Asyn Asseblief

Die Franse noem dit vinaigre – suur wyn. Dit is hoe asyn per ongeluk ontdek is. Die maak van asyn is ‘n eenvoudige proses. Eerstens word natuurlike suiker met die byvoeging van gis verander na alkohol. Daarna is Acetobacter bakterieë verantwoordelik vir die verandering van die alkohol na suur. Hierdie tweede fermentasie proses vorm die asyn.
Deur die eeue heen is asyn gemaak van die molasse, sorghum, vrugte, heuning, bier, stroop, aartappels, beet, malt en graan.  Die proses van twee fermentasie bly presies dieselfde. Eers van suiker na alkohol en dan van alkohol na asyn.
Daar is verskillende tipes asyn wat ons vandag gebruik en elke tipe het sy eie storie. Balsamiese asyn word gemaak deur die druif te kook en dan gaan dit deur ‘n natuurlike fermentasie proses deur die asyn in verskillende vate van verskillende hout te plaas. Daar word geen ander kruie of spesery bygevoeg nie.
Met die maak van mout asyn word die stysel eers verander na suiker en daarna gefermenteer.
Rooi- en witwynasyn word gemaak van geselekteerde rooi- en witwyne wat dan ‘n tweede keer gefermenteer word. Die asyne neem gewoonlik so ‘n bietjie van die smaak en geur van die wyn aan.
Dan kry mens ook rys asyn. Wat rys asyn  uniek maak is dat dit ‘n redelike sagte smaak het en dat dit gegeur kan word met kruie en speserye.
Daar is ook nog appel asyn wat vir verskeie redes in ons huis is.
Deur die eeue is asyn gebruik vir baie dinge. Die Babiloniërs het asyn gebruik om kos in te preserveer. Roomse legioene het asyn gedrink as ‘n verfrissings drankie. Tot Cleopatra het al ‘n weddenskap oor asyn gewen. Sy het blykbaar iemand gewed dat sy ‘n fortuin kanuitdrink saam met ‘n ete. Wat sy toe gedoen het was om pêrels in asyn op te los en toe te drink. Sy het die weddenskap gewen.
Hippokrates het asyn se medisinale waarde ook raakgesien en in die Bybelse tye is asyn ook gebruik vir helende eienskappe. Toe Hannibaloor die Alpe getrek het, het hy vuur om die rotse wat in sy pad is, gemaak. As die rotse dan baie warm is het hy asyn op die rotse gegooi. Dit het veroorsaak dat die rotse kraak en verkrummel.
Asyn kan omtrent vir ewig hou. Aangesien asyn suur is, is dit self preseverend en dit het ook nie verkoeling nodig nie. Gekleurde asyn kanmiskien sy kleur begin verloor maar nie sy smaak nie.  Probeer gerus om verskillende tipes asyne in die huis aan te hou en begin eksperimenteer met die verskillende smake. U kan dalk verras word. 

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements

Aspersies en Sardientjies

Aspersies is seker een van die gesondste kossoorte wat daar is. ‘n 150 gram porsie van aspersies bevat slegs 20 kalorieë. Hier moet ons net ingedagte hou dat die aspersies gestoom moet word. Wanneer jy botter of slaaisous saam met die aspersies gaan geniet dan is die kalorieë natuurlik nie meer so laag nie.

Wat die eet van aspersies nog so aantreklik maak is dat dit laag in sodium is. Aspersies bevat ook natuurlik baie vitamienis en sure, wat baie goed is vir ‘n mens. Aspersies is deel van die lelie familie, wat verwant is aan uie en knoffel.

 Wanneer mens die kroon plant, dan moet jy glad nie enige resultate verwag voor twee jaar verby is nie. Maar as daardie twee jaar verby is, dan kan jy ‘n redelike oes verwag van die kroon vir die volgende 15 jaar. Aspersies is vir die eerste keer met sukses sowat 2 500 jaar gelede deur die Grieke verbou. Sommige variëteite van die aspersies kan onder die ideale omstandighede tot 25 cm per dag groei.

