Mangonaise en Eende

Wanneer ek mayonaise eet of dit sien dan dink ek aan Pieter Pieterse. Hy het mos jare gelede so ‘n kookprogram gehad wat hy aangebied het. In hierdie program het hy altyd as hy mayonaise gebruik gesê jy moet ‘n paar lepels mangonysie oorgooi. ‘n Man met vele talente en plat op die aarde was. 

Waar kom mayonaise vandaan ? Net soos met baie ander kosse het mayonaise ook maar ‘n duistere verlede wat nie presies vasgestel kan word nie. Daar word beweer dat ‘n tipe mayonaise alreeds in die antieke Romeinse tyd bestaan het. Maar daar kan geen geskrifte gevind word om dit te bevestig nie.

Daar word beweer dat in 1756 met die oorwinning van die eerste veldslag van die 7 jarige oorlog, die Franse die eerste mayonaise gemaak het om die die oorwinning te vier.  Daar word verder beweer dat die mayonaise die eertse keer gemaak is by ‘n banket ter ere van Generaal Richelieu. Hy was die brein agter die oorwinning van die veldslag. Ek het al ‘n paar manne gesien wat ‘n geveg met Genberaal Richelue in die kroeg aangeknoop het, en hulle het nie goed gelyk nie. 

Oor die oorsprong van die woord mayonaise word daar ook wyd en syd bespiegel. Dit is blykbaar van die Franse woord “manier” afgelei. Een van die betekenisse van die woord is moontlik “om te klits.” ‘n Ander betekenis kom ook van ‘n antieke Franse woord “moyen” af wat eiergeel beteken. Mayonaise se resep het van Frankryk na Engeland toe oorgewaai en van daar af na Amerika en die res van die wêreld toe.

Baie min mense maak deesdae hulle eie mayonaise. Die rede daarvoor is seker dat dit so moeilik is om te maak. Net ‘n bietjies te veel olie en die mayonaise skif, dan is al daardie bestanddele daarmee heen. Na ‘n paar mislukkings het ek dit ‘n paar keer reggekry om my eie mayonaise te maak, en vir my was dit die moeite werd gewees. Tuisgemaakte mayonaise is heerlik. 

Vir die mense wat nog nie hulle eie mayonaise gemaak het nie, dit is ‘n mengsel van olie, eiergeel en asyn of suurlemoensap. Hier geld die reël ook van hoe beter die bestanddele hoe beter gaan die mayonaise smaak. Die asyn en eiergeel word gemeng en dan word die olie drupsgewys bygevoeg. Soos ek voorheen gesê het, net een glip van die hand en jy sit met ‘n gemors.

 Maar die slim Amerikaners het natuurlik weer die resep geneem en so ‘n bietjie aangepas en die resultaat is Miracle Whip. ‘n Ene Charles Chapman het in 1933 ‘n masjien ontwerp wat kon klits teen een helse spoed. Wat die masjien so uniek gemaak het was dat al die bestanddele soos die olie, eiergeel, asyn en meer as 20 geheime speserye, kon voortdurend in die masjien ingaan om geklits en gemeng kon word. Vir ‘n manjefieke slaai, gebruik eerder Miracle Whip as wat jy gewone mayonaise sal gebruik.

Wat het eende en mangonysie met mekaar te doen ? Ek weet nie, ek het nog so ‘n paar reëls oopgehad en toe dit goedgedink om so ‘n ietsie oor Peking Duck te skryf. Dit is ook maar ‘n kort stukkie. Peking Duck (Eend) het sy oorsprong in die Ming Dynasty sowat 600 jaar gelede gehad. In daardie tyd het sjefs vanoor die hele land na Beijing toegegaan om vir die heerser van Sjina te kook. Dit was vir hulle ‘n baie groot eer om vir die heerser te kook. 

Indien ‘n sjef sy sout werd was en goeie kos voorberei het, het die heerser die sjef sommer ‘n minister in sy kabinet gemaak. Die resepte en disse wat vir die heerser gaargemaak is, het maar ‘n geheim gebly. Maar van die skelm sjefs het die resepte uitgesnokkel. Hulle het begin om restaurante in Beijing oop te maak en hierdie heerlikke hemelse kosse aan die gewone man in die straat voor te sit. 

