Tuna Tert resep 2

(Melissa en Dian Cloete)
Bestanddele
5 snye Bruinbrood                                                                          
250ml Melk
12,5ml Botter                                                                                    
250ml kaas (gerasper)
1 blik Tuna (gedreineer en gevlok)                                          
3 Eiers
50ml Chutney                                                                                   
5ml Aromat
Metode
Verkrummel die brood. Voeg melk en botter by en laat stadig kook totdat dit ‘n pulp vorm. Haal van stoof af. Roer ui, kaas, tuna, eiers, chutney en aromat by en meng goed. Skep in gesmeerde bak en bak 30-40 min by 180º of tot goudbruin.
Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

KORSLOSE SOUTTERTJIES

Bestanddele
1 x 300 g soutbeesvleis
25 ml koekmeel
2 k gerasperde kaas
1 t mosterdpoeier
1 k melk
knypie rooipeper
2 eiers, geklits
fyngekapte pietersielie

Metode
Verwyder vet van soutbeesvleis. Maak vleis goed fyn. Voeg res van bestanddele by en meng goed. Skep mengsel in vormpies of goedgesmeerde/gespuite kolwyntjiepannetjies. Bak vir 15 20 minute tot gaar by 180ºC. Lewer ongeveer sestig klein tertjies.

Print Friendly, PDF & Email

Charles se versnipperde souttert

RSG

Bestanddele
500g spek, versnipper
650g Weense worsies, opgekap
500g gerasperde kaas
2 eetlepels gekapte pietersielie
6 eetlepels mielieblom
6 teelepels mosterd
Sout en peper na smaak
2 koppies melk
2 eiers

Metode
Meng spek, worsies, kaas en pietersielie saam. Maak dik pasta met mielieblom, mosterd en bietjie melk. Klits eier en res van die melk saam. Meng die melk in die mielieblom-pasta. Voeg die spek mengsel by die mielieblom-mengsel en roer deur. Plaas in ‘n oondbak en bak in ‘n voorverhitte oond teen 180 grade tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email

Resep vir Raap en Skraap Souttert

Bestanddele
9 Snye Witbrood in blokkies gesny
500 ml Koue Melk
250 g Koue vleis (enige soort)
2 k Kaas
6 Eiers geklits
60 ml Botter
1 ui Fyngekap

Metode
Week brood in die melk. Voeg vleis, kaas en botter by. Meng deeglik met vurk. Bak tert by 180° C vir 30 minute.

Print Friendly, PDF & Email