Om aspersies voor te berei is maklik, want jy kan dit stoom, kook en rooster. Wanneer jy aspersies in die oond rooster kry dit so ‘n neutagtige smaak. Verder vir die avontuurlustiges, aspersies in olie doop en braai op ‘n rooster saam met hulle gunsteling vleis.

‘n Mens kan aspersies in slaaie, sop, rolletjies soufflé en terte gebruik. In een van die interessante resepte wat ek het, kook jy die aspersies in ‘n bees sop, waarna jy ‘n slaaisous voorberei en oor doe gekookte aspersies gooi. Die aspersies word dan oornag in ‘n heerlike slaaisous gemarineer, en die volgende dag bedien op vars slaaiblare.

Aspersies is waarlik ‘n veelsydige kossoort.

Net so veelsydig soos wat die aspersie is, is sardientjies. Eers moet ons kyk hoekom sardientjies so gewild is. Dit is natuurlik ‘n bron van proteïene en kalsium. Sardientjies is ook natuurlik nie net voedsel vir die mens nie maar ook voedsel vir dolfyne en haaie. Sardientjies word veral aan die haaie en dolfyne gevoer wat aangehou word. Met sy mooi vet lyf is hy ook natuurlik ‘n goeie bron van olie en hy kan ook gebruik word as

Print Friendly, PDF & Email

Arm Kosse

Om arm te wees as dit nie jou skuld is nie, is nie vir my ‘n skande nie. Mens kan maar sê dat ek eersterangse ondervindinge het van die saak. As die armoede jou vang en jy afhanklik is van ander mense dan is die kos kasse maar aan die leë kant en jy moet doen met wat jy het. Daar is nie meer hierdie vreeslike braaivleise waar jy nog 2 dae na die tyd koue braaivleis eet nie.  

Wat gedoen as jy nie die begroting het om so ‘n ietsie ekstra in die kos kasse te sit nie? Op daardie stadium begin die innovasie eintelik met kosmaak. Dit is wanneer jy regtig begin kook met alles in jou en begin om alles wat jy tot jou besit het optimaal te gebruik.

Een van my goeie vriende wat al ook so ‘n paar keur deur die meule van werkloosheid is (nie sy skuld nie), het sy arm resep gedeel met my gedeel. Hy braai ‘n ui in olie tot goudbruin. Dan kerf hy ‘n koolkop op (kleinerige een). Braai die koolkop saam met die ui. Dit is die basiese resep. Dan kom van alles en nog wat by van wat daar nog in die huis is. Aartappels kan in klein blokkies gesny word en bygevoeg word, of as jy gelukkig is kan jy ‘n green pepper byvoeg en saam met die ui braai. Wortels kan ook in klein blokkies gesny word en bygevoeg word.   As daar dan ‘n ekstratjie in die beursie is word ‘n blikkie boeliebief of pakkie Weense worsies of frankfurters bygevoeg word. Nou kan die deksel opgesit word, en oor stadige hitte kan die spulletjie staan en prut. Die groente het genoeg vogtigheid in hulle om stoom te vorm en water hoef nie bygevoeg te word nie. 

Wanneer die groente sag is kom die sout, peper en ander geurmiddels by. Andries voeg ook Barbeque speserye by. Die kooksel kan alleen ge-eet word as hoofgereg, af as bygereg. Dit is heerlik saam met rys of pap. ‘n Heerlike 5 ster arm resep.  

Partykeer het mens net nie genoeg groente van een soort om gaar te maak nie. Toe kom my eks met die idee vorendag. Kook alle bietjies wat jy het saam. Ek het toe die groentes so gekyk en besef dit kort nog iets en ek het ‘n suur eier sous gemaak en saam met die groente voorgesit. Heerlik.   

Met maalvleis kan ek ook op ‘n goedkoop manier toor. ‘n Mens kan nie elke tweede aand net gewone maalvleis eet nie. So dit is wanneer ek die resepte boek nader trek en begin om weer frikkadelle te maak, of as ek alles het bobotie. Natuurlik so na aan die einde van doe koskas kom daar ook sommer alles in die maalvleis in.  Dit is nie te sê as mens nie geld en of kos het dat jy nie jouself so nou en dan kan bederf nie. 