So in 1911 het die Peking Duck ook sy vesrkyning in die strate van Beijing gemaak. Peking duck word voorberei so ongeveer 24 uur voor die tyd. Daar word lug tussen die vel en die een ingeblaas om die vel en die vleis van mekaar te skei. Die eend word dan in in plek gehang om winddroog te word. So ‘n ruk voor die gaste opdaag, word die eend in die oond geplaas en gebak. Die gevolg is ‘n vel wat heerlik bruin en crispy gebak is en vleis wat heerlik sag en sappig is.  

Dit is die einde niet. Wanneer gaar word die eend op ‘n trollie na die gaste toe gestoot deur die sjef. Die sjef is getooi met wit handskoene. Die eend word dan in 120 dun skyfies gesny en bedien met ‘n ligte pannekoek, komkommer skyfies en ‘n verskeidenheid van souse. Iets wat ek graag nog sal wil probeer.
Ek glo nie die sjefs sal in hulle skik wees as jy die Peking Duck in ‘n mangonysie doop en dan eet nie. Dit laat my sommer aan die grappie dink: As jy in ‘n kroeg inloop, hoe sal jy weet watter persoon is Mike Schutte ? Dit is die persoon wat sy Ouma beskuitjie in die Irish Koffie druk.

Advertisements
 

Maak daardie foute reg

Dit gebeur baie dat ’n mens, terwyl jy met kos besig is, jou aandag afgetrek word en jy nie seker is wat jy laas gedoen het nie of jy gooi sout in die bredie en die soutpot se deksel kom af en daar daal ’n ton (dit proe so) sout na benede. Jy hoor jou gunsteling liedjie speel op die radio wat in die kamer staan, en wanneer jy terugkom in die kombuis dan het die rys wat 3 minute gelde nog reg was aangebrand. Sulke dinge gebeur mos net wanneer jy dit nie kan bekostig nie. Jy het die laaste groente en vleis gebruik om sop te maak of jy kry gaste vir ete.

Daar is ook natuurlik foute wat jy nie kan regmaak nie. Dit is foute soos om ’n appeltert te bak en as jy die tert sny dan is dit kluitjie en jy kom agter jy het vergeet om die eiers in te gooi. Vra my dit het my al oorgekom. Iemand anders in my huisgesin het eendag ’n piesangbrood gebak. Nadat die piesangbrood uit die oond gekom het sien sy die piesangs lê op die tafel. Vir sulke foute het ek nie raad nie maar vir die glipsies is daar wel raad.

Wanneer jy te veel sout in die sop of bredie gegooi het kan jy altyd nog water byvoeg om die sout te verdun. Dit kan dalk probleme veroorsaak aangesien jou bredie dan ’n waterige sous sal hê. Die ander en maklikker manier is om ’n aartappel te neem, af te skil en dan net so in die bredie of sop te gooi. Die aartappel sal die meeste van die sout intrek. Wanneer die meeste van die sout so ingetrek is in die aartappel kan jy dan net die aartappel  uithaal en weggooi. Dit is mos nou maklik genoeg.

As jy dalk eendag patats of wortels te sag kook is dit die einde niet. Gryp jou Kook en Geniet nader en soek dadelik ’n soufle resep. Die saggekookte patats en wortels maak ’n heerlikke soufle. Dit sal ook ’n heerlikke verandering maak van die daaglikse gewone groente. Miskien begin die kinders dan hulle groente eet.

Almal ken seker daardie reuk van gebrande kos. Dit gebeur as jy net gou iets anders wil doen. Terwyl jy nog so rustig is met die ander dinge dan tref daardie reuk jou. As jy eers die snuf in die neus gekry het is dit al te laat. Jy sal wat jy ook al gekook het moet van nuuts af weer kook, want die brand smaak kry jy nie uit die kos uit nie. Maar wat gemaak met die pot of pan ? Laat die pot of pan eers goed afkoel. Ek het al probeer om sout en asyn oplossing in die pan of pot te sit vir ’n lang ruk, maar dit werk nie altyd so goed nie. Maar gelukkig is hier ander raad. Nadat jy die meeste van die gebrande kos verwyder het moet jy water en materiaal sagmaak (Fabric Softner)middel in die pot of pan gooi. Laat dit oornag staan en maak dan die pan moeiteloos skoon.

As jy nou per ongeluk die brood nie geberê het nie en dit is effens hard kan jy darem nog iets daarmee maak. Sit dit in die mikrogolf vir ’n paar sekondes. Smeer die een kant met margarien en sit kaas daarop en rooster in die oond. Die huismense sal nie eers agterkom dit os drie dae gelede se vars brood wat hulle eet nie. Sny die brood in blokkies en rooster in die oond. Jy kry dan heerlikke croutons. Wat ek kan onthou is dat my Ma die snye brood redelik dik gesny het. Sy het dit dan elke snytjie brood in drie of vier repe gesny. Dit het dan oond toe gegaan om teen ’n lae hitte uit te droog. So het sy menigmaal vir ons regte “Ouma” beskuit gemaak.

