyder uit die panne.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

SPINASIE PASTEI

Woumarie

Bestanddele
500 g-sak spinasie
300 g maer-lamsmaalvleis
1/4 t tot 1/2 t neutmuskaat, gerasper
1 1/2 t gedroogde origanum
1 medium eier
sout en varsgemaalde swartpeper
50 g fetakaas
4 velle filodeeg, elkeen 32 cm x 38 cm groot
1 t groente-olie

AANWYSINGS:
Bring ’n bietjie water in ’n groot pot tot kookpunt en voeg die spinasie by (in sarsies, indien nodig). Roer en laat dan kook tot dit verlep. Gooi dit in ’n vergiettes uit en los eenkant om af te koel. Sit die pot terug op die plaat en braai die maalvleis tot goudkleurig. Dreineer die vet en hou vleis eenkant.

Voorverhit die oond tot 200°C. Druk alle ekstra water uit die spinasie en kap dit rofweg; gooi dit in ’n groot bak. Roer die maalvleis, neutmuskaat, origanum, eier en genoeg geurmiddels by. Krummel die fetakaas oor en roer effens. Borsel een kant van elke vel filodeeg met ’n bietjie olie en voer ’n losboompan van 21 cm uit met die oliekante na onder. Maak seker daar’s geen gate onder of teen die kante nie. (Die oortollige stukke kan maar oor die kante hang.) Skep die vulsel binne-in en maak die oppervlak gelyk. Bedek die vulsel met die oorhangende deegvelle en frommel die filo lekker op.

Bak die pastei vir 20 minute lank in die oond en maak dan die metaalring van die pan los en haal dit af. Bak vir ’n verdere 10 minute totdat die kante goudbruin is. Bedien warm of teen kamertemperatuur saam met ’n groenslaai.

Print Friendly, PDF & Email

Bacon and Egg Pie

Woumarie

Ingredients
1 tablespoon olive oil
2 medium brown onions, chopped
350g rindless shortcut bacon rashers, fat removed, halved, sliced
1 3/4 sheets frozen reduced-fat shortcrust pastry, partially thawed
1 1/3 cups grated reduced-fat tasty cheddar
8 eggs
1/2 cup pure cream

METHOD:
Heat oil in a large frying pan over medium-high heat. Add onion. Cook, stirring, for 5 minutes or until softened. Add bacon. Cook, stirring, for 5 minutes or until browned. Remove from heat. Cool.

Preheat oven to 200C/180C fan-forced. Place a baking tray in oven. Grease a 6cm-deep, 20cm round (base) springform pan. Using base of pan as a guide, cut 1 circle from 1 pastry sheet. Line base of prepared pan with pastry round. Cut remaining pastry sheet into 3 equal strips. Line side of pan with pastry, trimming to fit and pressing edges together (you will have some leftover pastry).

Spoon half the bacon mixture into pan. Sprinkle with 1 cup cheese. Whisk 4 eggs and cream together in a jug. Add to pan. Sprinkle with remaining bacon mixture. Make 4 holes into mixture in pan. Crack 1 egg into each hole. Sprinkle with remaining cheese. Season with pepper. Fold 1cm of pastry over at top edge.

Place on hot tray in oven. Bake for 45 to 50 minutes or until pie is firm to touch (cover pie loosely with foil if over-browning during cooking). Stand in pan for 10 minutes. Serve

Print Friendly, PDF & Email

Ham En Kaas Pastei

Rohanja

Skilferkorsdeeg
As jy individuele pasteitjies wil maak, sny sirkles uit, plaas vulsel op eenkant, vou toe en seël die kante.

Deeg:
4 kp meelblom
4 tl bakpoeier
1 tl sout
250 g botter
Yswater

Metode deeg
Vryf smeer in droe bestanddele in, meng met yswater tot hanteerbare deeg. Rol DUN uit !!!

Vulsel:
Neem stuk ham en sny in klein blokkies. Ek het so 3 repies rou spek in stukkies gesnipper en ook so ‘n kwart ui – fyn gekap. Maak nou ‘n DIK kaassous. Die sous moet nie loperig wees nie anders bak dit uit die pastei uit.

