LIGTE VRUGTEKOEK

Lynette Muller

Bestanddele
Week vrugte oornag:
4 k vrugtekoekmengsel,
1 pakkie dadels, fyner gekap,
rooi en groen cherries,
maketaan stukkies,
groenvye stukkies,
gemengde skil in groot mengbak en gooi halwe k brandewyn en halwe k soetwyn oor, ook stroop van maketaan en groenvye.

Vlg oggend meng:
Verhit die oond tot 180 gr C.
Klits saam:
1 k sagte margarine,
1 k suiker,
4 eiers en 1 t lemoen- en 1 t suurlemoen geursel.

Voeg by:
2 k koekmeel,
3 t bakpoeier,
halwe t sout.

Metode
Voeg geweekte vrugte by en verdeel in 2 kleiner gesmeerde, gevoerde panne of 1 groot gevoerde, gesmeerde koekpan.
Bak 60 minute tot gaar. Keer uit, gooi dadelik brandewyn oor, en as afgekoel, draai koek om en gooi nog brandewyn of soetwyn oor.
Draai toe in foelie en gooi van tyd tot tyd brandewyn of soetwyn oor.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Vrugtekoek Broodjie

Lynette Muller

Bestanddele
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier. Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute. Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by. Meng goed en giet in die voorbereide pan. Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom. Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor.

Print Friendly, PDF & Email
 

3 Bestanddele Vrugtekoek

Rika Theron

Bestanddele
1 kg vrugtekoekmengsel
2 koppies lemoensap (Jy kan 1 koppie lemoensap vervang met brandewyn)
2 koppies bruismeel

METODE
Voeg die vloeistof by die vrugtekoekmengsel. Verhit dit vir 5 minute in ‘n mikrogolf op hoog. Laat staan vir 2 ure. Meng met dit met die bruismeel. Voer ‘n koekpan uit met bakpapier of botter. Bak vir 2 ure teen 130 grade.

Print Friendly, PDF & Email
 

MIKROGOLF VRUGTEKOEK

Lynette Muller
Bak nou jou Kerskoek
Dis al weer die tyd van die jaar om te begin bak vir Kersfees.

Bestanddele
500gr vrugtemengsel
1 pak dadels (fyngekap)
1 kop karamel bruinsuiker (donker suiker) 180ml botter
1 ½ kop water
(opsioneel kan 125ml rooi kersies (gesnipper) ook bygevoeg word Kook bogenoemde vir 10 minute in mikrogolf op 100% Laat afkoel.
Voeg by 1 hoog opgehoopte eetlepel appelkooskonfyt en laat staan vir nog ‘n rukkie Strooi oor 10ml droe koeksoda, roer deur en laat staan ‘n verdere 20 minute *Meng saam:
500ml meel (2 kop)
5ml gemengde speserye
5ml gemmer
5ml kaneel
5ml sout

MMetode
Meng al die droe bestanddele en meng dan in by vrugte mengsel. Klits 2 eiers en meng in. Gooi nou 125ml brandewyn by en meng goed Neem plastiek bak 20cm in deursnit, spuit spray en cook, en voer bodum uit met waspapier.

Gooi mengsel in bak en mikrogolf vir 20 min by Medium (60-70%) krag Haal uit mikrogolf en los in die bak (moenie uitgooi nie) Gooi ‘n verdere 60ml brandewyn oor koek en laat HEELTEMAL AFKOEL Haal uit as koud is, maak goed toe moet foil tot jy lus voel om die hele koek op te eet!!!!!!

Print Friendly, PDF & Email
 

KOELKAS-VRUGTEKOEK

Rika Theron

Betsanddele

Voer ‘n broodpan, 23 x 13 x 7 cm, met kleefplastiek uit en smeer met kookolie of spuit met Spray & Cook.

Meng 1 pak (500 g) glansvrugte-koekmengsel en beskuitjiestukkies (2 pakke Tennisbeskuitjies) goed.
Verhit 125 g botter en 125 ml sagte bruinsuiker in ‘n kastrol tot gesmelt.
Haal van stoof af en voeg 1 blik kondensmelk en 5 ml vanieljegeursel by.  Meng goed.
Voeg by vrugtemengsel en meng.
Skep in pan  en druk styf vas.
Verkoel in yskas tot styf.
Keer versigtig uit pan, verwyder plastiek en versier met glanskersies, engelwortel en glansvrugtestukkies.

Print Friendly, PDF & Email
 

VRUGTE-KOEK-BROODJIE

Lynette Muller

Bestanddele
100 g gepreserveerde gemmer in stroop, gekap
100 g rooi glanskersies, gekap
100 g vrugtekoekmengsel
50 g versuikerde sitrusskil, gekap
80 ml (1∕3k) brandewyn
125 g botter
125 ml (½ k) strooisuiker
2 eiers
310 ml (1 ¼ k) meel
5 ml (1 t) bakpoeier
45 ml (3 e) ekstra brandewyn
versiersuiker vir bo-oor sif