Ek is mal oor braaivleis. As ek kon maalvleis gebraai het sou ek dit gedoen het. In plaas daarvan om hoender op elke moontlike manier gaar te maak, het ek partykeer ‘n paar stukkies hout in die braaier gesit en dit gebraai. Koningskos. Hoender is nou juis nie dieselfde as ‘n stukkie steak nie. As jy lanklaas so ‘n stukkie braaivleis geëet het, is hoender net so lekker as steak.

Print Friendly, PDF & Email

Appelasyn II

Hier is die beloofde opvolg die Appelasyn artikel. Ek val sommer dadelik met die huis in die met die deur met al die rate. Onthou net dat siektes baie oorsake het en as jy appelasyn gebruik en dinge word nog nie beter nie binne ‘n paar dae nie, gaan spreek eerder jou geneesheer. Onthou ook net dat ons hier met natuurlike produkte te doen het, en dat dit miskien ‘n rukkie langer sal neem om te werk.

Artritis
Gooi twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in ‘n glas water (lou water), roer en drink drie keer per dag. Verder kan mens die aangetaste dele ook daagliks smeer met appelasyn.

Asma
Een teelepel appelasyn moet in ‘n glas water gegooi word. Die water moet dan drupsgewys vir die volgende halfuur gedrink word. Na ‘n verloop van ‘n vêrdere halfuur moet weer ‘n glas appelasyn water gedrink word. Hierdie sal ek net aanbeveel in ‘n noodgeval wanneer medikasie nie beskikbaar is nie.

Bloedverlies
Wanneer jou neus sonder enige rede begin bloei of jy bloei redelik lank as jy jouself gesny het kan dit beteken dat jou bloed se natuurlike stollings middel moet so ‘n bietjie opgebou word. Neem twee teelepels appelasyn in ‘n glas water drie keer per dag. 

Diarree
Neem twee glase water met een teelepel appelasyn daarin voor en na elke ete. 

Duiseligheid
Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning drie maal per dag. Binnekort sal jy sommer weer perdfris wees. 

Hoes buie
Hoes buie kan deur baie dinge veroorsaak word. Maar as dit net sommer ‘n irriterende hoes is neem twee teelepels appelasyn en twee teelepels heuning in lou water drie keer per dag voor etes of wanneer die hoesbui begin. Hou gerus so ‘n glas muti langs die bed ingeval jy in die nag begin hoes.

Hooikoors
Sowat twee weke voordat die hooikoors seisoen begin moet jy een teelepel heuning neem na elke maal. Daarna moet jy drie keer per dag na ete ‘n teelepel heuning saam met een teelepel appelasyn in ‘n glas lou water neem.

Haar verlies
Neem een teelepel appelasyn in ‘n glas water, saam of net na etes. Binne twee maande sal die haar verlies sy moses teëkom.

Moegheid en slaaploosheid
Neem twee teelepels appelasyn saam met twee teelepels heuning sowat 1 uur voor jy gaan slaap. Voor jy jou oë uitvee is jy aan die slaap. Indien jy na ‘n uur nog wakker is moet jy weer die dosis herhaal.