Muf in kos kan jou redelik siek maak. As jy muf op kaas kry kan jy net die muf afsny en weggooi. Die res van die kaas is nog reg om te eet. As jy die maag daarvoor het kan jy gerus ’n stukkie van die muwwerige kaas eet. Dit gee die kaas nogal ’n heerlikke smaak. Muf op kaas is mos medisyne en kan jou nie skade aandoen nie. Met die ander kosse is daar net een raad en dit is asblik toe. 

Ek hoop die raad gaan julle eendag help.




  

 

Lui Lekker Lewe

Die lewe het oor die afgelope paar jaar baie gemaklik geword. As ons iets nodig het gaan ons net na de naaste inkopie sentrum toe en gaan koop dit, en as ns nie daarvan hou of dit is opgebruik dan gooi ons dit net doodeenvoudig weg. Ons kibbel nie eers oor die prys as ons iets aankoop nie.

My vrou is baie lief vir lemoene. Met die lemoene wat so goedkoop is besluit ek om lemoenkonfyt te maak.(LW nie marmelade nie maar wel konfyt). Ek spoor ‘n maklike resep op en gaan maak dit. Sy is gaande oor die eindproduk. By haar werk vertel sy vir almal van die konfyt en met alle mag en mening wil hulle net proe. Ek stuur ‘n bottel na haar werk toe. Almal oe en aah en een vrou vra wat sal dit kos om ook vir haar te maak.

Ek laat weet vroulief dat om een sakkie lemoene in te maak, net vir die bestanddele sal dit R 50 kos. Dan moet hulle, om die koste laag te hou sommer hulle eie botteltjies saamstuur. Verder sê ek kan hulle dan sommer so ‘n ekstratjie bysit as ‘n maakloon. Nie een het my gevra om vir hulle te maak nie. Nou ewe skielik is dit te duur. Ek het nie eers uitgewerk hoeveel kos die krag ens nie. 

Daardie selfde mense sal eerder inkopie sentrum toe gaan en drie keer soveel betaal want dit is kwansuis goedkoper. 

Hoeveel kan mens vra vir tuisgebak en tuisgemaak ? Hoekom dink mense dat tuisgebak en tuisgemaak altyd baie goedkoper moet wees. ?

 

Kremetart

Kremetart is ‘n byproduk van ‘n kremetart boom het ek mos altyd gedink. Maar toe ek dieper in die dinge ingaan sien ek mos my persepsie was heeltemal verkeerd gewees. Om my nuutgevonde kennis te toets het ek my vrou gevra waarvan word kremetart (Cream of Tartar) gemaak was haar antwoord aan my gewees, natuurlik van die kremetartboom. 

Kremetart is ‘n suiwer natuurlike produk wat agterbly nadat druiwesap in wyn gefermenteer het. Daar is ook ‘n ander produk wat van wyn gekry word nadat die wyn in vate verouder het en dit is Wynsteensuur. Dit klink nie baie insiggewend nie maar as ons na die engelse woord gaan kyk begin dit sin maak. Wynsteensuur in Engels is Tartaric Acid, en ek vermoed dit is kremetart wat gelos word om saam met die wyn te verouder na ‘n suur toe. 

Maar terug na Kremetart. Kremetart word is die hoofbestanddeel in bakpoeier, en dit is ‘n rys agent (rising agent). ‘n Ander doel van kremetart is dat dit ook gebruik kan word om eierwitte te stabiliseer. In gemmerbier word kremetart ook gebruik en dit is om die gistingsproses aan te help. 

Hier volg nou ‘n paar nuttige wenke wat onthou kan word wanneer kremetart gebruik word:

Gebruik sowat 1/8 ste teelepel kremetart per eierwit wanneer soufflés en meringues gemaak word.
Gebruik kremetart om koperware skoongemaak word. Maak die kremetart met water aan tot pasta en skuur dan die koper met die pasta skoon.
Wanneer kremetart in ‘n lig dugte houer gebêre word kan dit baie lank gebêre word.
Indien jy nie kremetart het nie, gebruik ‘n ¼ teelepel suurlemoensap of asyn om een eierwit te stabiliseer. Onthou net dat die smaak van die dis verander kan word as jy suurlemoensap of asyn gebruik.
Kremetart wat saam met bakpoeier in ‘n resep gebruik word, dien as dubbel rys agent. 
Indien die resep kremetart vereis en jy nie kremetart het nie. Jy moet 1 teelepel bakpoeier vir elke ½ teelepel kremetart gebruik.