Ek maak so:
Het 1 en half koppie koue melk in houer gegooi, so 2 hoog opgehoopte eetlepels meel ingegooi en met my whisk gemeng. Mikrogolf vir so 5 min. Whisk gereeld om klonte te voorkom. Jy gaan nou sien dit is so dik taai mengsel. Rasper klomp kaas in (ek het nie die kaas verder gesmelt nie, dit was nog stukkies kaas – roer die kaas net deur) sout en peper en so 1tl botter. Voeg die ham mengsel in en roer deur. Rol deeg uit, sit mengsel op eenkant van die deeg, sprinkle bietjie spruit uie oor, rol toe, seël kante en smeer mayonnaise oor. Ek het so bietjie pietersielie oorgesprinkel vir versiering. Bak in voorverhitte oond vir so 40 na 45 min tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email

Cornish Pastei

CORNIESE PASTEITJIES
500g aartappels, blokkies wortels
500g sagte vleis, in blokkies gesny
1 medium ui – grofgekap
10ml sout
1ml peper
10ml asyn
5ml suiker
500g meelblom
250g botter (275 ml)
yswater

Metode:
Skil die aartappels en wortels dun en sny in dobbelsteentjies. Meng met die vleis en ui en voeg sout en peper,asyn en suiker by.Maak gaar op stoof of in drukkooker en sorg dat dit nie te droog is nie. Laat afkoel. Berei `n borstertdeeg van die meelblom, botter, sout en yswater. Rol die deeg 5mm dik uit en verdeel in 8 ewegroot sirkels. Skep van die vleismengsel op die helfte van elke deegsirkel. Kwas die kante met koue water. Vou die deeg oor die vleis sodat die kante opmekaar pas. Druk die kante goed toe en rimpel om `n mooi rand te vorm. Kwas met melk of verdunde eier. Bak 200° C,15 min. Skakel die oond laer na 180° C en bak `n verdere 20 min. om te verseker dat die vulsel gaar word.

Print Friendly, PDF & Email

Herderspastei met patat-bolaag

Ingestuur deur Joey Hannekom

genoeg vir 4
6 patats, geskil en in skywe gesny
60 g (75 ml) botter
sout en swartpeper
30 ml olyfolie
1 kg maer maalvleis
1 ui, fyngekap
400 g bruin sampioene, fyngekap
2 groot wortels, geskil en fyngekap
2 stingels seldery, fyngekap
500 ml beesaftreksel
50 g (60 ml) koekmeel

Verhit oond se rooster-element. Kook patats in ’n kastrol tot sag. Dreineer water en plaas terug in kastrol. Voeg botter by. Druk fyn met ’n vurk en geur met sout. Verhit olie in ’n diep kastrol. Braai maalvleis oor hoë hitte tot bruin en gaar. Voeg ui, sampioene, wortel en seldery by en braai nog 5 minute. Voeg aftreksel by en kook oop vir 15 minute. Voeg meel by en roer goed deur met houtlepel. Geur met sout en peper. Skep uit in opdienbak. Skep patat bo-op vleis en maak gelyk met lepel. Plaas onder warm element en bak sowat 10 minute. Sit warm voor.

Print Friendly, PDF & Email

Hoender Pastei

Ingestuur deur Joey Hannekom

1 rol gekoopte blaardeeg
2 prei stingels, gesny
olie
1 pak wit sampioene, in stukkies gesny
1 pakkie sampioen soppoeier
2 k melk
1 gaar hoender, gevlok
1 eier, geklits

Voorverhit oond tot 180 C. Braai 2 prei stingels in bietjie olie, en voeg die sampioene by. Meng die soppoeier en melk en roer by. Roer aanhoudend tot dik. As te dik, voeg nog melk by. Voeg gaar hoender stukkies by soppoeier-mengsel. Skep in diep oondbak en sny bo-kors uit blaardeeg en sit bo-oor hoender. Maak ‘n gaatjie in die middel met ‘n mespunt sodat die stoom kan ontsnap. Smeer geklitste eier bo-oor en bak vir 30 minute.