Print Friendly, PDF & Email

Appelasyn

Appelasyn word beskryf as ‘n wonder middel en baie mense glo dat appel asyn omtrent enige kwaal of skeet kan gesond maak. Ek staan nie skepties teenoor die wondere toegedig aan appelasyn nie, aangesien dit ‘n natuurlike produk is glo ek nie dat dit skade sal aanrig nie.
An Apple a day keeps the Dr away. Hierdie ouvrou storie word baie keer deur ons moderne mens afgelag. Maar soos die wetenskap vorder hoe meer bewys die wetenskap dat die gesegde waar is, want in appels is daar nie minder as 10 elemente. Daar is ook ‘n hordes spoor elemente teenwoordig in appels. Wanneer appelasyn gemaak word dan gaan al die goedheid van die appels in die appelasyn in.
Sommer so aan die begin van my navorsing het ek al agtergekom dat hulle sê dat appelasyn ‘n baie goeie detox middel is. Dit sorg dat sekere organe soos die lewer, niere en blaas gesond bly. Dit oksideer ook die bloed wat dan lei tot dunner bloed en ‘n laer risiko tot hartkwale.
 Daar is ook ‘n studie gedoen met ‘n groep mense waarvan die een helfte appelasyn saam met water voor hulle ete gedrink het en die nader helfte het net aangesit. Dieselfde ryk maaltyd is aan die mense voortgesit. Die mense wat die appelasyn gedrink het, was glad nie ongesteld nie. Dia ander mense daarteen het diarree gehad en het nie wel gevoel nie. 
Aangesien appelasyn so ryk is potassium help dit om die gebreke wat dit veroorsaak reg te maak soos bv. tandbederf en gesplete vingernaels. Appelasyn help ook van oorgewig tot artritis. Die beste manier om jou gesin gewoond te maak aan appelasyn is om dit gebruik in plaas van gewone asyn. Appelasyn saam met heuning is ook ‘n baie goeie plaasvervanger vir koffie en tee. Dit is ‘n besliste moet vir elke gesondheidsbewuste. Die appelasyn sal slegs die gewenste uitwerking hê as dit gereeld gebruik word.
Persoonlik kan ek net vertel van my eie ondervinding met appelasyn. In die oggende wanneer ek opstaan uit die bed uit, het my een knie so gekraak dit het amper geklink asof ek op my laaste was. Nadat ek seker so ‘n week appelasyn in die oggende gedrink het is die gekraak weg. Daar is nog soveel wonderlike dinge wat ek graag oor appelasyn wil sê maar die spasie is beperk, so volgende keer skryf ek meer van die natuur se eie wonder produk.
 

Print Friendly, PDF & Email

Ai hoe koud is dit

Al ooit gewonder wat sou gebeur het as jy in die middel van die koue winter lus geraak het vir ’n sekere groente wat net in die somer verkrygbaar is? Die groente moet dan ook vinnig en maklik gaargemaak word. Gelukkig in die geskiedenis was daar iemand anders wat ook min of meer so gedink het.

Clarence Birdseye ’n taksidermis van beroep, maar ’n kok en kos liefhebber in die hart het in 1886 in Brooklynso gesit en wens dat sy gesin regdeur die jaar vars groente en vrugte kan eet. Hy het die Eskimos dopgehou, hoe weet ek nie, want daar was mos nie TV gewees nie. In elk geval die mense het vis in vate soutwater gesit. Binne minute was die soutwater gevries en die vis het natuurlik lank so behoue gebly.

Al afleiding wat Clarence kon maak is dat die vinnige vries van die voedsel die sleutel is tot die groente se varsheid wanneer die groente weke later ontdooi word en gekook word. In 1923 het Clarence met $7, ’n waaier (fan), soutwater en blokke ys begin om groentes in groot was bedekte bokse te pak, en dan om die groentes vinnig en onder druk te vries. In 1929 verkoop Clarence sy patent aan ’n maatskappy vir $ 22 miljoen.  Nie sleg vir 6 jaar se werk nie. Eers in 1930 het die maatskappy gevriesde voedsel aan die mense van Springfield verkoop onder die naam van Birds Eye Frosted Foods.

Birdseye het nie stil gesit nie en het nog meer uitvindings onder die belt gehad. Verkope van die produk was maar redelik beperk tot in die 1950’s. Na die tweede wêreld oorlog het so ’n paar manne geld gesien in die gevriesde groente afdeling.

Hulle het begin om tweede graad se groente te vries. Die groentes kon hulle dan baie goedkoper aan die algemene mark verkoop het. Al wat die pakke gevriesde groentes opgehad het was, die soort groente en die prys. Die tipe groente was baie gewild gewees aangesien baie gesinne gesukkel het na die oorlog. Die groter vervaardigers het gesien hier kom ’n ding en hulle het onmiddellik begin om hulle produkte te bemark as produkte van hoë gehalte teen lae pryse.