Mag julle hierdie kennis gebruik in julle gebak. 

 

Kos stories

Daar lê so baie klein juwele in ons huishoudings en families wat wag om ontdek te word. Wat en hier van praat is Kos stories..

Hierdie stuk wat volg kom uit ‘n boek van Hennie Aucamp getiteld Borde Borde Boordevol. Die agtergrond gaan oor die droogte van ‘n paar jaar gelede. Die boere het gereeld bymekaar gekom en gebid vir reën. Dit gaan nie spesifiek oor kos nie, maar tog hier kom die uittreksel ….

Gebed vir die aarde
Chris Barnard

“Oom Jacob het eerste gebid. Dit was die langste gebed wat ek ooit (voorheen en daarna) moes aanhoor, maar ek het nie aan die slaap geraak soos ek dikwels voorheen het nie. Ek het geluister. En ‘n bietjie skuldig gevoel. Want dit was asof ek agter ‘n deur gestaan het an ‘n argument afgeluister het.

Oom Jacob het die droogte posisie baie netjies vir die Here uiteengesit. Hy het by die vorige jaar se reënval begin, die winter se droogte posisie gaskets en die situasie toe op datum gebring deur ‘n oorsig te gee van die skade wat die droogte tot op hede veroorsaak het.

“Here” het oom Jacob gesê, hierdie lemoen boompies onderkant die tweede dam – die boompies wat ons laaste jaar geplant het – ag’ daar leef omtrent nie meer een van hulle nie. En self die ou boorde. Ek stap vanmiddag juis deur die nartjies – nie die by die rivier nie, Here, hulle kan nog gaan – maar die nartjies bokant die klipplate, U weet? Hulle lyk sleg. Ek sê vanaand vir die vrou, Here, ek sê vir haar as dar nie hierdie week nog uitkoms is nie, dan weet ek nie. Here, ek wens ek kan U saam met my vat more vroeg oorkant die rivier toe. Daardie arme avos daar. Daardie avokado’s moes nou dra. En hoe kan hulle dra as hulle nie water het nie? Daardie bome kyk heeldag vir my. Ek wens U kon sien hoe kyk hulle na my. Ek moet juis weer more daar laat skoffel. Ek sien amper nie kans nie. Nou vra ek vanaand – ek vra reguit hoekom? Wat het ons dan vir U gemaak? Ek meen, ons praat nou ‘n slag reguit. 

Daardie nag het ek wakker geword van die reën op die dak.”

As dit nie vir die reën was nie sou ons nie kos gehad het nie. 

Nou ‘n ander kos storie. ‘n Man wat lank gelede saam met my gewerk het sê hy het een aand ‘n jonge dame uitgeneem vir ete. Alles moes natuurlik perfek gewees het, want hy wou haar graag ‘n baie goeie indruk op haar gemaak het. Hulle kyk so na die spyskaart en hy vra aan haar wat sy wil eet en sy antwoord hom toe Vis. Die kelner vra aan haar hoe wil sy haar vis gaargemaak hê, bedoelende gebak of gebraai en sy antwoord die kelner “Well done please”. Net daar het die verhouding geëindig.

Hierdie volgende kos juweel kom van Riekie af :  My Oupa as ouderling en die predikant het jare terug maar huisbesoek gedoen soos wat die gewoonte was. Elke drie maande by elke huisgesin in die wyk omgegaan voor Nagmaal.  Die jaar is dit slagtyd toe die groot huisbesoek tyd daar is.  Oupa en Dominee besoek gemiddeld drie tot 4 huisgesinne elke aand.  Soos dit in die slagtyd gaan en groot hoeveelhede vleis verwerk moet word, is die huisvrou maar besig en word gou ‘n stukkie wors in die pan gegooi, saam met wat ook al – brood, pap en sous, aartappels.    Toe Oupa en Dominee die vierde aand by huis nommer drie aankom en vir die hoeveelste keer genooi word om saam met die gesin aan te sit, kan hulle dit nie weier nie.  Weereens is wors en wat ook al op die spyskaart.  Toe die boervrou haar rug draai, sit dominee die ou stukkie wors in sy wit sakdoek en druk dit in sy sak maar o wee, van die speserye (seker maar peper) kry hy die groot nies, ruk sy sakdoek in ‘n oomblik van waansin uit!  Daar trek die stuk wors!  Ek wens ek was ‘n vlieg teen die muur…… Riekie du Plessis Johannesburg

 

Kos in die Nuus

Hierdie is ‘n klompie artikels wat ek versamel het waarin kos die nuusmaker was. Hoop julle vind dit net so interessant soos wat ek dit gevind het.

