Chakalaka Broodjie of Muffins

Lynette Muller
Resep vir Broodjie of muffins

Bestanddele
500 ml koekmeel
10 ml bakpoeier
sout & peper na smaak
4 eiers
410g Chakalaka (matige geur / sterker geur indien verkies)
125 ml Cheddar kaas gerasper

Metode. 
Voorverhit oond tot 180°
Sif droë bestandele saam
Klits eier en chakalaka
Meng eier mengsel met droë bestandele
Plaas deeg in gesmeerde broodpannetjie en strooi gerasperde kaas bo-oor
Bak +/- 45 minute

Print Friendly, PDF & Email
Advertisements
 

SPAGHETTI MET HOENDERLEWERS EN PYNAPPEL

Rika Theron
(4 porsies)

Bestanddele:
1 ui, in ringe gesny,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
2 houers (250 g) hoenderlewers, kleiner gesny,
1 tamatie, ontvel en in blokkies gesny,
15 ml koekmeel,
250 ml melk,
1 blik (260 g) pynappelstukke, gedreineer, maar behou sap,
10 ml tamatiepasta (opsioneel),
sout & peper na smaak,
basielkruid na smaak,
250 g spaghetti.

Metode:
Soteer die ui en knoffel in ‘n bietjie olie tot sag. Voeg die hoenderlewers by en braai tot bruin van buite maar nog effens pienk van binne. Voeg die tamatie by en braai tot sag. Meng die koekmeel met ‘n bietjie van die melk, voeg die orige melk by die hoenderlewermengsel. Voeg ook ‘n bietjie van die pynappelsap by indien verkies. Voeg die pynappelstukke by en verhit oor stadige hitte tot goed warm. Voeg die koekmeelblompasta by en roer gedurig tot die mengsel kook en verdik. Voeg die tamatiepasta by indien verkies. Geur goed met sout en peper asook basielkruid na smaak. Kook die spaghetti tot net sag. Dreineer en skep in ‘n opdienbak. Sit dadelik voor saam met die hoenderlewermengsel asook gerasperde Cheddarkaas indien verkies.

Print Friendly, PDF & Email
 

KRUMMEL-MAALVLEISPASTEI 

Rika Theron
4 – 6 porsies

Bestanddele: 
1 ui, fyngekap,
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie,
500 g maalvleis,
1 blik gebakte boontjies in tamatiesous,
15 ml Worcestersous,
paar druppels tabascosous,
sout en swartpeper.  

Bolaag:
60 ml botter,
200 ml koekmeel,
2 ml basielkruid,
200 ml Cheddarkaas, gerasper.

Metode: 
Verhit oond tot 180°C.  Smeer ‘n oondvaste bak.  Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie in ‘n pan tot sag.  Voeg die maalvleis bietjie vir bietjie by en braai tot effens bruin.  Voeg die gebakte boontjies by en geur met die Worcestersous en tabascosous, asook sout en swartpeper na smaak.  Skep in voorbereide bak.  Vryf botter met vingerpunte in koekmeel.  Voeg basielkruid en kaas by en meng goed.  Sprinkel oor die mengsel.  Bak sowat 20 tot 30 minute lank tot goudbruin van bo.  Dien op saam met slaai.

 

Print Friendly, PDF & Email
 

MOSSELPOT

Anna Eksteen
Hierdie geurige pot is klaar in ‘n japtrap

Bestanddele
60ml olyfolie                                                                 
3 knoffelhuisies, fyngedruk
3 stingeluie fyngesny
1 vinkelbol, fyngesny ( opsioneel )
250ml wit wyn                                                               
2 blikke 410g elk heel tamaties
500ml hoenderaftreksel          
900g bevrore stokvis of enige vars witvis, in stukke
500g bevrore mossels in skulp of 1 groot blik 800g        
90ml fyngekapte pietersielie
Tabascosous,
sout en peper

Metode
Verhit die olie in ‘n swartpot en roerbraai die knoffel, stingeluie en vinkel daarin tot glansig. Voeg die witwyn, tamaties en aftreksel by en verhit tot kookpunt. Sit die deksel op en laat sowat 20 minute oor lae hitte prut tot geurig. Voeg die vis en mossels by, laat weer opkook en laat nog 5-10 minute prut of tot alles net gaar en deur warm is. ( Moenie te lank verhit nie, anders kook die vis stukkend.) Voeg die pietersielie by en geur na smaak met Tabascosous, sout en peper. Sit voor met gebakte brood.

Print Friendly, PDF & Email
 

Sommer net lekker Pasta

Frik Lombard

Bestanddele
300g Pasta van jou keuse
2 blikkies Tuna in water
500g Tamaties (Klein of groot tamaties)
Olyf Olie
Flippen Lekka Spice na smaak
Gerasperde kaas

Metode
Kook pasta tot sag. Terwyl die pasta kook, sny die klein tamatiies in die helfte of die groot tamaties in stukkie. Gooi olyf olie in pan en daarna die tamaties. Braai tamaties tot dit so dikkerige sous maak. Gooi nou jou flippen lekka spice by. Gooi die water van die tuna af en roer die tuna nou by die tamaties. Sodra die paste gaar is gooi die water af en voeg by die tamatie tuna sous. Roer deur ne bedien met gerasperde kaas.