Die vervaardigers het so vêr gegaan en $250 000 spandeer om navorsing te doen oor die voedingswaarde van gevriesde groentes teenoor die voedingswaarde van blikkies groentes. Natuurlik is daar bevind dat gevriesde groentes se voedings waardes hoër is as die van blikkies kos. Dit is maar net my beskeie mening, as die blikkies kos vervaardigers eerste die navorsing laat doen het sou hulle bevind het dat blikkies groentes meer voedings waardes het as gevriesde groente.

Maak nie saak nie. Want dit is een gerief wat ons moderne mens nie meer sonder kanklaarkom nie. Baie min mense kook deesdae nog vars groente. Dit neem tyd, voorbereiding neem soms lank. Wat is nou makliker om ‘n pakkie oop te maak, paar minute in water te sit en dan voort te sit.

Gelukkig het Clarence se uitvinding die lewe vir ons baie makliker gemaak.


Print Friendly, PDF & Email

Aartappels

Wanneer ons die gevreesde woord hoor dan dink ons net stysel en vet. Maar daar steek meer in ‘n aartappel as wat ons dink. Aartappels is seker een van die groentes wat ‘n mens die meeste mee kan doen. Dink maar aan Simba skyfies, slap tjips, kapokaartappels, gekook en gebraai.

‘n Gemiddelde aartappel bevat 45 % van ‘n mens se daaglikse vitamien C behoeftes. 

21 % van ‘n mens se daaglikse Potassium behoeftes en 3 gram vesel en slegs 100 kalorieë. Die aartappel bevat ook geen vet nie.  Daar is ook bereken dat jy 11 kg aartappels sal moet eet om 1 kg gewig aan te sit.

Aartappels is die eerste keer deur Inca Indiane gekweek in Peru sowat 200 VC. Toe die Spanjaarde in 1536 Peru oorneem het hulle aartappels teruggeneem Spanje toe en vandaar af het die aartappels versprei oor die hele wêreld.  Dit is nie net in die wêreld waar aartappels beroemd is nie maar ook in die ruimte. Daar is in Oktober 1995, ‘n aartappel in die ruimte gekweek deur NASA. Dit is die eerste groente wat suksesvol in die ruimte gekweek is.


Die Incas het nie net die aartappels geëet nie maar hulle het ook ander gebruike vir aartappels gehad. Soos hulle in baie TV Programme sê “Don’t try this at home”.

• Rou skywe aartappel skywe word op gebreekte bene geplaas om die aangroei proses te verhaas.
• Hulle het ook aartappels saam met hulle gedra om rumatiek te voorkom.
• Dit is ook gebruik om tyd mee te meet. Eenhede van tyd is bepaal deur te kyk hoe lank kook aartappels.

Dit is nie net die Incas wat snaakse dinge gedoen het met aartappels nie. ‘n Fransman genaamd Louis Lumiere het mikroskopies stysel gedeeltes van die aartappels geneem en op glas plate gesmeer om autochromes te maak. Die plate is dan gebruik in fotografie.

Hier volg nou ‘n paar boererate met die gebruik van aartappels:
• Was jou gesig daagliks met aartappelssap om ontslae te raak van al die puisies op jou gesig.
• Gerasperde aartappels moet gesit word op plekke waar jy sonbrand het om die seer van die sonbrand te verlig.
• Om tandpyn te verlig dra ‘n aartappel in jou sak. Om ‘n seerkeel gesond te kry, sit ‘n gebakte aartappel in ‘n kous en draai die kous om jou nek. Ek kan nie sien hoe dit kan werk nie.
• Om liggaamspyn te verlig kook aartappels en gebruik dan die water om op die seer plekke te smeer.

