TAMATIE-EN-BIEFOONDSTOOFGEREG

Rika Theron
2 porsies

Bestanddele:
500 g dikribskyf
30 ml olie
1 knoffelhuisie
1 ui
2 wortels
30 g botter
30 ml meel
500 ml water
2 biefblokkies
3 ml orego
450 g blik tamatiesop
sout & peper
3 ml Worcestersous
30 ml gekapte pieterselie
4 jong murgpampoentjies.

Metode:
Sny alle oortollige vet van vleis af en sny vleis in blokkies.  Verhit olie in pot, voeg vleis by en braai tot goudbruin.  Haal vleis uit kastrol en skep in oondskottel.  Plaas gekneusde knoffel, gekapte uie en wortels, in dik stukkies gesny, in kastrol.  Soteer uie tot goudbruin.  Haal uit kastrol.  Voeg uie en knoffel by vleis.  Verhit botter in dieselfde kastrol, voeg meel by en roer 1 minuut lank.  Verwyder van hitte, voeg water, gekrummelde aftrekselblokkies, onverdunde sop, orego, sout, peper en Worcestersous by.  Roer tot goed gemeng.  Sit terug op plaat, roer tot sous kook en dik word.  Giet sous oor vleis.  Meng goed.  Sit deksel op en bak 90 minute lank in matige oond.  Haal uit oond.  Voeg dik snye murgpampoentjies en wortel by.  Meng goed.  Steek weer in oond.  Bak nog 30 minute tot vleis sag is (deksel op).  Roer pieterselie in.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Kerrie-ui Smoorfrikkadelle

Lynette Muller
Ek stel voor jy maak jou bolletjies volgens jo                                                            –SOUS

5 groot uie. 
2 el olie.         
1 el kerrie.                                     
1 el borrie.                                         
1 el koekmeel.                                 
3/4 k blatjang.                                 
1/2 k appelkooskonfyt;

METODE:                                         
Sny uie in ringe braai in olie tot glaserig voeg al die ander bestanddele [behalwe bolletjies] in kastrol en kook goed deur. Skep van dit onderin oondskottel, pak frikkadelle en dan die ander helfte van mengsel oor.Bak 180gc 1uur.

Print Friendly, PDF & Email
 

Lasagne ~ Grootmaat

Jan van Niekerk
Lewer 48 porsies

Bestanddele
1,2 kg Ongekookte lasagne pasta
120 g Parmesaankaas

Vleissous:
4,5 kg Beesmaalvleis
50 ml Sonneblomolie
800 g Uie, gekap
10 ml Varsgemaalde knoffel
1,2 kg Tamaties, geskil en grof gekap
360 ml Tamatiepasta
30 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
60 ml Bruinsuiker
15 ml Droë basiliekruid
1,2 l Warm vleisaftreksel
200 ml Varsgekapte pietersielie

Bechamel-sous
4,8 l Melk
400 g Wortels,gekap
200 g Selderystingels, gekap
20 Swartpeperkorrels
4 ml Foelie
450 g Botter
450 ml Koekmeel
10 ml Sout

Metode:
Vleis:
Verhit die olie in ‘n groot kastrol en braai die vleis bruin. Voeg die ui en knoffel by en soteer tot sag. Voeg die tamaties, tamatiepasta, geurmiddels, suiker, basilie en warm aftreksel by. Verlaag die hitte,plaas die deksel op en prut vir 1 uur. Voeg die pietersielie by.

Bechamel-sous
Verhit die melk, wortels, seldery, peper en foelie saam in ‘n kastrol tot welpunt. Giet dit deur ‘n sif. Smelt die botter in ‘n kastrol en roer die meelblom by. Voeg die gegeurde melk bietjie vir bietjie by en roer tot ‘n gladde mengsel verkry is. Geur met sout en verhit oor lae hitte terwyl dit aanhoudend geroer word. Kook tot sous verdik. Skep afwissellende lae pasta, vleismengsele en sous in oondvaste bak. Herhaal 2 tot 3 maal die lae en eindig met bechamelsous. Strooi die parmesaankaas oor en bak in voorverhitte oond by 180°C vir 40 minute. Lewer 48 porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

BEESVLEIS BREDIE

Woumarie

‘n Geurige bredie met ‘n lang sous is die beste winterskos!
Dié een is ’n ware gunsteling van ons gesin en smaak die volgende dag éérs lekker.