Metode
Voorverhit die oond tot 150 °C. Voer ’n gesmeerde broodpan (8 x 26 cm) uit met bakpapier.
Meng die gemmer (met sy stroop), kersies, vrugte en sitrusskil met die brandewyn en laat staan 15 minute.
Voeg die meel, bakpoeier en vrugtemengsel by.
Meng goed en giet in die voorbereide pan.
Bak sowat 50 minute of tot ’n toetspen skoon uit die brood kom.
Verf die korsie van die brood met nog brandewyn en laat 15 minute in die pan afkoel. Sny in skywe en sif ’n bietjie versiersuiker oor

Print Friendly, PDF & Email
 

VRUGTEKOEK Met n verskil:

Joeye Haarhof

Bak die vrugtekoek in Muffin pannetjies of selfs in Cupcake houertjies en gee vir elkeen sy eie koekie: I.p.v masepein, gebruik royal versiersuiker op die koekies:

Bestanddele
50g glanskersies
45ml brandewyn
850g droëvrugte koekmengsel
50g amandels
225g koekmeelblom
2ml sout
2ml gemengde speserye 1ml vars gerasperde neutmuskaat
225g ongesoute botter
225g melassesuiker
4 ekstra groot eiers
15ml melasse
gerasperde skil van 1 suurlemoen gerasperde skil van 1 lemoen

Metode
Plaas die glanskersies in ‘n vergiettes en spoel die stroop af. Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel.
Bedek die houer en laat die vrugte oornag masereer. Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy. Smeer ‘n diep koekpan met ‘n deursnee van 20cm. Voer die boom en want met ‘n dubbele laag gesmeerde waspapier uit. Bind ‘n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas.

Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op ‘n keer by die bottermengsel in. Vou af en toe ‘n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bedek die koek met ‘n dubbele laag waspapier met ‘n gaatjie in die middel.

Plaas die koek op ‘n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in ‘n vooraf verhitte oond by 140C. As ‘n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar. Laat die koek ‘n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op ‘ draadrak uit en sprinkel ‘n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is. Draai die koek in ‘n dubble laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot ‘n jaar in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand. Sprinkel brandewyn oor.

“Royal icing”

Die icing raak klip hard en jy kan dit in ‘n piping bag sit en patroontjies en randjies, ens daarmee doen. Skei ‘n eier en gebruik net die eierwit. Klits dit liggies met ‘n vurk tot effe skuimerig. Skep nou bietjie-bietjie gesifte (nb) versiersuiker by en roer dit elke keer eers goed in voor jy die volgende sarsie bygooi. Hou so aan tot jy die verlangde konsistensie het. Jy kan dit kleur ook.

Wenk
As jy die koek gaan bak in muffin pannetjies moet jy dit so 25 tot 30 minute bak. Laat staan so 5 minute voor jy dit uitkeer.

Print Friendly, PDF & Email
 

KLASSIEKE VRUGTEKOEK

Anna Eksteen

Bestanddele
50g glanskersies
45ml brandewyn
850g droëvrugte koekmengsel
50g amandels
225g koekmeelblom
2ml sout
2ml gemengde speserye
1ml vars gerasperde neutmuskaat
225g ongesoute botter
225g melassesuiker
4 ekstra groot eiers
15ml melasse
gerasperde skil van 1 suurlemoen
gerasperde skil van 1 lemoen

Metode
Plaas die glanskersies in ‘n vergiettes en spoel die stroop af. Laat die kersies afdroog en sny dit fyn op. Voeg die droëvrugte koekmengsel by en meng goed. Sprinkel die brandewyn oor en roer die mengsel.  Bedek die houer en laat die vrugte oornag masereer. Kap die amandels met bruin velletjies en al fyn en sit dit opsy. Smeer ‘n diep koekpan met ‘n deursnee van 20cm. Voer die boom en want met ‘n dubbele laag gesmeerde waspapier uit. Bind ‘n dubbele laag dik bruinpapier buite-om die pan vas. Sif die koekmeelblom, sout en speserye die volgende dag saam. Verroom die botter en suiker tot lig en donsig. Klits die eiers saam en klop dan eetlepels vol op ‘n keer by die bottermengsel in. Vou af en toe ‘n bietjie van die meelmengsel by die bottermengsel in as dit lyk of dit wil skif. Vou die res van die meelmengsel baie liggies by die bottermengsel in. Vou daarna die vrugtemengsel, amandels en die res van die bestanddele in. Skep die beslag in die pan en smeer dit gelyk. Bedek die koek met ‘n dubbele laag waspapier met ‘n gaatjie in die middel. Plaa die koek op ‘n dubble laag bruinpapier op die onderste oondrak en bak dit ongeveer 4½ uur lank in ‘n vooraf verhitte oond by 140C. As ‘n toetspen in die middel van die koek ingesteek word en skoon daaruit kom, is die koek gaar. Laat die koek ‘n halfuur in die pan afkoel. Keer dit op ‘ draadrak uit en sprinkel ‘n bietjie brandewyn of rum oor wanneer dit koud is. Draai die koek in ‘n dubble laag waspapier toe. Dit kan vir 6 maande op die rak, of tot ‘n jaar in die vrieskas gebêre word. Maak dit in die begin 1 keer per week oop en en daarna elke maand.  Sprinkel brandewyn oor.

Print Friendly, PDF & Email