Van die aartappeldisse wat ons vandag geniet is per toeval ontdek. ‘n Spoorwegmagnaat C Vanderbilt het in die Saratoga Springs vakansie oord gaan vakansie hou. Het een aand sy bord kos terug gestuur en gekla dat die aartappels te dik is. Die Chef George Crum neem toe ‘n aartappel of twee en sny hulle in papierdun en braai dit in olie. Hy gooi toe sout daaroor en neem Vanderbilt se kos terug na hom toe. Almal was verbaas toe hy hou van sy Saratoga Crunch Chips.


Die Saratoga Crunch Chips het gou posgevat en oor die hele wêreld versprei. Die heerlike gereg  is beter bekend by ons as skyfies soos wat Simba maak en versprei.


Maak nie saak wat mens dink van ‘n aartappel nie dit bly ‘n wonderlike groente. Ek kan nog onthou dat my ouma brood gebak het en aartappelsuurdeeg gebruik het. Sy het altyd gepraat van die aartappelplantjie. 

  

Print Friendly, PDF & Email

Aankoop en die Bêre van voedsel (‘n Gids vir elke huis – 1956)

Ek lees ek kookboeke soos wat ander mense storie boeke lees. In die boeke, veral die ou boeke kom mens op baie snaaksighede af. Nou die aand lees ek weer Keurige Kos van Susan Naude. 

In die hoofstuk vaan aankoop en bêre van voedsel wil ek graag met julle deel.  Melk Jy moet die melk nadat dit afgelewer is nie te lank op die stoep laat staan nie, aangesien lig die vitamiene in die melk verminder. Dit raak erger wanneer die son begin skyn. As jy die melk van die stoep afhaal moet jy dit in die huis sit in ‘n koel donker plek. As jy nie ‘n yskas het nie, kan jy die melk in donker bottels gooi, en die bottels in ‘n bak donker water sit sodat dit koel kan bly, vêrder moet jy ook ‘n lap oor die bottels sit sodat die lap water kan optrek en die bottels koel hou. 


Nou wonder ek wat sou Susan Naude gesê het as sy vandag se lang lewe melk gesien het. 


Botter – Ja Botter en nie Margarien nie. Botter is ryk aan vitamiene A en moet ook in ‘n donker plek gebêre word. Want lig verminder die vitamiene A. Jy moet net genoeg botter afsny vir elke ete. Jy sal nie agterkom aan die geur en smaak dat daar ‘n verskil aan die botter is nie. Vandag is daar seker baie min mense wat nog botter gebruik.   


Eiers moet dadelik in die yskas gesit word want hulle verloor in 3 dae net soveel varsheid as eiers wat 3 weke in die yskas staan. Die deesdae se eiers staan al baie langer as 3 dae in die winkels.  


Kaas moet met waspapier toegedraai word en dan moet ‘n gomlastiekband om die kaas gesit word om dit vars te hou. Hoeveel geld sou ons gemaak het as ons in daardie tyd Tupperware aan die mense kon verkoop het.  


Geursel ~ Hierdie stukkie moet ek woordeliks aanhaal : “Die prettigste bevrediging van die smaak sentrums word verkry  wanneer ‘n mengsel ‘n aangename balans tref tussen die vier belangrikste soorte smake, nl sout, soet, suur en bitter.” As ek kyk na die woordgebruik kry ek skoon skaam. Maar ek moet se die mense van die 50’s het net geweet hoe om met woorde te toor.  


Bottels souse ~ Die Tannie het beslis nie gehou van gebottelde souse op tafels nie, sy het gesê die souse moet eerder in die kombuis gebruik word met die gaarmaak proses. Witsous se geur en smaak kan verbeter word met die byvoeging van die gebottelde souse.   


Verslanking ~ Die beste deel het ek vir laaste gebêre. Hier moet ek ook gedeeltelik aanhaal, “Om gewig te verloor, moet mens minder eet, want daar is net een ding wat oormatige liggaamsvet laat vorm : te veel kos.” 

Print Friendly, PDF & Email

Aag hoe mooi lyk jy nou…

Ek praat nou nie hier van al die mooi mense in die wêreld nie, maar oor kos. Al ooit gewonder hoe lyk die kos wat ons eet regtig? ’n Mens sal verbaas wees om te weet wat word alles bygegooi om die kos na iets te laat lyk en proe.