Print Friendly, PDF & Email

Hoenderpastei Resep 1

(genoeg vir 8)

Resep en foto: Sarie.com

Suurroomdeeg

  • 250 g koekmeel
  • 1,5 ml fyn sout
  • 125 g botter
  • 125 ml suurroom

Hoendervulsel

  • 1,7 kg hoenderporsies met vel en been
  • 1 x 10 cm prei
  • 12 tiemietakkies
  • 2 x 5 cm roosmaryntakkies
  • 4 pietersielietakkies
  • 4 lourierblare
  • 2 selderystingels met blare, in 2 cm-stukke gesny
  • 1 groterige ui, gekap
  • 4 kleinerige wortels, in ringe gesny
  • 2 blokkies hoenderaftreksel, in 500 ml kookwater opgelos
  • 750 ml droë witwyn
  • 250gknopiesampioene, gesny
  • 125 g repiespek, in 1 cmstukke gesny
  • 600 g skoongemaakte prei, in ringe gesny
  • 3 knoffelhuisies, gekap
  • Hoenderaftrekselsous
  • 2 eetlepels (30 ml) ghee of botter
  • 4 eetlepels (60 ml) koekmeel
  • ¼ teelepel (2 ml) sout
  • ¼ teelepel (2 ml) swartpeper
  • 500 ml hoenderaftreksel wat behou en opsygesit is
  • gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen

Roomsous

  • 125 ml suurroom
  • 30 ml suurlemoensap
  • skil van 1 suurlemoen, gerasper
  • 30 ml vars gekapte of 15 ml droë dragon (tarragon)
  • 30 ml vars pietersielie, gekap
  • 3 eiers
  • 30 ml dijon-mosterd

Suurroomdeeg

Sif meel en sout saam. Sny botter in klein stukkies en vryf in meel tot dit soos broodkrummels lyk. Maak holte in middel en gooi suurroom in.

Sny room in met mes tot deeg vorm. (Jy kan dié hele proses ook in ’n voedselverwerker doen.)

Bedek deeg met kleefplastiek en sit vir 1 uur in yskas om ferm te raak.

Hoendervulsel

Verhit groot swaarboomkastrol op stoof en gooi bietjie olyfolie in.

Braai hoenderporsies tot vel mooi bruin is. Hou eenkant. Maak die bouquet garni: Sny die prei in lengte, maar nie deur nie. Vul met tiemie, roosmaryn, pietersielie en lourierblare. Bind vas met kombuistou of vleisrekkie. Sit hoender terug in die kastrol. Voeg bouquet garni, seldery, gekapte ui en wortels by. Gooi hoenderaftreksel en wyn by. Sit deksel op. Bring tot kookpunt en verlaag hitte. Prut vir 40 minute.

Verhit intussen 30 ml olyfolie in ’n groot pot oor medium-hitte. Braai sampioene tot mooi bruin. (Dis belangrik dat die water uitgekook word, anders sal dit die vulsel waterig maak.) Haal uit en hou eenkant.

Braai spek vir 5 minute oor mediumhitte in dieselfde pot en roer aanhoudend. Voeg preie en knoffel by, meng en sit deksel op. Roer gereeld en kook vir 15 minute of tot preie sag is.

Voeg gebraaide sampioene by en hou mengsel eenkant. Haal hoender ná 40 minute uit en behou aftreksel in pot.

Laat hoender afkoel, trek vel af en haal dan vleis met die hande van die bene af. Bedek vleis en hou in yskas. Gooi bene en vel terug in hoenderaftreksel in pot. Bring op stoof tot kookpunt, verlaag hitte en prut sonder deksel vir 20 minute. Gooi hoenderaftreksel deur ’n sif wat met kaasdoek uitgevoer is om minstens 500 ml hoenderaftreksel te behou.

Hou aftreksel eenkant warm om die hoenderaftrekselsous te maak.