Bestanddele
45 ml olie
1 kg beesvleisblokkies
5 ml elk sout en vars gemaalde swartpeper
Knippie suiker
3 ml borrie
5 ml paprika
5 ml fyn komyn
5 ml pimento
10 ml fyn koljander
15 ml gekapte, vars gemmer
2 groot uie, gerasper
4 knoffelhuisies, fyn gekap
4 wortels, grof gerasper
1 x 410 g blik gekapte tamaties
500 ml water of beesvleisaftreksel
Sowat 12 baba-aartappels in skil (heel of gehalveer, indien redelik groot)
60 ml gekapte, vars pietersielie of vars koljanderblare

METODE:
Verhit die olie in ’n swaarboompot. Meng die beesvleisblokkies, sout, peper, suiker, speserye en gemmer goed en braai dit saam in die kastrol tot die vleis bruin en die speserye geurig is.
Voeg die gerasperde ui en knoffel by en braai vir 3-5 minute. Voeg die wortels by en braai vir ’n paar sekondes.
Voeg die tamaties en water (of aftreksel) by en verhit tot kookpunt.
Bedek en prut vir 30 minute.
Voeg die aartappels by (en nog water of aftreksel, indien nodig) en prut vir ’n verdere 45-60 minute tot die vleis sag,
die aartappels deurgaar en die sous verdik en geurig is.
Rond af met gekapte, vars pietersielie of koljanderblare. Sit voor op rys, koeskoes of krummelpap.
Lewer ses porsies.

Print Friendly, PDF & Email
 

Eier muffins (ideaal vir ontbyt)

Rohanja

Bestanddele
10 Geklitste eiers
1/2 pakkie uie sop poeier
1 Koppie fyn gekapte sampioene
2 Koppies fyn gekapte spinasie
1 Koppie gesorteerde maalvleis of bacon
Sout en peper
12 Cherry/ Rosa tamaties
Voor verhit oond tot 180 grade C

Metode
Meng alle bestandele saam behalwe tamaties. Smeer muffen pan goed met botter / spray en cook. Verdeel eiermengsel in die 12 muffen houertjies. Plaas gehalveerde tamaties bo – op mengsel. Bak vir 25 min tot gaar. Verwyder warm uit pan en sit voor ( As koud kan die gebak vassit)

Print Friendly, PDF & Email
 

HERDERS PASTEI MET BOTTERSKORSIE BOLAAG

Woumarie

BESTANDELE:
10 ml (2 t) olyfolie
750 g maer maalvleis
1 ui, gekap
15 ml (1 e) koekmeel
5 ml (1 t) Worcestersous
45 ml (3 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) vleisaftreksel
30 ml (2 e) gedroogte gemengde kruie
200 g bevrore groente, bv. ertjies, boontjies, wortels en mielies
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
2 aartappels, geskil en in blokkies gesny
500 g botterskorsie of pampoen, geskil en in blokkies gesny
30 ml (2 e) botter
Gemaalde neutmuskaat

METODE:
Verhit die olie in ʼn groot kastrol en verbruin die vleis in twee sarsies.
Soteer die uie en skep die vleis terug in die kastrol.
Roer die meel, Worcestersous, tamatiepasta, aftreksel en kruie by en verhit dit tot kookpunt.
Verlaag die hitte en prut 30 minute of tot die vleis gaar is.
Roer die groente by en geur na smaak.
Voorverhit die oond tot 180˚C.
Kook intussen die aartappels en botterskorsie of pampoen in ʼn bietjie water tot gaar.
Dreineer die vloeistof en druk die groente fyn om soos kapokaartappels te lyk.
Roer die helfte van die botter by en geur na smaak.
Skep die vleis in ʼn oondbak en versprei die kapokmengsel egalig bo-oor.
Stip dit met die orige botter, strooi die neutmuskaat oor en bak dit 30-40 minute of tot goudbruin.