Ons sterflinge eet mos maar meestal met die oog en nie met die verstand nie. Wat sal gebeur as ’n mens so iets eenvoudigs gaan koop soos brood, jy sny ’n snytjie af en in plaas van ’n snytjie brood lê daar net ’n hoop krummels oor. Of erger jy maak ’n worsbroodjie en die weense worsie lyk so vaal en grys. Sal jy dit waag om die broodjie te eet?

Die kosbedryf het plan gemaak om al die probleme te oorbrug. Hulle gooi so ietsie by en siedaar alles lyk en proe beter. Die hoof redes hoekom daar allerhande middels bygegooi word is hoofsaaklik om  eerstens die tekstuur te verbeter en om ’n konstante tekstuur te verkry.  En soos ek reeds gesê het om verkrummeling te voorkom. Ten tweede word middels bygevoeg om die voedingswaarde te verbeter. Hier  word meestal minerale en vitamiene bygevoeg.

Derdens word die smaak en die heilsaamheid te verbeter. Die middels wat hulle hier byvoeg voorkom dat brood byvoorbeeld gou al afgaan en sleg word. So eintlik wat hulle sê is dat gister se ou brood vandag nog net so vars sal smaak. Wonder hoekom hulle nooit daardie sinnetjie sal gebruik in hulle bemarking nie. Middels word vierdens bygevoeg om die suurgehalte te beheer en dan ten laaste word middels bygevoeg om die kleur en aroma te verbeter.

Maar soos dit met elke mooi kant gaan, is daar ook ’n ander en slegter kant. Daar word baie bewerings gemaak en daar is ook baie bewyse dat die chemikalieë en byvoegsels  nie goed is vir mense nie. Dit is hoekom hulle die rooi uit rooi worsies gehaal het. Want die rooi kleursel wat hulle bygevoeg het kinders met hiper aktiwiteit nog net meer hiperaktief gemaak. Daardie kinders kanook nie rooi koeldrank drink nie. Wonder net hoekom nie. Wat is die verskil van rooi en byvoorbeeld groen kleursel.

’n Chemiese middel wat hulle gebruik in versoeters kan gevaarlik wees vir die mens. Dit veroorsaak blykbaar, blindheid en tas onder andere die brein aan. Dit gebeur seker nie met almal wat die versoeters gebruik nie. So moet asb nie sommer die goed gaan staan en weggooi nie. So kan ek met die lys aangaan, maar ek kan nie eers vir sekere van die woorde kyk nie, wat nog staan en skryf daaroor.

Alles wat ‘n te vooraan het is nie goed vir die mens nie. Te veel van enige ding kanskadelik wees vir die mens. Soos die onlangse spektakel oor die Sudan Rooi kleursel. As mens dit matig gebruik kandit geen skade aan ‘n mens doen nie. Maar oormatige gebruik is skadelik.


Print Friendly, PDF & Email

Esau se sop

So ‘n rukkie gelede het ek weer die verhaal van Esau gelees en gewonder hoe het die sop geproe waarvoor hy sy eerste geboortereg verkoop het. Ek het deur al my resepte gesoek en op die volgende resep afgekom.

500 g Sopbene
‘n Bietjie spek
10 k water
2 uie fyn gekap
2 aartappels grof gerasper
1 wortel gerasper
2 pietersielie takkies
2 k lensies
sout en peper na smaak

Kook die sopbene en spek saam.
Laat die aftreksel afkoel en verwyder die vet en bene.
Plaas al die ander bestanddele in die aftreksel behalwe die geurmiddels.
Verhit dit oor ‘n lae hitte tot op kookpunt.
Prut vir 1 ½ uur. Roer af en toe om te voorkom dat dit aanbrand.
Verwyder die pietersielie na 30 minute
Wanneer die groente en lensie tot ‘n pulp gekook het geur met sout en peper.
Voeg nog water by indien die sop te dik is. 

Geniet die sop


Print Friendly, PDF & Email