Eastern Foods Inc die vervaardigers van Naturally Fresh ®,  ook in Amerika, maak ‘n slaaisous spesiaal vir kinders wat gelaai is met vitamines. Hulle filosofie is hulle wil kinders kis gee wat lekker maar ook gesond is. Hierdie slaaisouse is nie sommer enige kleur nie, maar dit is ‘n skokkende pers en ‘n mooi helder oranje. Hierdie slaaisouse is veronderstel om saam met vars groente geniet te word. Die vervaardigers neem dat hulle so die kinders sal leer om reg te eet. Gelukkig is ek nie meer ‘n kind nie. 

Ek weet wat bedien hulle in ‘n kroeg en dit is natuurlik drank. Ek het ook al gehoor van ‘n koffie kroeg en as ek reg kan onthou het ek iewers gelees van ‘n water kroeg. Maar in New York het daar nou ‘n sjokolade kroeg oopgemaak. Hier kan jy sjokolade koop, en onder andere nostalgiese sjokolade stafies, wat dit ook mag beteken. Hulle bedien darem ook tee en koffie saam met heerlike gebak, en o ja warm sjokolade ook. Miskien moet van ons meer vindingryke Suid Afrikaners wat in New York is begin met ‘n biltong kroeg of dalk ‘n koeksister kroeg.

Wat is die gewildste drankie in Engeland. Nee dit is nie tee nie maar wel Coke. Hulle reken die tweede gewildste drankie is wyn. Wyn verkope in Engeland is aan die styg. As julle wou weet hoeveel spandeer die Engelse aan Coke is dit maar net sowat 670 miljoen pond per jaar. 

Tesco, een van die grootste kleinhandelaars in Engeland het so ‘n ruk gelede ‘n program geskryf wat jy van die Internet kan aflaai. Hierdie program kan dan afgelaai word en dan kan jy rustig op jou tyd sit en jou inkopielys voltooi, en dan oplaai sodra jy weer op die internet gaan. Hulle sê nie wat vêrder met jou bestelling word nie. So dit word seker afgelewer.

Die gewildste vleis in Europa ? Hoender en varkvleis. Hulle reken dat die Europeër gemiddeld sowat 21.4 kilogram hoender per jaar eet.

Hier in Suid Afrika is daar nou ‘n debat aan oor die groei van Genetiese Veranderde Graan. As daar iemand is wat baie van die dinge weet, skryf asb net so ‘n paar sinne oor die onderwerp vir ons. Dit sal opreg waardeer word. Party kenners neem dat die graan jou op een of nader manier kan “verander”. Ander kenners neem dat die graan niks aan jou kan doen nie. Ek weet min van die onderwerp maar my mening is dat indien jy die graan sal eet, gaan jou liggaam al die minerale en vitamienis uit die graan neem en die res van die produk gaan op ‘n natuurlike wyse deur jou liggaam verwerp word.

AL wanneer kos in die nuus is by ons is as daar iemand afgedreig word of doodgaan aan die eet van giftige kosse. So ‘n jaar of twee gelede is daar twee kinders in Springs dood nadat hulle blikkies vis geëet het wat nie meer so vars was nie. Hulle was baie arm en ‘n familie lid, sovêr ek kan onthou, het hierdie blikkies vis baie goedkoop gekry. Maar die verval datum was al lankal in die verlede gewees. Die kinders het van die vis geëet en dit sekerlik ook geniet. ‘n Paar ure daarna het hulle gesterf van voedsel vergiftiging. Dit is die tipe nuus waarsonder ek kan klaarkom.

Kos, omdat dit so belangrik is, sal maar kort kort opduik in die nuus. Al is dit net om te sê dat die kospryse opgaan. 

 

 

Kos en Trane

Diëte  is nie ‘n maklike onderwerp nie en dit is ook iets waarmee ek persoonlik sit. Daar is soveel teorieë oor die hoekoms en waaroms. Ek het net een probleem en dit is ek is lief vir eet, en ek kan nie verstaan dat die mense om my kan eet en nie gewig aansit nie en ek kan nie eers vir die kos kyk nie en dan kom die kilo’s sommer so aangehardloop na my toe. Al wat help is om reg te eet, oefeninge te doen en baie water te drink iets wat ek nie kan doen nie.