Wenk
Wat die dis so uniek maak is dat al die smake mekaar komplimenteer. Jy kan natuurlik enige ander bestanddele byvoeg indien verkies. Vir my is dit reg net soos dit is. Jy kan ook indien verkies die sous verdun met die water van die tna wat jy afgooi om die dis meer souserig te maak. Indien verkies kan jy ook Tuna in olie ook gebruik.

Print Friendly, PDF & Email
 

VARKVLEIS SOSATIES

Anna Eksteen

Bestanddele
4 varkschnitzels of varkboud in blokkies gesny             
250g droë appelkose
440g pynappelstukkies
2 lemoene se sap
30ml vrugte blatjang
15ml heel korrelmosterd
10ml heuning                                                                
15ml vars of 10ml droë roosmaryn
sout en varsgemaalde swartpeper

Metode
Ryg die varkblokkies afwisselend met die droë appelkose en pynappelstukkies op die sosatiestokkies. Meng die res van die bestanddele, buiten die sout en peper. Giet in ‘n bak en marineer die sosaties daarin. Geur die sosaties met sout en peper net voor dit gebraai word. Braai oor matige kole tot net gaar en bedruip gereeld met orige marinade. ( Hoe langer die sosaties marineer – hoe lekkerder is dit.)

Print Friendly, PDF & Email
 

Noedels met Tuna

Rika Theron

Bestanddele
125 g rou noedels
1 ui, fyn gekap
2 knoffelhuisies, fyngedruk,
olie
2 tamaties, ontvel en in blokkies gesny
1 blikkie (185 g) gesnipperde tuna, in soutwater verpak
50 ml mayonnaise
25 ml blatjang
sout & swartpeper na smaak
knippie neutmuskaat
paar druppels tabascosous (opsioneel)
125 ml Cheddarkaas, gerasper
25 ml gekapte pieterselie.

Metode:
Voorverhit oond tot 180°C. Smeer ‘n oondvaste bak. Kook die noedels in soutwater sag. Dreineer en hou eenkant. Soteer die ui en knoffel in ‘n klein bietjie olie tot sag. Voeg die tamaties by en prut tot ‘n moes. Voeg die tuna asook ‘n bietjie van die soutwater waarin dit verpak is, by. Voeg die noedels, mayonnaise en blatjang by, meng en geur met sout, swartpeper, neutmuskaat asook die tabascosous. Meng goed en skep in die voorbereide bak. Meng die kaas en pieterselie en sprinkel oor. Bak sowat 20 – 30 minute of totdat die kaas gesmelt en die gereg lekker warm is. Dien op saam met slaai.

Print Friendly, PDF & Email
 

Varktjop Pot

Idees

Bestanddele
4 varktjops
Mexikaanse of vleis-speserye
sonneblomolie
250 ml rys
500 ml hoenderaftreksel
1 blik gekapte tamatie met soetrissie en rissie (of tamatie-en-ui)
1 blik heel soetmieliepitte, gedreineer
1 blik nierbone of gemengde bone, gedreineer
vars koljander, om voor te sit

METODE:
Geur die tjops aan albei kante met die speserye. Verhit ’n kastrol en gooi ’n bietjie olie by. Verbruin die tjops aan albei kante en skep dit uit. Gooi die rys in die kastrol en bedek dit met die aftreksel. Voeg die blik tamaties by en verhit dit tot kookpunt. Prut vir vyf minute met die deksel op. Roer die soetmielies en boontjies by, roer goed en sit die tjops bo-op die mengsel. Prut vir 10 minute met die deksel op, of tot die rys sag en die tjops gaar is. Sit voor met vars koljanderblare as garnering.

Print Friendly, PDF & Email
 

Oom Paul se Aspersie Sop

Sonja
Bestanddele
4 Blikkies aspersies – salad cuts
2 Pakkies sampioene
4 Selotte en 2 Uie in botter gebraai
6 Aartappels
250ml Vars Room
250ml Room kaas
6 Hoenderaftreksel blokkies
6 Koppies water (gebruik eerste die Aspersie water in die blikkies)

METODE:
Braai eenkant die selotte (spring onion) en uie en sampioene wat fyn gesny is. Kook aartappels Sag rasper of mash dit en gooi in sop
pot. Gooi die water by en kook als saam. Gooi Die hoenderaftreksel room, en roomkaas by. En daer het jy jou lekkerste sop.

Print Friendly, PDF & Email
 

Pilchard Cottage Pie

Woumarie
Ingredients
1 x 400g tin Lucky Star Pilchards in Tomato Sauce
1 x 100g tin mixed vegetables, drained
3 – 4 potatoes, peeled and cut into chunks
2 x tablespoons butter or margarine
4 x tablespoons milk
1/2 cup soft breadcrumbs
Salt and Pepper

Method
Heat the oven to 200 degrees Celsius. Grease a casserole dish and set aside. Cook the potatoes in salted boiling water until soft. Drain well and mash with butter and milk. Season with salt and pepper. Pour the Lucky Star Pilchards and sauce into a bowl and break them up into large chunks gently mix in the vegetables, and season with salt and pepper. Place the pilchard and vegetable mixture into the casserole dish. Top with the mashed potato. Scatter the breadcrumbs on top. Bake uncovered for 20 to 30 minutes until crunchy and golden. Best enjoyed with Vegetables and salad.

Print Friendly, PDF & Email