Print Friendly, PDF & Email
 

Lekkerste Boontjie Bredie

Woumarie

Bestanddele
1 ui
botter
olie
2 knoffeltoontjies
500 g skaapskenkel (of bees kortrib)
500 g groenbone, in 1 cm lengtes gesny
2 koppies beesaftreksel
5 aartappels
sout en peper

METODE:
Braai ui in olie en botter tot deurskynend.
Voeg knoffel by.
Braai vir 30 sekondes.
Rol vleis in meel en plaas dit in ‘n drukkoker.
Braai tot bruin.
Voeg aartappels en aftreksel by, en kook vir 30 minute op hoog.
Voeg die bone, sout en peper by.
Kook vir 20 minute.

Print Friendly, PDF & Email
 

Smelt in die mond Steak

Rohanja

Bestanddele
Steak
3 groot uie.
2 e. tamatiesous
1 e. Bisto
3 kp. Water
1 e. meel
3 e. Worchestersous
bietjie chutney

Metode
Braai die uie sag.
Maak nou ‘n sous met water, tamatiesous, bisto, worchestersous en chutney by. Kook so paar minute.
Kap steak, vryf meel in en braai effens.
Pak steak in oondvaste bak. gooi nou ‘n laag uie oor. Hou so aan tot al die steak en uie gebruik is.
Gooi sous oor die vleis en uie wat in lae gepak is. Bak in ‘n matige oond vir so 30 minute

Print Friendly, PDF & Email
 

Bolognaise Maalvleissous ~ Grootmaat

Jan van Niekerk

Lewer 48 porsies

Bestanddele
5 kg Binneboudmaalvleis
150 ml Sonneblomolie
1 kg Uie, gekap
15 ml Varsgemaalde knoffel
30 ml Sout
10 ml Varsgemaalde swartpeper
30 ml Gemengde kruie
900 ml Tamatiepuree
30 ml Bruinsuiker
3 l Vleisaftreksel
60 ml Koekmeelblom

Metode
Braai die maalvleis in verhitte olie in ‘n swaarboomkastrol tot dit verbruin. Voeg die uie en knoffel by en soteer tot die uie sag is. Voeg die res van die bestanddele, behalwe die meelblom by . Verlaag die hitte, plaas die deksel op en prut vir 45 minute. Verdik sous met pasta van meelblom en water. Dien op saam met spaghetti. Lewer 48 porsies.

Wenke
Vir 48 porsies benodig jy 3,5 kg ongekookte spaghetti
Bolognaisesous kan ook as vulsel vir pannekoek of saam met aartappels of vetkoek bedien word.

Print Friendly, PDF & Email
 

HERDERS PASTEI MET PATAT BOLAAG

Woumarie

Genoeg vir 4 mense
Bereiding: 10 minute
Gaarmaaktyd: 45 minute

Bestanddele
30 ml (2 e) olie
1 ui, gekap
2 wortels, gerasper
3 knoffelhuisies, gekap
500 g beesmaalvleis
30 ml (2 e) tamatiepasta
250 ml (1 k) beesvleisaftreksel
30 ml (2 e) worcestersous
45 ml (3 e) blatjang
700 g patat, geskil en gekap
400 g klappermelk

METODE
1 Voorverhit die oond tot 180 °C.
2 Verhit die olie in ’n groot braaipan oor matige hitte. Voeg die ui, wortels en knoffel by en kook 5 minute.
3 Voeg die maalvleis by en kook 5 minute terwyl jy roer om die vleis op te breek. Voeg die tamatiepasta, aftreksel, worcestersous en blatjang by. Bring tot kookpunt, verminder die hitte en laat prut 20 minute.
4 Bring die patat en klappermelk in ’n aparte kastrol tot kookpunt. Verminder die hitte en laat 15 minute of tot sag onbedek prut. Dreineer en maak die patat fyn tot glad. 5 Skep die maalvleis in vier ramekins, bedek met die fyn patat en bak 15-20 minute in die oond.

Print Friendly, PDF & Email