Tuna en Piesang voorgereg

Liza Bosch

Bestanddele
1 blik Tuna, gevlok
50 ml Mayonnaise
3 Piesangs, in skyfies gesny (bedruip met suurlemoensap)
50 ml Wit Uiesop poeier (droog)
4 e ingelegde uitjies en agurkies (fyngekap)
Blaarslaai

Metode
Meng al die bestanddele saam. Spoel blaarslaai skoon af en sit onder in voorgereg kelkie of skulp. Skep die mengsel bo-op en versier met ‘n takkie pietersielie.

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

Tuna Gereg

Liza Bosch

Bestanddele Kors
185 g (½ pak) Kaasbeskuitjies, fyngemaak
100 g Margarien, gesmelt

Bestanddele Vulsel
½ Ui, fyn gekap
1 pak Sampioene, gesny
1 blik (200 g) Tuna in water, gedreineer
1 blik (410 g) Ingedampte Melk
2 Eiers
10 ml Mosterdpoeier
Sout & Peper na smaak

Metode Kors
Voorverhit die oond tot 180 °C. Smeer ‘n oondvaste bak van 26 x 16 cm met margarien. Meng die fyngemaakte beskuitjies en die margarien. Druk stewig vas op die boom en teen die kante van die bak. Bak 10 minute tot gaar.

Metode Vulsel
Soteer die ui en sampioene in die olie tot sag. Skep uit en meng met die tuna. Klits die melk, eiers en mosterdpoeier saam en voeg by. Geur met sout en peper en meng goed. Giet in voorbereide kors. Bak 30 minute lank of tot vulsel gestol is en ligbruin is

Print Friendly, PDF & Email
 

Sardyn Chili Con Carne

Bestanddele
1 Groen rissie
1 groot ui
1 knoffelhuisie
50 ml Sonneblomolie
1 blikkie tamatiepasta
250 ml kookwater
1 blik (420 g) rissie boontjies of boontjies in tamatiesous
1 blik Glenryck sardyne in sterk sous
Rissiesous
Sout & Peper

Metode
Sny rissie in repies, kap ui en knoffel fyn en roer. Braai in dik boom kastrol tot sag. Roer tamatiepasta en kookwater in en geur met sout en peper. Laat prut vir 10 minute. Roer rissie, boontjies en sardyne in uiemengsel. Laat weer prut vir 5 minute. Dien dadelik op.

Print Friendly, PDF & Email