Hoenderaftrekselsous

Smelt die ghee (suiwer bottervet) of botter in ‘n klein souspot oor medium-hitte en roer die koekmeel by tot goed gemeng. Geur met sout en peper. Voeg die warm aftreksel by. Roer nou aanhoudend vir 3 – 5 minute of tot sous verdik het. Prut nog 5 minute oor lae hitte, maar roer aanhoudend. Hou eenkant en laat effens afkoel.

Vir die roomsous

Meng die suurroom, suurlemoensap, suurlemoenskil, dragon, pietersielie, eiers en mosterd goed saam.

Maak die pastei

Verhit oond tot 200 °C.

Haal hoendervleis uit yskas en vlok dit. Voeg mengsel van gebraaide sampioene, spek, preie en knoffel by.

Voeg nou roomsous en hoenderaftrekselsous by. Meng goed deur.

Smeer ‘n metaal-pasteibak met ‘n deursnee van 24 cm en ‘n diepte van 5 cmmet botter.

Rol deeg uit om een 36 cm-deegsirkel en een 28 cm-deegsirkel uit te kry.

Voer bodem van die bak versigtig uit met die 36 cmdeegsirkel en laat 2 cm van die deeg oor die rand hang.

Klits een eier en verf die deeg met die eier om dit te seël. Giet die hoendervulsel daarin. Sit die tweede deegsirkel bo-op en vou die rand in ‘n mooi patroon om die pastei te seël, of gebruik ’n vurk.

Maak van die orige deeg blaartjies om die pastei bo-op te versier. Maak ’n 2 cm-stoomgaatjie in die middel bo-op die deeg om die stoom te laat ontsnap. Sit twee blaartjies regop om die stoomgaatjie om dit oop te hou. Verf deeg met geklitste eier – nie in stoomgaatjie nie.

Bak vir 20 minute op die tweede rak van onder in die oond.

Verlaag hitte tot 180 °C en bak vir nog 40 minute of tot die pastei mooi goudbruin is. Laat koel effe af en sit voor.

Print Friendly, PDF & Email

Fish Pie (Banting)

Pretoria Banting Market

Ingredients: (serves 6) )
400g tin of pilchards in brine
1 chopped onion
30 ml coconut oil
30 ml coconut flour
3 eggs
250 ml ful cream milk
250 ml grated cheese
salt
ground black pepper
5ml oregano

Instructions:
Preheat the oven to 180°C and grease a pie dish.
Drain the pilchards and mash them with a fork lightly fry the onions in the coconut oil Add the onion to the fish and stir.
Now add the coconut flour and eggs and stir well.
Lastly, add the milk, cheese and seasoning.
Pour all this into your pie dish and bake for 30 minutes.
The pie firms up on standing, so leave it for 10 minutes before slicing.

Print Friendly, PDF & Email

OUMA DINIE SE HERDERSPASTEI – Met maalvleis – baie lekker

Ingestuur deur Malinda van Deventer

Bestanddele
1 Ui, fyngekap
500gr Maalvleis
1 Tamatie, ontvel en fyngekap
10ml Worcestersous
1 groot Eier, geklits
1 sny Brood, korsies verwyder en gekrummel
30ml Tamatiepasta
50ml Suurroom
60ml Maaskaas
50ml Gerasperde Cheddarkaas
4 Aatappels, geskil en in stukke gesny
Paprika
Sout en varsgemaalde Swartpeper
Olie

Metode
Voorverhit die oond tot 180°C.
Bespuit ‘n oondvaste bak met kleefwerende kossproei.
Soteer die ui in olie tot sag.
Voeg die maalvleis by en roerbraai tot gaar.
Voeg die tamatie by en geur met sout en peper.
Voeg die worcestersous en tamatiepasta by en meng deur.
Verwyder van die hitte en voeg die broodkrummels en eier by en meng goed.
Kook die aartappels tot sag.
Dreineer en druk goed fyn.
Voeg die maaskaas en suurroom by en meng deur.
As die aartappels te dik is, gooi margarien by.
Skep lae van die maalvleis en aartappels in die voorbereide oondbak en eiendig met aartappels.
Strooi kaas en paprika oor en bak vir 25 minute lank of tot goudbruin bo-op.

Print Friendly, PDF & Email