So saam met die diëte het ek ook al gewaag om die wonder kure te probeer. Drink hierdie pil en die kilo’s smelt sommer so van jou weg. Drink hierdie eet aanvulsel in die vorm van ‘n melkskommel en binne tien dae sal jy jouself nie ken nie. Al hierdie advertensies het eending in gemeen en dit is om ons die publiek van ons swaar en hardverdiende geld te ontneem. Want al hierdie mooi en soet advertensies sê dit nie, maar dit is in die fyn skrif en dit is “Only effective with a kilojoule controlled diet”. As jy reg eet sal jy gewig verloor sonder enige van daardie middels.

Wanneer jy dieët, begin jy lekker vinnig gewig verloor. Die eerste paar kilos wat jy afskud is in elk geval water. Nou begin die sports eintelik. Jou brein sien hier is dinge aan die gebeur en begin dadelik sy meganismes inskop. Jou brein is nie daarvan bewus dat jy wil gewig verloor nie en dink jy is besig om jou self te verhonger. Hy stuur dadelik seine na die maag en sê aan die maag hokaai, begin om jou metabolisme stadiger te maak. Nou dieet jy dat die sop so spat maar jy staan doodstil op jou gewig. Almal wat daarvan bewus is dat jy dieet, dink ja hy kon nou weer nie uithou nie en het weer lekker weggelê aan al die lekker dinge van die lewe.

Jou liggaam het drie dinge nodig om te oorleef en dit is koolhidrate, vet ja dit is reg, en proteïene. Neem jy een van die dinge uit jou dieet dan begin jou metabolisme stadiger te werk. Dit is ook nodig, veral vir mense wat dieet om multi vitamins te drink. Die vitamins gee jou aanvullings wat nodig is vir jou liggaam.

Die probleem kom daarin vir baie mense en dit is wat gemaak as jy jou gewig verloor het, hoe hou jy dit daar. En die antwoord is eenvoudig en dit is eet gesond, meer vars rou groente en vrugte. Eet minder. In plaas van 3 lepels rys skep net 2 lepels in. Drink minder suiker in jou koffie en tee. Probeer om meer oefeninge in te kry. Loop daardie kilometer na die naaste kafee in plaas daarvan om in die kar te klim en ry dit sal jou die nodige oefening gee. Drink baie water want hoe meer water jy drink hoe meer onnodige stowwe skei die liggaam af.

Moet nie al die vet in jou dieet uitskakel nie, maar eet net minder. Probeer om meer witvleis en vark te eet as rooivleis. Moet nie sommer koue vleis of kafee kos eet nie. Gebruik baie vars kruie en speserye in jou kos. Probeer om so min as moontlik van vet en olie gebruikmaak wanneer jy kook. Eet ook jogurt en vars vrugte as nagereg eerder as om daardie heerlike soet poedings te maak.

Dit is en bly maar ‘n stryd om van die vet ontslae te raak. Maar u sal verbaas wees hoeveel kan u verloor en afhou as u net so ‘n paar veranderinge in u dieet aanbring. Bly asseblief ook weg van al hierdie wonder kure.

 

Kook met Alkohol

Wanneer ek die dag nou lekker kook het ek ‘n bottel wyn (vir die kos natuurlik) en room êrens om my. Wanneer mens met alkohol kook, bring die alkohol die beste smake uit die kosse uit. Die mees intense smake wat mens kry kom in alkohol voor. Wanneer drank gefermenteer word bring dit ook baie spesiale smake uit.

Dit is al oor en oor bewys dat alkohol, veral brandewyn die taaiste vleis kan tem en sagmaak. Dit is ook goed om die wenk te onthou wanneer mens ‘n potjie maak en nie baie seker is oor die kwaliteit nie. Gooi dan maar so ‘n sopie of twee brandewyn by. 

Wanneer mens ‘n fondue hou met kaas kan jy ook so ‘n knoetsie wyn by die kaas gou want alkohol verlaag die kookpunt van kaas en dit laat die kaas ook nie skim nie. Bier is ook baie goed om mee te bak want die bier het baie suurdeeg in wat brode goed en mooi sal laat rys.

Wanneer mens met alkohol kook verdamp al die alkohol nie onmiddelik nie. Deur die jare is ons gekondisioneer dat al die alkohol verdamp wanneer mens hitte bysit. Wanneer mens met alkohol kook is daar na 15 minute 45% van die alkohol nog in die kos. Na 2 ½ ure is daar slegs 5% van die alkohol oor. 

Wanneer jy nou met jou kookboek voor die stoof staan en jy wil jou gunsteling resep aanmekaarslaan en so ‘n bietjie alkohol daarin gooi, en jy kom agter jy het nie meer enige alkohol nie wat doen mens dan. Dit is maklik gebruik iets anders. Hier volg so ‘n lys met alkohol vervangers:

Alkohol                    Vervanger
Bier                   Ginger Ale of Wit Vonkel Druiwesap.
Brandewyn           Vrugtesap soos bv appelkoos, perske of druiwe.
Vonkelwyn           Vonkel Druiwesap.
Frangelico           Amandelgeursel.
Kahlua           Sterk koffie met ‘n lepel kakao.
Rooiwyn                   Verdunde rooiwynasyn, rooi druiwesap verdun met rooiwynasyn.
Sherrie           Lemoen of Pynappelsap.
Southern Comfort           Perskenektar gemeng met appelasyn.
Witwyn                   Verdunde Witwynasyn, wit druiwesap verdun met appelasyn                           of jy kan ¼ koppie asyn meng met ‘n ¼ koppie water en een                           eetlepel suiker.

Alkohol in kos het sy voordele en dit is smaak en die sagmaak van die vleis. Daarby sal mens nie kan kom nie. Wanneer mens kook met alkohol is daar een goue reël en veral met wyn en dit is ‘n mens skeep nie af met die ander bestanddele nie, so moet ook nie met die wyn afskeep nie. Kook eerder met ‘n goeie wyn wat jou ander bestanddele sal komplimenteer as wat jy dalk ‘n goedkoop suur wyn in die kos gooi en alles bederf. 

Kos groete van huis tot huis.

 

Kompetisie Eet

Kompetisie eet word deesdae gesien as die mees dinamiese sportsoort in die wêreld. Ja julle het reg gelees dit word geag om ‘n sport te wees. Daar word aangevoer dat die sport al sy ontstaan gehad het in die Neanderthal tydperk. Die rede wat hulle aanvoer is nogal komieklik. Hulle sê as daar 30 Neandertallers  in ‘n grot is en ‘n arme haas hop in die grot in sal mens werklik sien wat kompetisie eet is. 

Die sport word op groot skaal beoefen in Japan, Amerika, Kanada, Duitsland, Thailand Engeland, Skotland en Rusland. Daar is self ‘n organisasie wat die sport beheer en reels neerlê. Die organisasie word genoem IFOCE,  International Federation of Competitive Eating. 

IFOCE stel al die reels en regulasies op. En bo aan die lys is veiligheid. Geen persoon onder 18 word toegelaat om aan ‘n eet kompetisie deel te neem nie. Die rede daarvoor kan ek verstaan as ek sien hoe eet my sewentienjarige seun ons uit die huis. IFOCE is seker bang dat die tienerseuns al die kompetisies gaan wen. Op ‘n meer ernstige noot dit kan baie gevaarlik wees. 

In Amerika is dié kompetisie om aan deel te neem die een wat op die 4de Julie elke jaar gehou word. Nathan’s Restaurant in Coney Eiland hou die jaarlikse hot dog eet kompetisie. Die kompetisie begin stiptelik om 12 uur met 12 deelnemers en duur 12 minute. Die absolute wenner is nie ‘n Amerikaner nie maar ‘n Japannees wat 50 hot dogs geëet het in 12 minute. 

As my wiskunde my nie in die steek laat nie is dit so ongeveer 1 hot dog elke 15 sekondes. As daardie broodrolletjies droog is gaan hulle maar sluk. Verder is ek ook net baie bly ek hoef nie vir hom kos te koop elke maand nie.

Van die rekords wat aangeteken is :

‘n 3 Pond 3 onse Beestong heel op geëet in 12 minute.
Net onder die twee pond botter in 5 minute.
74 Hoender vlerkies, 2.65 pond vleis in 12 minute.
57 bees Breins, 17.7 pond, in 15 minute.
38 hardgekookte eiers in 12 minute.
11 ¼ pounder hamburgers in 10 minute. Sekerlik was dit nie McDonalds burgers nie.
152 Jalapenos Rissies in 15 Minute.
6 pond 9 onse kool in 9 minute.
4 32 onse bakke mayonnaise in 8 minute.
168 Oesters in 10 minute. 

Vir my om sekere van die van die rekords te gaan probeer sal daar ‘n groot sterk teenwoordigheid van alkohol moet wees, veral as ek kyk na die bees brein eet.

Wie het nou gedink dat eet ook ‘n kompetisie kan word.

 

Kolonel Sanders

Daar is seker min mense wat nie van Kolonel Sanders se hoender hou nie. Dit is al ‘n huishoudelikke naam in Suid Afrika. Almal ken die gryskop man, met swart strik das. As ek aan Kentucky hoender dink kom beelde van my jong dae op. Toe ek sowat ses of sewe was (so in 1962 se koers) het ons hoenders aangehou in ons erf. Daardie tye kon mens dit nog doen. Ek het so saam met die hoenders in die agterplaas gaan speel.  Hulle het nie een dag se rus en vrede gehad nie want ek het hulle goed rondgejaag.  Veral die een hennetjie wat ek kiepie genoem het.

So eendag stuur my Pa my om by ‘n vriend te gaan speel. Daar hardloop ek om die hoek. Toe ek by my vriend se huis aankom is hulle nie daar nie. Net daar draai ek om en hardloop terug net om te sien dat my Pa kiepie se kop afkap. Ek het gehuil en so tussen die trane deur het ek gesê dat ek nooit weer kiepie vleis gaan eet nie. Vir 11 jaar van my lewe was dit waar gewees. Elke keer as my Ma hoender gaargemaak het moes sy vir my iets anders gaarmaak. 

In my matriek jaar gaan ‘n paar van ons uit. Toe ons by my vrou se huis aankom het haar Ma as ‘n treat vir ons jong klomp Kentucky hoender gekoop.  Hier sit ek met hierdie hoender boudjie in my bord. Omdat ek nog skoonma wou beindruk het ek die hoender maar gevat en begin eet. Ek was ook te skaam om die vriendelikke tannie te se ek eet nie hoender nie. Dit het swaar gegeaan maar die hoender is in en was toe nie sleg nie. 

Genoeg van my. Kolonel Sanders het op 65 jarige ouderdom op straat gesit nadat hy jare lank ‘n eienaar was van ‘n Restaurant. Hy het in die tou gaan staan vir sy eerste werkloosheids tjek. Hy het ‘n skamele $ 105 tjek gekry. In sy jong dae moes die kolonel vir sy broers en susters sorg. Hy het geleer kook by sy ma, wat hom onderandere geleer het hoe om hoender gaar te maak. 

Hy het verskeie werke gehad en een van die werke wat hy gehad het was as bestuurder van ‘n Motorhawe. Hy het ‘n gaping in die mark raakgesien en  begin om vir die reisigers wat by sy motorhawe aan doen kos te verskaf. Sy kos besigheid het so goed gedoen dat hy eindelik ‘n restaurant oopgemaak het en hoog op die spyskaart was gebraaide hoender met 11 verskillende kruie en speserye.

In 1935 toe Sanders 45 was, het die Goeweneur van Kentucky hom ‘n Kentucky Kolonel gemaak. Lyk vir my iets soos ‘n ere burgerskap. Hy het die titel gekry vir sy wonderlikke kos wat hy gemaak het. 

Op die hoogtepunt van sy restaurant en sy loopbaan, hoor die Kolonel dat daar ‘n snelweg gebou gaan word en dat die snelweg al die reisegers verby die dorp gaan neem. Nadat die snelweg gebou is maak die Kolonel sy Restaurant toe. Na sy eerste werkloosheids tjek het hy gesien dat hy finansieel nie gaan oorleef nie. Net daar beskuit hy dat hy nie vir altyd op sy stoep gaan sit en wag vir die skrale tjek van die regering nie. 

Hy gaan praat toe met mense en oorreed hulle om geld te belê in sy hoender resep. Net daar is Kentucky Fried Chicken gebore. Die Kolonel was nog aktief in die besigheid gewees totdat hy 80 geword het. Vandag word Kentucky hoender daagliks in 80 lande bedien. Nog steed met die oorspronklikke resep.

Hoender is en bly maar een van die heerlikste vleise wat daar is. Daar kan soveel met hoender gedoen word en op soveel maniere gaargemaak word.  Ons moet miskien dankie sê aan die mense wat die snelweg beplan en gebou het. As dit nie vir hulle was nie, sou die Kolonel se heerlikke resep vir ewig vir ons verlore gewees het.